Publicidade

Salmos 121

Op pad.

1 'n BEDEVAARTSLIED.

Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?

2 My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het.

3 Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie.

4 Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.

5 Die Here is jou Bewaarder; die Here is jou skaduwee aan jou regterhand.

6 Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie.

7 Die Here sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar.

8 Die Here sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-06-16_18-40-07-