Publicidade

Salmos 3

'n Môrelied.

1 'n PSALM van Dawid toe hy gevlug het vir sy seun Absalom.

2 oHere, hoe het my teëstanders vermenigvuldig! Baie staan teen my op.

3 Baie sê van my: Daar is geen heil vir hom by God nie. Sela.

4 Maar U, Here, is 'n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef.

5 Luid roep ek die Here aan, en Hy verhoor my van sy heilige berg. Sela.

6 Ek het gaan lê en aan die slaap mag raak; ek het wakker geword, want die Here ondersteun my.

7 Ek sal nie vrees vir tienduisende van mense wat rondom teen my gereed staan nie.

8 Staan op, Here; verlos my, my God! Want U het al my vyande op die kakebeen geslaan; U het die tande van die goddelose stukkend gebreek.

9 Die heil behoort aan die Here; laat u seën wees oor u volk! Sela.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-06-15_21-32-39-