Publicidade

Salmos 98

Die Verlosser van Israel en Regter van die wêreld.

1 'n PSALM.

Sing tot eer van die Here 'n nuwe lied, want Hy het wonders gedoen; sy regterhand en sy heilige arm het Hom gehelp.

2 Die Here het sy heil bekend gemaak, sy geregtigheid voor die oë van die nasies geopenbaar.

3 Hy het gedink aan sy goedertierenheid en sy trou aan die huis van Israel; al die eindes van die aarde het die heil van onse God gesien.

4 Juig voor die Here, o ganse aarde, breek uit en psalmsing!

5 Psalmsing tot eer van die Here met die siter, met die siter en die stem van gesang,

6 met trompette en basuingeklank; juig voor die aangesig van die Koning, die Here!

7 Laat die see bruis en sy volheid, die wêreld en die wat daarin woon.

8 Laat die riviere in die hande klap, die berge tesame jubel

9 voor die aangesig van die Here; want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld rig in geregtigheid en die volke met reg.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-06-16_18-40-07-