Publicidade

Salmos 111

Lofsang op die werke van die Here.

1 HALLELUJA!

Alef. Ek wil die Here loof van ganser harte; Bet. in die kring van die opregtes en in die vergadering.

2 Gimel. Die werke van die Here is groot; Dalet. nagespeur word hulle deur almal wat daar 'n welbehae in het.

3 He. Sy dade is majesteit en heerlikheid; Wau. en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid.

4 Sajin. Hy het vir sy wonders 'n gedagtenis gestig; Get. die Here is genadig en barmhartig.

5 Tet. Aan die wat Hom vrees, het Hy spys gegee; Jod. Hy dink vir ewig aan sy verbond.

6 Kaf. Hy het die krag van sy werke aan sy volk bekend gemaak, Lamed. deur hulle die erfdeel van die heidene te gee.

7 Mem. Die werke van sy hande is trou en reg; Noen. al sy bevele is betroubaar.

8 Samek. Vasgestel is hulle vir altyd, vir ewig; Ajin. uitgevoer in trou en opregtheid.

9 Pe. Hy het aan sy volk verlossing gestuur; Sade. Hy het sy verbond vir ewig ingestel; Kof. sy Naam is heilig en vreeslik.

10 Resj. Die vrees van die Here is die beginsel van die wysheid; Sin. almal wat dit beoefen, het 'n goeie verstand. Tau. Sy lof bestaan tot in ewigheid.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-06-18_10-32-54-