Publicidade

Salmos 114

Die wonder van die uittog.

1 TOE Israel uit Egipte getrek het, die huis van Jakob uit 'n volk met 'n vreemde taal,

2 het Juda sy heiligdom geword, Israel sy ryksgebied.

3 Die see het dit gesien en gevlug; die Jordaan het agteruitgewyk.

4 Die berge het rondgespring soos ramme, die heuwels soos lammers.

5 Wat is dit met jou, o see, dat jy vlug? o Jordaan, dat jy agteruitwyk?

6 o Berge, dat julle rondspring soos ramme? o Heuwels, soos lammers?

7 Beef, aarde, voor die aangesig van die Here, voor die aangesig van die God van Jakob,

8 wat die rots verander het in 'n waterplas, die keisteen in 'n waterfontein!

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-06-18_14-04-22-