Publicidade

Salmos 99

'n Psalm tot eer van die driemaal-Heilige.

1 DIE Here is Koning; laat die volke bewe! Hy troon op die gérubs; laat die aarde sidder!

2 Die Here is groot in Sion, en verhewe is Hy bo al die volke.

3 Laat hulle u grote en gedugte Naam loof! Heilig is Hy!

4 Ook die sterkte van die Koning wat die reg liefhet. Ú het bevestig wat regverdig is; Ú het reg en geregtigheid gedoen in Jakob.

5 Verhef die Here onse God, en buig julle neer voor die voetbank van sy voete. Heilig is Hy!

6 Moses en Aäron was onder sy priesters, en Samuel onder die aanroepers van sy Naam. Hulle het die Here aangeroep, en Hý het hulle verhoor.

7 In die wolkkolom het Hy met hulle gespreek. Hulle het sy getuienisse onderhou en die insetting wat Hy hulle gegee het.

8 oHere onse God, Ú het hulle verhoor, U was vir hulle 'n vergewende God en Een wat wraak oefen oor hulle dade.

9 Verhef die Here onse God, en buig julle neer voor sy heilige berg. Want heilig is die Here onse God.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-06-18_14-04-22-