Publicidade

Salmos 5

Gebed by die môre-offer.

1 VIR die musiekleier; met fluite. 'n Psalm van Dawid.

2 oHere, luister na my woorde, let op my versugting.

3 Gee ag op die stem van my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek.

4 In die môre, Here, sal U my stem hoor; in die môre sal ek dit aan U voorlê en afwag.

5 Want U is nie 'n God wat behae het in goddeloosheid nie; die kwaaddoener sal by U nie vertoef nie.

6 Die onsinniges sal voor u oë nie standhou nie; U haat al die werkers van ongeregtigheid.

7 U sal die leuensprekers laat omkom; van die man van bloed en bedrog het die Here 'n afsku.

8 Maar ek, deur die grootheid van u goedertierenheid mag ek in u huis ingaan, my buig na u heilige tempel, in u vrees.

9 Here, lei my in u geregtigheid om my vyande ontwil; maak u weg voor my reg.

10 Want in hulle mond is niks betroubaars nie; hulle binneste bring onheil; hulle keel is 'n oop graf; hulle maak hul tong glad.

11 Verklaar hulle skuldig, o God! Laat hulle val deur hul planne; dryf hulle weg oor die menigte van hul oortredinge, want hulle is wederstrewig teen U.

12 Maar laat húlle almal bly wees wat by U skuil; laat hulle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat in U juig die wat u Naam liefhet.

13 Want U seën die regverdige, o Here, U omring hom met welbehae soos met 'n skild.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-06-15_21-32-39-