Publicidade

Salmos 123

Die oog na bowe!

1 'n BEDEVAARTSLIED.

Ek slaan my oë op tot U wat in die hemel troon.

2 Kyk, soos die oë van die knegte is op die hand van hulle heer, soos die oë van die diensmaagd is op die hand van haar meesteres — so is ons oë op die Here onse God, totdat Hy ons genadig is.

3 Wees ons genadig, o Here, wees ons genadig, want meer as versadig is ons van veragting;

4 meer as versadig is ons siel van die spot van die oormoediges, van die veragting van die trotsaards!

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-06-18_14-04-22-