Publicidade

Salmos 12

Leuens heers onder die mense; God is waarheid.

1 VIR die musiekleier; met basstem. 'n Psalm van Dawid.

2 Red, o Here, want daar is geen vrome meer nie; want die getroues het verdwyn onder die mensekinders.

3 Hulle praat leuens, die een met die ander; met vleiende lippe spreek hulle dubbelhartig.

4 Mag die Here al die vleiende lippe uitroei, die tong wat grootpraat,

5 hulle wat sê: Met ons tong is ons sterk; ons lippe is met ons! Wie is heer oor ons?

6 Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou opstaan, sê die Here; Ek sal hom in veiligheid stel wat daarna smag.

7 Die woorde van die Here is rein woorde, silwer wat gelouter is in 'n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.

8 U, o Here, sal hulle bewaar; U sal ons bewaar van hierdie geslag vir ewig.

9 Die goddelose draf rond as laagheid die oorhand kry by die mensekinders.

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-06-16_18-40-07-