Graça

1 'n Bedevaartslied. Uit die dieptes roep ek U aan, o HERE!

2 Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge.


18 En daarom sal die HERE met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die HERE is 'n God van die gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom wag!


13 Daarom, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus.


25 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle gees! Amen.


6 Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.


9 wat ons gered en geroep het met 'n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid af in Christus Jesus geskenk is,


14 Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.


16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.


24 Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God.


21 sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here.


8 Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid.


10 En mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons 'n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves!


4 Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het,

5 ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus -- uit genade is julle gered --


8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;

9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.


21 Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.


13 Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.


11 Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn

12 en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe,


24 Die HERE sal jou seën en jou behoed;

25 die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;

26 die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.


17 En laat die lieflikheid van die HERE onse God oor ons wees, en bevestig die werk van ons hande oor ons, ja, die werk van ons hande, bevestig dit!


23 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,

24 en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.


15 Maar dit is met die misdaad nie soos met die genadegawe nie; want as deur die misdaad van die ,,n baie gesterf het, veel meer het die genade van God en die gawe deur die genade van die een mens, Jesus Christus, vir baie oorvloedig geword.


14 Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.


16 Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.


15 Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!