Publicidade

Salmos 130

Uit die dieptes.

1 'n BEDEVAARTSLIED.

Uit die dieptes roep ek U aan, o Here!

2 Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge.

3 As U, Here, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan?

4 Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word.

5 Ek wag op die Here; my siel wag, en ek hoop op sy woord.

6 My siel wag op die Here meer as wagters op die môre, wagters op die môre.

7 Wag op die Here, o Israel! want by die Here is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing;

8 en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-06-18_14-04-22-