1 Die wysheid van die vroue bou die huis, maar die sotheid breek dit met eie hande af.
2 Wie in sy opregtheid wandel, vrees die HERE; maar hy wat verkeerd is in sy weë, verag Hom.
3 In die mond van die sot is 'n roede vir sy trots, maar die lippe van die wyse bewaar hulle.
4 Waar geen beeste is nie, is die krip leeg, maar deur die krag van die os is die inkomste baie.
5 'n Betroubare getuie lieg nie, maar 'n valse getuie strooi leuens uit.
6 Die spotter soek wysheid, en dit is nie daar nie; maar vir die verstandige is kennis maklik.
7 Gaan weg voor 'n dwase man, want jy het daar niks gemerk van die lippe van kennis nie.
8 Die wysheid van die skrandere is om sy weg te verstaan, maar die sotheid van die dwase is bedrog.
9 Die skuldoffer spot met die dwase, maar tussen die opregtes is daar welwillendheid.
10 Die hart ken sy eie verdriet, en in sy blydskap kan 'n ander hom nie meng nie.
11 Die huis van die goddelose word verdelg, maar die tent van die opregtes bloei.
12 Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.
13 Ook onder gelag kan die hart pyn ly, en die einde van so 'n blydskap is bekommernis.
14 Uit sy eie wandel word die verkeerde van hart versadig, maar die goeie man uit syne.
15 Die eenvoudige glo elke woord, maar die skrandere let op sy voetstappe.
16 Die wyse vrees en wyk af van die kwaad, maar die dwaas bruis op en is vol selfvertroue.
17 Wie kortgebonde is, begaan sotheid; en 'n slinkse man word gehaat.
18 Die eenvoudiges verkry sotheid as 'n erfenis, maar die skranderes word met kennis gekroon.
19 Die slegtes moet buig voor die goeies, en die goddelose by die poorte van die regverdige.
20 Die arme word selfs deur sy naaste gehaat, maar die vriende van die ryke is talryk.
21 Wie sy naaste verag, doen sonde; maar hy wat medelyde het met die ellendiges, hy is gelukkig.
22 Verdwaal hulle nie wat onheil bewerk nie? Maar liefde en trou is vir die wat die goeie bewerk.
23 In enige moeitevolle arbeid is voordeel, maar praatjies is net tot gebrek.
24 Die kroon van die wyse is hulle rykdom, die sotheid van die dwase bly sotheid.
25 'n Betroubare getuie red lewens, maar hy wat leuens uitstrooi, is bedrog.
26 In die vrees van die HERE lê 'n sterk sekerheid, ook vir die kinders van 'n sodanige sal daar 'n toevlug wees.
27 Die vrees van die HERE is 'n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk.
28 In die menigte van die volk lê die heerlikheid van die koning, maar in die gebrek aan mense die ondergang van die vors.
29 Die lankmoedige is groot van verstand, maar die kortgebondene behaal sotheid.
30 'n Rustige hart is die lewe vir die vlees, maar hartstog 'n verrotting vir die gebeente.
31 Wie die geringe verdruk, versmaad sy Maker, maar hy wat hom oor die behoeftige ontferm, eer Hom.
32 In sy ongeluk word die goddelose omgestoot, maar die regverdige vind 'n toevlug by sy dood.
33 Wysheid rus in die hart van die verstandige, word selfs rugbaar te midde van die dwase.
34 Geregtigheid verhoog 'n volk, maar die sonde is 'n skandvlek vir die nasies.
35 Die welbehae van die koning is vir 'n verstandige dienaar, maar een wat skande maak, is 'n voorwerp van sy grimmigheid.
1 Toute femme sage bâtit sa maison; mais la folle la renverse de ses mains.
2 Celui qui marche dans la droiture, révère l'Éternel; mais celui dont les voies sont perverses, le méprise.
3 La bouche de l'insensé est une verge pour son orgueil; mais les lèvres des sages les gardent.
4 Où il n'y a point de bœuf, la grange est vide; mais la force du bœuf fait abonder le revenu.
5 Le témoin fidèle ne ment jamais; mais le faux témoin avance des faussetés.
6 Le moqueur cherche la sagesse et ne la trouve point; mais la science est aisée à trouver pour un homme entendu.
7 Éloigne-toi de l'homme insensé, puisque tu ne connais pas en lui de paroles sages.
8 La sagesse d'un homme habile est de prendre garde à sa voie; mais la folie des insensés, c'est la fraude.
9 Les insensés se raillent du péché; mais la bienveillance est parmi les hommes droits.
10 Le cœur de chacun sent l'amertume de son âme; et un autre n'aura point de part à sa joie.
11 La maison des méchants sera détruite; mais la tente des hommes droits fleurira.
12 Il y a telle voie qui semble droite à l'homme, mais dont l'issue est la voie de la mort.
13 Même en riant le cœur sera triste; et la joie finit par l'ennui.
14 Celui qui a le cœur pervers, sera rassasié de ses voies; mais l'homme de bien se rassasie de ce qui est en lui-même.
15 Un homme simple croit tout ce qu'on dit; mais l'homme bien avisé considère ses pas.
16 Le sage craint, et il évite le mal; mais l'insensé est arrogant et plein de sécurité.
17 L'homme emporté fait des folies; et l'homme rusé est haï.
18 Les imprudents possèdent la folie; mais les bien avisés sont couronnés de science.
19 Les méchants seront humiliés devant les bons, et les impies seront aux portes du juste.
20 Le pauvre est haï, même de son ami; mais les amis du riche sont en grand nombre.
21 Celui qui méprise son prochain, s'égare; mais celui qui a pitié des affligés, est heureux.
22 Ceux qui machinent du mal, ne se fourvoient-ils pas? Mais la miséricorde et la vérité seront pour ceux qui procurent le bien.
23 En tout travail il y a quelque profit; mais les vains discours ne tournent qu'à disette.
24 La richesse est une couronne pour le sage; mais la folie des insensés est toujours folie.
25 Le témoin fidèle délivre les âmes; mais celui qui prononce des mensonges, n'est que tromperie.
26 Il y a une ferme assurance dans la crainte de l'Éternel; et il y aura une sûre retraite pour les enfants de celui qui le craint.
27 La crainte de l'Éternel est une source de vie, pour détourner des pièges de la mort.
28 Dans la multitude du peuple est la gloire d'un roi; mais quand le peuple manque, c'est la ruine du prince.
29 Celui qui est lent à la colère est d'un grand sens; mais celui qui est prompt à se courroucer, étale sa folie.
30 Un cœur tranquille est la vie du corps; mais l'envie est la carie des os.
31 Celui qui fait tort au pauvre, déshonore celui qui l'a fait; mais celui-là l'honore qui a pitié du nécessiteux.
32 Dans le malheur, le méchant est renversé; mais le juste reste en assurance, même dans la mort.
33 La sagesse repose dans le cœur de l'homme entendu; elle est même reconnue au milieu des insensés.
34 La justice élève une nation; mais le péché est la honte des peuples.
35 La faveur du roi est pour le serviteur prudent; mais il aura de l'indignation contre celui qui lui fait honte.