1 En in die dae van Ahasv,ros -- dit is die Ahasv,ros wat geregeer het van Indië af tot by Kus, honderd sewe en twintig provinsies --

2 in die dae toe koning Ahasv,ros op sy koninklike troon in die vesting Susan gesit het,

3 in die derde jaar van sy regering, het hy 'n maaltyd berei vir al sy vorste en sy dienaars; die leërmag van Persië en Medië, die vername manne en die vorste van die provinsies was voor hom;

4 waarby hy die rykdom van sy koninklike heerlikheid en die skitterende prag van sy grootheid baie dae, honderd en tagtig dae lank, vertoon het.

5 En toe die dae verby was, het die koning vir al die mense wat in die vesting Susan aanwesig was, van die grootste tot die kleinste, 'n maaltyd berei, sewe dae lank, op die voorplein van die tuin van die koninklike paleis.

6 Linne--, katoen-- en pers stowwe was met linne-- en purperrooi bande vasgemaak aan silwerringe en marmerpilare! Goue en silwerrusbanke op 'n plaveisel van malachiet en van witmarmer en perlemoensteen en gevlekte marmer!

7 Daarby het hulle laat drink uit goue bekers, en die een beker was verskillend van die ander beker, en daar was koninklike wyn in oorvloed, eg koninklik!

8 En hulle het gedrink volgens voorskrif: niemand het gedwing nie; want so het die koning bevel gegee aan al die hoë beamptes van sy paleis, dat hulle na elkeen se sin moes handel.

9 Ook het die koningin Vasti 'n vrouemaaltyd aangerig in die koninklike paleis van koning Ahasv,ros.

10 Op die sewende dag, toe die hart van die koning vrolik was van die wyn, het hy aan Mehuman, Bista, Harbona, Bigta en Ab gta, Setar en Karkas, die sewe hofdienaars wat voor koning Ahasv,ros gedien het, gesê

11 dat hulle koningin Vasti met die koninklike kroon op voor die koning moet bring om haar skoonheid aan die volke en die vorste te toon, want sy was mooi van aansien.

12 Maar koningin Vasti het geweier om te kom op die bevel van die koning deur middel van die hofdienaars aan haar oorgebring. Toe het die koning baie kwaad geword, en sy woede het in hom ontvlam.

13 En die koning het aan die wyse manne, die kenners van die tye, gesê -- want so word die sake van die koning aan al die kenners van wet en reg voorgelê;

14 en die naaste aan hom was: Kars,na, Setar, Adm ta, Tarsis, Meres, Mars,na, Memugan, die sewe vorste van die Perse en Meders wat die aangesig van die koning gesien het, wat vooraan gesit het in die koninkryk --

15 wat moet volgens wet gedoen word met koningin Vasti, omdat sy die bevel van koning Ahasv,ros, deur middel van sy hofdienaars, nie opgevolg het nie?

16 Toe sê Memugan voor die koning en die vorste: Nie alleen teen die koning het koningin Vasti misdaan nie, maar ook teen al die vorste en al die volke wat in al die provinsies van koning Ahasv,ros is.

17 Want die geval van die koningin sal by al die vroue bekend word, sodat dit hulle manne in hul oë veragtelik sal maak as daar gesê word: Koning Ahasv,ros het bevel gegee om koningin Vasti voor hom te bring, maar sy het nie gekom nie.

18 Dieselfde dag nog sal die vorstinne van die Perse en Meders, as hulle die geval van die koningin hoor, dit aan al die vorste van die koning vertel; en dan sal dit genoeg veragting en gramskap afgee!

19 As die koning dit goedvind, laat daar 'n koninklike woord van hom uitgaan en beskrywe word in die wette van die Perse en Meders, sodat dit onherroeplik is, dat Vasti nie meer voor koning Ahasv,ros mag kom nie; en laat die koning haar koninklike waardigheid aan haar naaste gee wat beter is as sy.

20 As dan van die bevelskrif van die koning gehoor word wat hy in sy hele koninkryk -- want dit is groot -- uitvaardig, sal al die vroue aan hulle manne eer bewys, van die grootste tot die kleinste.

21 En die woord was goed in die oë van die koning en van die vorste, en die koning het gehandel volgens die raad van Memugan.

22 En hy het briewe gestuur aan al die provinsies van die koning, aan elke provinsie volgens sy eie skrif en aan elke volk volgens sy eie taal, dat elke man in sy huis baas moet wees en sy volkstaal praat.

1 Now it came about in the days of Ahasuerus, (that Ahasuerus who was ruler of a hundred and twenty-seven divisions of the kingdom, from India as far as Ethiopia:)

2 That in those days, when King Ahasuerus was ruling in Shushan, his strong town,

3 In the third year of his rule he gave a feast to all his captains and his servants; and the captains of the army of Persia and Media, the great men and the rulers of the divisions of his kingdom, were present before him;

4 And for a long time, even a hundred and eighty days, he let them see all the wealth and the glory of his kingdom and the great power and honour which were his.

5 And at the end of that time, the king gave a feast for all the people who were present in Shushan, the king's town, small as well as great, for seven days, in the outer square of the garden of the king's house.

6 There were fair hangings of white and green and blue, fixed with cords of purple and the best linen to silver rings and pillars of polished stone: the seats were of gold and silver on a floor of red and white and yellow and black stone.

7 And they gave them drink in gold vessels, every vessel being different, and wine of the kingdom, freely given by the king.

8 And the drinking was in keeping with the law; no one was forced: for the king had given orders to all the chief servants of his house to do as was pleasing to every man.

9 And Vashti the queen gave a feast for the women in the house of King Ahasuerus.

10 On the seventh day, when the heart of the king was glad with wine, he gave orders to Mehuman, Biztha, Harbona, Bigtha, and Abagtha, Zethar, and Carcas, the seven unsexed servants who were waiting before Ahasuerus the king,

11 That Vashti the queen was to come before him, crowned with her crown, and let the people and the captains see her: for she was very beautiful.

12 But when the servants gave her the king's order, Vashti the queen said she would not come: then the king was very angry, and his heart was burning with wrath.

13 And the king said to the wise men, who had knowledge of the times, (for this was the king's way with all who were expert in law and in the giving of decisions:

14 And second only to him were Carshena, Shethar, Admatha, Tarshish, Meres, Marsena, and Memucan, the seven rulers of Persia and Media, who were friends of the king, and had the first places in the kingdom:)

15 What is to be done by law to Vashti the queen, because she has not done what King Ahasuerus, by his servants, gave her orders to do?

16 And before the king and the captains, Memucan gave his answer: Vashti the queen has done wrong, not only to the king, but to all the captains and to all the peoples in all the divisions of the kingdom of King Ahasuerus;

17 For news of what the queen has done will come to the ears of all women, and they will no longer give respect to their husbands when it is said to them, King Ahasuerus gave orders for Vashti the queen to come before him and she came not.

18 And the wives of the captains of Persia and Media, hearing what the queen has done, will say the same to all the king's captains. So there will be much shame and wrath.

19 If it is pleasing to the king, let an order go out from him, and let it be recorded among the laws of the Persians and the Medes, so that it may never be changed, that Vashti is never again to come before King Ahasuerus; and let the king give her place to another who is better than she.

20 And when this order, given by the king, is made public through all his kingdom (for it is great), all the wives will give honour to their husbands, great as well as small.

21 And this suggestion seemed good to the king and the captains; and the king did as Memucan said;

22 And sent letters to all the divisions of the kingdom, to every division in the writing commonly used there, and to every people in the language which was theirs, saying that every man was to be the ruler in his house, and that this order was to be given out in the language of his people.