Publicidade

Salmos 67

Danklied by die oes.

1 VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm. 'n Lied.

2 Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy sy aangesig by ons laat skyn! Sela.

3 Sodat die mense op aarde u weg kan ken, onder al die nasies u heil.

4 Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.

5 Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde lei. Sela.

6 Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof.

7 Die aarde het sy opbrings gelewer; God, onse God, sal ons seën.

8 God sal ons seën, en al die eindes van die aarde sal Hom vrees.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-06-16_18-40-07-