Publicidade

Salmos 47

God vaar op met gejuig.

1 VIR die musiekleier. Van die kinders van Korag. 'n Psalm.

2 Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van God met 'n stem van gejubel!

3 Want die Here, die Allerhoogste, is gedug, 'n groot Koning oor die hele aarde.

4 Hy bring volke onder ons en nasies onder ons voete.

5 Hy kies ons erfdeel vir ons uit, die trots van Jakob wat Hy liefhet. Sela.

6 God vaar op met gejuig, die Here met basuingeklank.

7 Psalmsing tot eer van God, psalmsing! Psalmsing tot eer van ons Koning, psalmsing!

8 Want God is Koning van die hele aarde; psalmsing met 'n onderwysing.

9 God regeer oor die nasies; God sit op sy heilige troon.

10 Die edeles van die volke het vergader — 'n volk van die God van Abraham; want aan God behoort die skilde van die aarde. Hoog verhewe is Hy!

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-06-16_18-40-07-