Publicidade

Provérbios 26

1 Soos sneeu in die somer en soos reën in die oestyd, so pas eer nie by 'n dwaas nie.2 Soos die voëltjie wegfladder, soos die swaweltjie wegvlieg, so is 'n vervloeking sonder oorsaak: dit kom nie uit nie.3 'n Sweep is vir die perd, 'n toom vir die esel en 'n roede vir die rug van die dwase.4 Antwoord 'n dwaas nie na sy sotheid nie, sodat jy ook nie net soos hy word nie.5 Antwoord 'n dwaas na sy sotheid, sodat hy nie wys is in sy eie oë nie.6 Hy kap sy voete af, hy ly onreg, wat 'n boodskap stuur deur middel van 'n dwaas.7 Soos die bene van 'n lamme slap afhang, so is 'n spreuk in die mond van die dwase.8 Soos een wat 'n klip in 'n slinger vasbind, so is hy wat eer gee aan 'n dwaas.9 Soos 'n doring wat in die hand van 'n dronkaard geraak het, so is 'n spreuk in die mond van die dwase.10 Soos 'n skutter wat alles in gevaar bring, is hy wat 'n dwaas huur, sowel as hy wat verbygangers huur.11 Soos 'n hond wat na sy uitbraaksel teruggaan, is 'n dwaas wat sy sotheid weer ophaal.12 Het jy 'n man gesien wat wys is in sy eie oë? Daar is meer hoop vir 'n dwaas as vir hom.13 Die luiaard sê: Daar is 'n leeu op die pad, 'n leeu op die pleine.14 'n Deur draai rond op sy skarniere, so die luiaard op sy bed.15 Het die luiaard sy hand in die skottel gesteek, hy is te moeg om dit na sy mond terug te bring.16 Die luiaard is wyser in sy eie oë as sewe wat verstandig antwoord.17 Hy wat 'n verbylopende hond aan die ore gryp, is een wat hom vererg oor 'n twis wat hom nie aangaan nie.18 Soos een wat onverskillig vuurpyle, dodelike pyle afskiet,19 so is die man wat sy naaste bedrieg en sê: Ek speel somaar.20 Deur gebrek aan hout gaan die vuur dood, en as daar geen kwaadstoker is nie, bedaar die twis.21 Soos kole die gloed en hout die vuur laat opvlam, so is 'n twisgierige man om 'n twis aan te hits.22 Die woorde van 'n kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste.23 Silwerskuim waarmee 'n potskerf oorgetrek is -- so is gloeiende lippe en 'n slegte hart.24 Die hater veins met sy lippe, maar in sy binneste koester hy bedrog.25 As hy sy stem lieflik maak, vertrou hom nie; want sewe gruwels is in sy hart.26 Al verberg die haat homself in bedrog, sy boosheid word in die vergadering openbaar.27 Wie 'n kuil grawe, sal daarin val; en hy wat 'n klip rol, dit sal na hom terugkom.28 'n Valse tong haat die wat hy verbrysel het, en 'n gladde mond bewerk ondergang.

1 미련한 자에게는 영예가 적당하지 아니하니 마치 여름에 눈오는 것과 추수 때에 비오는 것 같으니라2 까닭 없는 저주는 참새의 떠도는 것과 제비의 날아가는 것 같이 이르지 아니하느니라3 말에게는 채찍이요 나귀에게는 자갈이요 미련한 자의 등에는 막대기니라4 미련한 자의 어리석은 것을 따라 대답하지 말라 두렵건대 네가 그와 같을까 하노라5 미련한 자의 어리석은 것을 따라 그에게 대답하라 두렵건대 그가 스스로 지혜롭게 여길까 하노라6 미련한 자 편에 기별하는 것은 자기의 발을 베어 버림이라 해를 받느니라7 저는 자의 다리는 힘 없이 달렸나니 미련한 자의 입의 잠언도 그러하니라8 미련한 자에게 영예를 주는 것은 돌을 물매에 매는 것과 같으니라9 미련한 자의 입의 잠언은 술 취한 자의 손에 든 가시나무 같으니라10 장인이 온갖 것을 만들지라도 미련한 자를 고용하는 것은 지나가는 자를 고용함과 같으니라11 개가 그 토한 것을 도로 먹는 것 같이 미련한 자는 그 미련한 것을 거듭 행하느니라12 네가 스스로 지혜롭게 여기는 자를 보느냐 그보다 미련한 자에게 오히려 바랄 것이 있느니라13 게으른 자는 길에 사자가 있다 거리에 사자가 있다 하느니라14 문짝이 돌쩌귀를 따라서 도는 것 같이 게으른 자는 침상에서 구으느니라15 게으른 자는 그 손을 그릇에 넣고도 입으로 올리기를 괴로와하느니라16 게으른 자는 선히 대답하는 사람 일곱보다 자기를 지혜롭게 여기느니라17 길로 지나다가 자기에게 상관없는 다툼을 간섭하는 자는 개 귀를 잡는 자와 같으니라18 횃불을 던지며 살을 쏘아서 사람을 죽이는 미친 사람이 있나니19 자기 이웃을 속이고 말하기를 내가 희롱하였노라 하는 자도 그러하니라20 나무가 다하면 불이 꺼지고 말장이가 없어지면 다툼이 쉬느니라21 숯불 위에 숯을 더하는 것과 타는 불에 나무를 더하는 것 같이 다툼을 좋아하는 자는 시비를 일으키느니라22 남의 말하기를 좋아하는 자의 말은 별식과 같아서 뱃 속 깊은 데로 내려가느니라23 온유한 입술에 악한 마음은 낮은 은을 입힌 토기니라24 감정있는 자는 입술로는 꾸미고 속에는 궤휼을 품나니25 그 말이 좋을지라도 믿지 말 것은 그 마음에 일곱 가지 가증한 것이 있음이라26 궤휼로 그 감정을 감출지라도 그 악이 회중 앞에 드러나리라27 함정을 파는 자는 그것에 빠질 것이요 돌을 굴리는 자는 도리어 그것에 치이리라28 거짓말하는 자는 자기의 해한 자를 미워하고 아첨하는 입은 패망을 일으키느니라

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-