Publicidade

Salmos 30

Die toorn van God duur 'n oomblik; sy goedheid is vir ewig.

1 'n PSALM, 'n lied by die inwyding van die Huis. Van Dawid.

2 Ek sal U verhoog, Here, want U het my opgetrek en my vyande oor my nie laat bly wees nie.

3 Here, my God, ek het U aangeroep om hulp, en U het my gesond gemaak.

4 Here, U het my siel uit die doderyk laat opkom; U het my lewend gemaak uit die wat in die kuil neerdaal.

5 Psalmsing tot eer van die Here, o sy gunsgenote, en loof sy heilige gedenknaam;

6 want 'n oomblik is daar in sy toorn, 'n lewe in sy goedgunstigheid; saans vernag die geween, maar smôrens is daar gejuig.

7 Ek het wel in my sorgeloosheid gesê: Ek sal vir ewig nie wankel nie.

8 Here, U het my berg deur u welbehae sterk laat staan. U het u aangesig verberg — ek het verskrik geword!

9 Ek het U aangeroep, Here, en ek het die Here gesmeek:

10 Watter voordeel is daar in my bloed as ek neerdaal in die kuil? Sal die stof U loof? Sal dit u trou verkondig?

11 Hoor, Here, en wees my genadig! Here, wees my 'n helper!

12 U het my weeklag vir my verander in 'n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord;

13 sodat my eer U kan besing en nie swyg nie. Here, my God, vir ewig sal ek U loof.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-06-16_06-50-08-