Publicidade

Provérbios 24

1 Wees nie afgunstig op die kwaaddoeners nie, en begeer nie om met hulle saam te wees nie.2 Want hulle hart bedink verwoesting, en hulle lippe spreek moeite.3 Deur wysheid word 'n huis gebou, en deur verstand word dit bevestig;4 en deur kennis word die kamers gevul met allerhande kosbare en lieflike goed.5 'n Wyse man is sterk, en 'n man van kennis ontwikkel krag.6 Want deur goeie oorleg kan jy voorspoedig oorlog voer, en die oorwinning is deur die menigte van raadgewers.7 Die wysheid is vir die sot te hoog; in die poort maak hy sy mond nie oop nie.8 Hy wat hom voorneem om kwaad te doen, word 'n skelm genoem.9 Die sonde is 'n dwase voorneme, en die spotter is 'n gruwel vir die mensdom.10 Gedra jy jou slap in die dag van benoudheid, dan skiet jou krag te kort.11 Red die wat na die dood gesleep word, en die wat na die slagbank wankel, hou hulle tog terug!12 As jy sê: Kyk, ons het dit nie geweet nie! -- sal Hy wat die harte toets, dit nie merk nie? En Hy wat let op jou siel, Hy kom dit te wete. En Hy vergeld die mens na sy werk.13 Eet heuning, my seun, want dit is goed, en heuningstroop is soet teen jou verhemelte.14 Erken dat die wysheid so is vir jou siel; as jy dit vind, dan is daar 'n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.15 Loer nie, o goddelose, op die woning van die regverdige, verwoes sy verblyfplek nie.16 Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk.17 As jou vyand val, verheug jou nie; en as hy struikel, laat jou hart nie juig nie,18 dat die HERE dit nie sien en dit miskien verkeerd is in sy oë en Hy sy toorn van hom afwend nie.19 Vererg jou nie oor die kwaaddoeners nie, wees nie afgunstig op die goddelose nie.20 Want die kwaaddoener het geen toekoms nie, die lamp van die goddelose gaan dood.21 My seun, vrees die HERE en die koning, laat jou nie in met oproerige mense nie.22 Want skielik sal hulle ongeluk opkom, en die uitgang van hulle jare, wie weet dit?23 Ook hierdie spreuke is van die wyse manne afkomstig. Om partydig te wees in die gereg, is verkeerd.24 Hy wat vir die skuldige sê: Jy het reg! -- die volke sal hom vervloek, die nasies sal hom verwens.25 Maar met die wat onpartydig straf, gaan dit goed; en oor hulle kom die seën van voorspoed.26 Hy wat regte antwoorde gee, soen die lippe.27 Maak jou werk buitekant reg, en bring dit vir jou op die land in orde; daarna moet jy dan jou huis bou.28 Wees nie sonder oorsaak getuie teen jou naaste nie; want mag jy met jou lippe mislei?29 Moenie sê nie: Soos hy aan my gedoen het, so sal ek aan hom doen -- ek sal die man vergelde na sy werk.30 Ek het by die land van 'n lui man verbygeloop en langs die wingerd van 'n verstandelose mens,31 en kyk, dit was heeltemal toegegroei van die dorings, sy oppervlakte was oordek met brandnekels en sy klipmuur omgegooi.32 En ek het dit aanskou, ja, daarop gelet, gekyk, en lering aangeneem:33 Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie hande-vou om uit te rus;34 dan kom jou armoede aangeloop en jou gebrek soos 'n gewapende man.

1 너는 악인의 형통을 부러워하지 말며 그와 함께 있기도 원하지 말지어다2 그들의 마음은 강포를 품고 그 입술은 잔해를 말함이니라3 집은 지혜로 말미암아 건축되고 명철로 말미암아 견고히 되며4 또 방들은 지식으로 말미암아 각종 귀하고 아름다운 보배로 채우게 되느니라5 지혜 있는 자는 강하고 지식 있는 자는 힘을 더하나니6 너는 모략으로 싸우라 승리는 모사가 많음에 있느니라7 지혜는 너무 높아서 미련한 자의 미치지 못할 것이므로 그는 성문에서 입을 열지 못하느니라8 악을 행하기를 꾀하는 자를 일컬어 사특한 자라 하느니라9 미련한 자의 생각은 죄요 거만한 자는 사람의 미움을 받느니라10 네가 만일 환난날에 낙담하면 네 힘의 미약함을 보임이니라11 너는 사망으로 끌려가는 자를 건져주며 살륙을 당하게 된 자를 구원하지 아니치 말라12 네가 말하기를 나는 그것을 알지 못하였노라 할지라도 마음을 저울질 하시는 이가 어찌 통찰하지 못하시겠으며 네 영혼을 지키시는 이가 어찌 알지 못하시겠느냐 그가 각 사람의 행위대로 보응하시리라13 내 아들아 꿀을 먹으라 이것이 좋으니라 송이꿀을 먹으라 이것이 네 입에 다니라14 지혜가 네 영혼에게 이와 같은 줄을 알라 이것을 얻으면 정녕히 네 장래가 있겠고 네 소망이 끊어지지 아니하리라15 악한 자여 의인의 집을 엿보지 말며 그 쉬는 처소를 헐지 말지니라16 대저 의인은 일곱번 넘어질지라도 다시 일어나려니와 악인은 재앙으로 인하여 엎드러지느니라17 네 원수가 넘어질 때에 즐거워하지 말며 그가 엎드러질 때에 마음에 기뻐하지 말라18 여호와께서 이것을 보시고 기뻐 아니하사 그 진노를 그에게서 옮기실까 두려우니라19 너는 행악자의 득의함을 인하여 분을 품지 말며 악인의 형통을 부러워하지 말라20 대저 행악자는 장래가 없겠고 악인의 등불은 꺼지리라21 내 아들아 여호와와 왕을 경외하고 반역자로 더불어 사귀지 말라22 대저 그들의 재앙은 속히 임하리니 이 두 자의 멸망을 누가 알랴23 이것도 지혜로운 자의 말씀이라 재판할 때에 낯을 보아주는 것이옳지 못하니라24 무릇 악인더러 옳다 하는 자는 백성에게 저주를 받을 것이요 국민에게 미움을 받으려니와25 오직 그를 견책하는 자는 기쁨을 얻을 것이요 또 좋은 복을 받으리라26 적당한 말로 대답함은 입맞춤과 같으니라27 네 일을 밖에서 다스리며 밭에서 예비하고 그 후에 네 집을 세울지니라28 너는 까닭없이 네 이웃을 쳐서 증인이 되지 말며 네 입술로 속이지 말지니라29 너는 그가 내게 행함 같이 나도 그에게 행하여 그 행한대로 갚겠다 말하지 말지니라30 내가 증왕에 게으른 자의 밭과 지혜 없는 자의 포도원을 지나며 본즉31 가시덤불이 퍼졌으며 거친 풀이 지면에 덮였고 돌담이 무너졌기로32 내가 보고 생각이 깊었고 내가 보고 훈계를 받았었노라33 네가 좀더 자자, 좀더 졸자, 손을 모으고 좀더 눕자 하니 네 빈궁이 강도 같이 오며34 네 곤핍이 군사 같이 이르리라

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-