1 En Bes leël het die ark van akasiahout gemaak; twee en 'n half el was sy lengte, en anderhalf el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte.

2 En hy het dit oorgetrek met suiwer goud, van binne en van buite; en hy het daaraan 'n goue krans gemaak rondom.

3 En hy het daarvoor vier goue ringe gegiet, aan sy vier voete, so dat twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant was.

4 En hy het draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek;

5 en hy het die draaghoute in die ringe gesteek aan weerskante van die ark om die ark te dra.

6 Hy het ook 'n versoendeksel van suiwer goud gemaak. Twee en 'n half el was sy lengte, en anderhalf el sy breedte.

7 Ook het hy twee g,rubs van goud gemaak. Van dryfwerk het hy hulle gemaak, aan die twee ente van die versoendeksel.

8 Een g,rub aan die een ent en een g,rub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die versoendeksel, het hy die g,rubs gemaak, aan die twee ente.

9 En die g,rubs het die vlerke boontoe uitgesprei gehou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel beskut; en hulle aangesigte was na mekaar toe. Die gesigte van die g,rubs was op die versoendeksel gerig.

10 Hy het ook die tafel van akasiahout gemaak. Twee el was sy lengte, en 'n el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte.

11 En hy het dit met suiwer goud oorgetrek en daarvoor 'n goue krans gemaak rondom.

12 Hy het ook daarvoor 'n lys van 'n handbreed gemaak rondom; en hy het 'n goue krans vir die lys gemaak rondom.

13 Hy het ook vier goue ringe daarvoor gegiet; en hy het die ringe vasgesit aan die vier hoeke van die vier pote.

14 Naby die lys was die ringe as plekke vir die draaghoute om die tafel te dra.

15 Hy het ook die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek om die tafel te dra.

16 En hy het die gereedskap gemaak wat op die tafel moes wees: sy skottels en sy rookpanne en sy bekers en sy kanne waarmee gegiet moes word, van suiwer goud.

17 Hy het ook die kandelaar van suiwer goud gemaak. Van dryfwerk het hy die kandelaar gemaak, sy voetstuk en sy stam; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme was, daarmee saam, uit een stuk.

18 En ses arms het uit die sykante daarvan uitgegaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit die ander kant.

19 Drie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, 'n knop en 'n blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm, 'n knop en 'n blom -- so was dit aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.

20 Maar aan die kandelaar self was vier kelkies soos amandelblomme, met knoppe en blomme:

21 daar was 'n knop onder die eerste paar arms wat daaruit uitgaan; en 'n knop onder die tweede paar arms wat daaruit uitgaan; en 'n knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan -- vir die ses arms wat daaruit uitgaan.

22 Hulle knoppe en hulle arms was, daarmee saam, uit een stuk alles saam een stuk dryfwerk van suiwer goud.

23 En hy het sewe lampe daarvoor gemaak en sy snuiters en sy bakkies van suiwer goud.

24 Van 'n talent suiwer goud het hy dit gemaak met al sy gereedskap.

25 En hy het die reukaltaar van akasiahout gemaak; 'n el was sy lengte en 'n el sy breedte, vierkantig, en twee el sy hoogte. Sy horings was, daarmee saam, uit een stuk.

26 En hy het dit met suiwer goud oorgetrek: die plaat, die sykante en die horings. En hy het daarvoor 'n goue krans gemaak rondom.

27 Hy het ook twee goue ringe daarvoor gemaak, onderkant die krans aan weerskante, aan die twee sykante, as plekke vir draaghoute om dit daarmee te dra.

28 En hy het die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek.

29 Hy het ook die heilige salfolie gemaak en die suiwer reukwerk van speserye, soos 'n salfmenger dit maak.

1 And Bezalel made the ark of hard wood, two and a half cubits long, a cubit and a half wide and a cubit and a half high;

2 Plating it inside and out with the best gold, and putting an edge of gold all round it.

3 And he made four gold rings for its four angles, two on one side and two on the other,

4 And rods of the same wood plated with gold.

5 These rods he put in the rings at the sides of the ark, for lifting it.

6 And he made the cover all of gold, two and a half cubits long and a cubit and a half wide.

7 And he made two winged ones, hammered out of one bit of gold, for the two ends of the cover;

8 Placing one at one end and one at the other; the winged ones were part of the cover.

9 And their wings were stretched out over the cover; the faces of the winged ones were opposite one another and facing the cover.

10 And he made the table of hard wood, two cubits long, a cubit wide and a cubit and a half high;

11 Plating it with the best gold and putting a gold edge all round it.

12 And he made a frame all round it about as wide as a man's hand, edged with gold all round.

13 And he made four gold rings, and put the rings at the angles of its four feet.

14 The rings were fixed under the frame to take the rods with which the table was to be lifted.

15 The rods for lifting the table he made of hard wood plated with gold.

16 And all the table-vessels, the plates and spoons and basins and the cups for liquids, he made of the best gold.

17 Then he made the support for the lights, all of the best gold; its base and its pillar were of hammered gold; its cups and buds and flowers were all made out of the same metal:

18 It had six branches coming out from its sides, three from one side and three from the other;

19 Every branch having three cups made like almond flowers, every cup with a bud and a flower on all the branches;

20 And on its pillar, four cups like almond flowers, every one with its bud and its flower;

21 And under every two branches a bud, made with the branch, for all six branches of it.

22 The buds and the branches were made of the same metal, all together one complete work of the best hammered gold.

23 And he made the seven vessels for the lights, and all the necessary instruments for it, of gold.

24 A talent of the best gold was used for the making of it and its vessels.

25 And he made the altar for the burning of spices, using the same hard wood; it was square, a cubit long and a cubit wide and two cubits high; the horns made of the same.

26 The top and the sides and the horns were all plated with the best gold; and he put an edge of gold all round it.

27 And he made two gold rings, placing them on the two opposite sides under the edge, to take the rods for lifting it.

28 The rods he made of the same hard wood, plating them with gold.

29 And he made the holy oil and the perfume of sweet spices for burning, after the art of the perfume-maker.