1 Paulus, 'n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, ooreenkomstig die belofte van die lewe wat in Christus Jesus is,
2 aan TimotheÂs, my geliefde kind: Genade, barmhartigheid, vrede van God die Vader en Christus Jesus, onse Here!
3 Ek dank God, wat ek van my voorouers af in 'n rein gewete dien, wanneer ek onophoudelik nag en dag aan jou in my gebede dink,
4 terwyl ek verlang om jou te sien as ek aan jou trane dink, sodat ek met blydskap vervul kan word,
5 en as ek my herinner die ongeveinsde geloof wat in jou is, wat eers gewoon het in jou grootmoeder Lo‹s en in jou moeder Eun¡ce, en wat -- daarvan is ek oortuig -- ook in jou is.
6 Om hierdie rede herinner ek jou daaraan om die genadegawe van God aan te wakker wat in jou is deur die oplegging van my hande.
7 Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.
8 Skaam jou dan nie oor die getuienis van onse Here of oor my, sy gevangene nie, maar ly saam verdrukkinge vir die evangelie na die krag van God
9 wat ons gered en geroep het met 'n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid af in Christus Jesus geskenk is,
10 maar wat nou geopenbaar is deur die verskyning van ons Verlosser, Jesus Christus, wat die dood tot niet gemaak het en die lewe en die onverderflikheid aan die lig gebring het deur die evangelie,
11 waarvoor ek aangestel is as prediker en apostel en leraar van die heidene.
12 Om hierdie rede ly ek ook hierdie dinge; maar ek skaam my nie, want ek weet in wie ek geglo het, en ek is oortuig dat Hy mag het om my pand te bewaar tot die dag toe.
13 Hou as voorbeeld van gesonde woorde die wat jy van my gehoor het, in die geloof en liefde wat in Christus Jesus is.
14 Bewaar jou goeie pand deur die Heilige Gees wat in ons woon.
15 Jy weet dit dat almal wat in Asië is, hulle van my afgekeer het, onder wie Fig,llus en Hermogenes is.
16 Mag die Here aan die huis van Ones¡forus barmhartigheid bewys, want hy het my dikwels verkwik en hom oor my kettings nie geskaam nie;
17 maar toe hy in Rome gekom het, het hy my baie ywerig gesoek en gevind.
18 Mag die Here hom skenk dat hy barmhartigheid mag verkry van die Here in die dag! En jy weet baie goed hoeveel dienste hy in Âfese bewys het.
1 Paul, an Apostle of Jesus Christ by the purpose of God, in the hope of the life which is in Christ Jesus,
2 To Timothy, my well-loved child: Grace, mercy, peace, from God the Father and Christ Jesus our Lord.
3 I give praise to God, whose servant I have been, with a heart free from sin, from the time of my fathers, because in my prayers at all times the thought of you is with me, night and day
4 Desiring to see you, keeping in my memory your weeping, so that I may be full of joy;
5 Having in mind your true faith, which first was in your mother's mother Lois, and in your mother Eunice, and, I am certain, is now in you.
6 For this reason I say to you, Let that grace of God which is in you, given to you by my hands, have living power.
7 For God did not give us a spirit of fear, but of power and of love and of self-control.
8 Have no feeling of shame, then, for the witness of our Lord or for me, his prisoner: but undergo all things for the good news in the measure of the power of God;
9 Who gave us salvation, marking us out for his purpose, not on account of our works, but in the measure of his purpose and his grace, which was given to us in Christ Jesus before times eternal,
10 But has now been made clear by the revelation of our Saviour Christ Jesus, who put an end to death and made life unending come to light through the good news,
11 Of which I was made a preacher and an Apostle and a teacher;
12 And for which I undergo these things: but I have no feeling of shame. For I have knowledge of him in whom I have faith, and I am certain that he is able to keep that which I have given into his care till that day.
13 Keep the form of those true words which you had from me, in faith and love which is in Christ Jesus.
14 That good thing which was given to you keep safe, through the Holy Spirit which is in us.
15 You have had news that all those in Asia went away from me; among whom are Phygelus and Hermogenes:
16 May the Lord give mercy to the house of Onesiphorus because he frequently gave me help, and had no feeling of shame because I was in chains;
17 But when he was in Rome, he went in search of me everywhere, and came to me
18 (May he have the Lord's mercy in that day); and of all he did for me at Ephesus you have full knowledge.