Publicidade

Salmos 4

'n Aandlied.

1 VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm van Dawid.

2 As ek roep, verhoor my, o God van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed!

3 o Manne, hoe lank sal my eer tot skande wees? Hoe lank sal julle die nietigheid liefhê, die leuen soek? Sela.

4 Weet tog dat die Here vir Hom 'n gunsgenoot afgesonder het; die Here hoor as ek Hom aanroep.

5 Sidder, en moenie sondig nie; spreek in julle hart op julle bed, en wees stil. Sela.

6 Offer offerandes van geregtigheid en vertrou op die Here.

7 Baie sê: Wie sal ons die goeie laat sien? Verhef oor ons die lig van u aangesig, o Here!

8 Groter vreugde het U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is.

9 Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o Here, alleen laat my in veiligheid woon.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-06-15_21-32-39-