Publicidade

Salmos 129

Die einde van Israel se vyande.

1 'n BEDEVAARTSLIED.

Alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af — laat Israel dit sê —

2 alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af; tog het hulle my nie oorwin nie.

3 Ploeërs het op my rug geploeg; hulle het hul vore lank getrek.

4 Die Here is regverdig: Hy het die toue van die goddelose afgekap.

5 Laat hulle beskaamd staan en agteruitwyk, almal wat Sion haat.

6 Laat hulle word soos gras op die dakke wat verdor voordat 'n mens dit uittrek,

7 waarmee die maaier sy hand en die gerwebinder sy arm nie vul nie.

8 Sodat die wat verbygaan, nie sê nie: Die seën van die Here oor julle! Ons seën julle in die Naam van die Here.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-06-15_21-32-39-