1 Godspraak. Die woord van die HERE teen die land Hadrag, en op Damaskus bly dit rus -- want die HERE hou die oog op die mense en op al die stamme van Israel.

2 En ook teen Hamat wat daaraan grens; teen Tirus saam met Sidon, want hy is baie slim.

3 Ja, Tirus het vir hom 'n vesting gebou; ook het hy silwer opgehoop soos stof en goud soos modder van die strate.

4 Kyk, die Here sal hom in besit neem en sy skans in die see werp, en hy sal deur vuur verteer word.

5 Askelon sal dit sien en vrees; ook Gasa, wat sal sidder van angs; ook Ekron, omdat sy toeverlaat teleurgestel het; en uit Gasa verdwyn die koning, en Askelon bly onbewoond;

6 en die baster sal in Asdod woon -- so sal Ek dan aan die trotsheid van die Filistyn 'n einde maak --

7 en Ek sal die bloed uit sy mond verwyder en sy verfoeisels tussen sy tande uit; so sal hy dan ook vir onse God oorbly en wees soos 'n stamhoof in Juda, en Ekron soos 'n Jebusiet.

8 En Ek sal om my huis 'n laer trek teen die leërmag, teen die wat heen en weer trek, sodat geen oorheerser hulle weer sal oorrompel nie; want nou het Ek dit met my eie oë gesien.

9 Verheug jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en 'n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op 'n esel -- op 'n jong esel, die vul van 'n eselin.

10 En Ek sal die strydwaens uit Efraim en die perde uit Jerusalem uitroei, en die strydboog sal vernietig word. Dan sal Hy aan die nasies vrede verkondig, en sy heerskappy sal wees van see tot see, en van die Eufraat tot aan die eindes van die aarde.

11 Ook sal Ek, wat jou betref, o Sion, kragtens die bloed van jou verbond jou gevangenes loslaat uit die put sonder water.

12 Keer terug na die vesting, o hoopvolle gevangenes! Ook kondig Ek vandag aan dat Ek jou dubbel sal vergoed.

13 Want Ek span Juda vir My as boog, lê Efraim as pyl daarop; en Ek vuur jou seuns, o Sion, aan teen jou seuns, o Jawan, en Ek maak jou soos die swaard van 'n held.

14 Dan sal die HERE oor hulle verskyn, en soos weerlig sal sy pyl uitskiet; en die Here HERE sal met die basuin blaas en intrek met die storms uit die suide.

15 Die HERE van die leërskare sal hulle beskut; en hulle sal verslind, ja, slingerstene vertrap; ook sal hulle drink, 'n gedruis maak soos deur wyn en vol wees soos die offerkomme, soos die hoeke van 'n altaar.

16 En die HERE hulle God sal hulle in die dag verlos as die kudde wat sy volk is; want hulle is kroongesteentes wat hulle skitterend verhef oor sy land.

17 Want hoe groot is hulle voortreflikheid, en hoe groot hulle skoonheid! Die koring laat jongmanne en die mos jongedogters groei.

1 א משא דבר יהוה בארץ חדרך ודמשק מנחתו  כי ליהוה עין אדם וכל שבטי ישראל

2 ב וגם חמת תגבל בה צר וצידון כי חכמה מאד

3 ג ותבן צר מצור לה ותצבר כסף כעפר וחרוץ כטיט חוצות

4 ד הנה אדני יורשנה והכה בים חילה והיא באש תאכל

5 ה תרא אשקלון ותירא ועזה ותחיל מאד ועקרון כי הביש מבטה ואבד מלך מעזה ואשקלון לא תשב

6 ו וישב ממזר באשדוד והכרתי גאון פלשתים

7 ז והסרתי דמיו מפיו ושקציו מבין שניו ונשאר גם הוא לאלהינו והיה כאלף ביהודה ועקרון כיבוסי

8 ח וחניתי לביתי מצבה מעבר ומשב ולא יעבר עליהם עוד נגש  כי עתה ראיתי בעיני  {ס}

9 ט גילי מאד בת ציון הריעי בת ירושלם הנה מלכך יבוא לך צדיק ונושע הוא עני ורכב על חמור ועל עיר בן אתנות

10 י והכרתי רכב מאפרים וסוס מירושלם ונכרתה קשת מלחמה ודבר שלום לגוים ומשלו מים עד ים ומנהר עד אפסי ארץ

11 יא גם את בדם בריתך שלחתי אסיריך מבור אין מים בו

12 יב שובו לבצרון אסירי התקוה גם היום מגיד משנה אשיב לך

13 יג כי דרכתי לי יהודה קשת מלאתי אפרים ועוררתי בניך ציון על בניך יון ושמתיך כחרב גבור

14 יד ויהוה עליהם יראה ויצא כברק חצו ואדני יהוה בשופר יתקע והלך בסערות תימן

15 טו יהוה צבאות יגן עליהם ואכלו וכבשו אבני קלע ושתו המו כמו יין ומלאו כמזרק--כזויות מזבח

16 טז והושיעם יהוה אלהיהם ביום ההוא--כצאן עמו  כי אבני נזר מתנוססות על אדמתו

17 יז כי מה טובו ומה יפיו--דגן בחורים ותירוש ינובב בתלות