Publicidade

Salmos 124

Geloofd sy die Redder van Israel.

1 'n BEDEVAARTSLIED. Van Dawid.

As die Here nie vir ons was nie — laat Israel dit sê —

2 as die Here nie vir ons was toe die mense teen ons opgestaan het nie,

3 dan het hulle ons lewendig verslind toe hulle toorn teen ons ontvlam het;

4 dan het die waters ons oorstroom, 'n stroom het oor ons siel gegaan;

5 dan het die trotse waters oor ons siel gegaan.

6 Geloofd sy die Here wat ons aan hulle tande nie as buit oorgegee het nie!

7 Ons siel het vrygeraak soos 'n voël uit die vangnet van die voëlvangers; die vangnet is gebreek, en ons, ons het vrygeraak.

8 Ons hulp is in die Naam van die Here wat hemel en aarde gemaak het.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-06-16_06-50-08-