1 Toe die seun van Saul hoor dat Abner in Hebron gesterf het, het sy hande slap geword, en die hele Israel was verskrik.

2 En die seun van Saul het twee manne, owerstes van bendes, gehad: die naam van die een was B ëna en die naam van die ander R,gab, seuns van Rimmon, die Beërotiet, uit die kinders van Benjamin, want Beërot is ook by Benjamin gereken.

3 En die Beërotiete het na Gitt im gevlug en was daar vreemdelinge tot vandag toe.

4 En Jonatan, die seun van Saul, het 'n seun gehad, lam aan altwee voete. Hy was vyf jaar oud toe die tyding aangaande Saul en Jonatan uit J¡sreël gekom het, en sy oppasser het hom opgetel en gevlug; maar terwyl sy in haar haastigheid vlug, het hy geval en lam geword; en sy naam was Mefiboset.

5 En die seuns van Rimmon, die Beërotiet, R,gab en B ëna, het gegaan en by die huis van Isboset gekom op die warmste van die dag toe hy in sy middagslaap lê.

6 En hulle het daar ingekom tot binne-in die huis om koring te gaan haal en hom in die onderlyf gesteek; en R,gab en sy broer B ëna het ontvlug.

7 Hulle het naamlik die huis ingegaan, terwyl hy op sy bed in sy slaapkamer lê, en hom doodgeslaan en sy hoof afgekap; en hulle het sy hoof saamgeneem en die hele nag deur geloop met die pad van die Vlakte

8 en die hoof van Isboset na Dawid in Hebron gebring en aan die koning gesê: Hier is die hoof van Isboset, die seun van Saul, u vyand wat u lewe gesoek het; maar die HERE het aan my heer die koning vandag wraak gegee op Saul en sy nageslag.

9 Maar Dawid het R,gab en sy broer B ëna, die seuns van Rimmon, die Beërotiet, geantwoord en aan hulle gesê: So waar as die HERE leef wat my siel uit alle benoudheid verlos het,

10 hom wat aan my berig gebring en gesê het: Kyk, Saul is dood! -- terwyl hy in sy eie oë was soos een wat 'n goeie boodskap bring -- het ek gegryp en hom in Siklag gedood, aan wie ek eintlik boodskappersloon moes gegee het;

11 hoeveel te meer sal ek dan nou nie, as goddelose mense 'n regverdige man in sy huis op sy bed vermoor, sy bloed van julle hand eis en julle van die aarde verdelg nie?

12 Toe het Dawid die jongmanne bevel gegee, en die het hulle gedood en hul hande en voete afgekap en hulle opgehang by die dam in Hebron; maar die hoof van Isboset het hulle geneem en dit begrawe in die graf van Abner in Hebron.

1 And when Saul's son Ish-bosheth had news that Abner was dead in Hebron, his hands became feeble, and all the Israelites were troubled.

2 And Saul's son had two men, captains of bands, one named Baanah and the other Rechab, sons of Rimmon the Beerothite, of the tribe of Benjamin; (for Beeroth was at one time taken to be part of Benjamin:

3 But the people of Beeroth had gone in flight to Gittaim, where they have been living to this day.)

4 Now Jonathan, Saul's son, had a son whose feet were damaged. He was five years old when news of the death of Saul and Jonathan came from Jezreel, and the woman who took care of him took him up and went in flight: and while she was getting him away as quickly as she was able, he had a fall and his feet were damaged. His name was Mephibosheth.

5 And Rechab and Baanah, the sons of Rimmon the Beerothite, went out and came to the house of Ish-bosheth in the heat of the day, when he was resting in the middle of the day. Now the woman who kept the door was cleaning grain, and sleep overcame her.

6 And Rechab and his brother Baanah got in without being seen.

7 And when they came into the house, Ish-bosheth was stretched on his bed in his bedroom; and they made an attack on him and put him to death, and, cutting off his head, they took it with them and went by the road through the Arabah all night.

8 And they took the head of Ish-bosheth to David in Hebron, and said to the king, Here is the head of Ish-bosheth, the son of Saul your hater, who would have taken your life; the Lord has taken payment for the wrongs of my lord the king from Saul and his seed today.

9 And David made answer to Rechab and his brother Baanah, the sons of Rimmon the Beerothite, and said to them, By the living Lord, who has kept me safe from all my trouble,

10 When one came to me with the news of Saul's death, in the belief that it would be good news, I took him and put him to death in Ziklag, which was the reward I gave him for his news:

11 How much more, when evil men have put an upright person to death, in his house, sleeping on his bed, will I take payment from you for his blood, and have you cut off from the earth?

12 And David gave orders to his young men and they put them to death, cutting off their hands and their feet and hanging them up by the side of the pool in Hebron. But they took the head of Ish-bosheth and put it in its last resting-place with Abner's body in Hebron.