Publicidade

Salmos 87

Sion die moederstad van volke.

1 VAN die kinders van Korag. 'n Psalm. 'n Lied.

Sy grondvesting is op heilige berge.

2 Die Here het die poorte van Sion lief bo al die wonings van Jakob.

3 Heerlike dinge word van u gesê, o stad van God! Sela.

4 Ek wil Rahab en Babel vermeld onder hulle wat My ken; kyk, Filistéa en Tirus saam met Kus — hierdie een is daar gebore.

5 En van Sion sal gesê word: Man vir man is daarin gebore, en Hy, die Allerhoogste, hou dit in stand.

6 Die Here sal tel as Hy die volke opskrywe: Hierdie een is daar gebore. Sela.

7 En die wat sing sowel as die wat vrolik is, sê: Al my fonteine is in jou!

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-06-16_06-50-08-