1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies." Van die kinders van Korag. 'n Onderwysing. 'n Lied van die liefde.2 My hart word bewoë deur goeie woorde; ek dra my gedigte voor aangaande 'n Koning; my tong is die pen van 'n vaardige skrywer.3 U is veel skoner as die mensekinders; genade is uitgestort op u lippe; daarom het God U geseënvir ewig.4 Gord u swaard aan die heup, o held, u majesteit en u heerlikheid;5 ja, u heerlikheid! Ry voorspoedig ter wille van waarheid en ootmoed en geregtigheid; en laat u regterhand U vreeslike dinge leer!6 U pyle is skerp volke val onder U!; hulle tref in die hart van die Koning se vyande.7 U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is 'n regverdige septer.8 U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle.9 Al u klere is mirre en alewee en kassie; uit ivoorpaleise maak snarespel U bly.10 Dogters van konings is onder u staatsdogters; die koningin staan aan u regterhand in goud van Ofir.11 Hoor, o dogter, en kyk en neig u oor, en vergeet u volk en die huis van u vader;12 en as die Koning u skoonheid begeer -- want Hy is u Heer -- buig u dan voor Hom neer.13 En, o dogter van Tirus -- met geskenke sal hulle u guns soek, ja, die rykstes van die mense.14 Louter heerlikheid is die Koning se dogter daarbinne; van gouddraad is haar kleding.15 In veelkleurige gewade word sy na die Koning gelei; jonkvroue agter haar, haar vriendinne, word na U gebring.16 Hulle word gelei met vreugde en gejuig; hulle gaan in die Koning se paleis in.17 In die plek van u vaders sal u seuns wees; U sal hulle aanstel as vorste in die hele land. [ (Psalms 45:18) U Naam wil ek vermeld van geslag tot geslag; daarom sal die volke U loof vir ewig en altyd. ]
Publicidade
Salmos 45
Publicidade
Veja também
Publicidade
Salmos
123456789101112131415161718192021222324252627282930313233343536373839404142434445464748495051525354555657585960616263646566676869707172737475767778798081828384858687888990919293949596979899100101102103104105106107108109110111112113114115116117118119120121122123124125126127128129130131132133134135136137138139140141142143144145146147148149150
Ver todos os capítulos de Salmos