1 En die volk van die land het Joahas, die seun van Jos¡a, geneem en hom koning gemaak in die plek van sy vader in Jerusalem.2 Drie en twintig jaar was Joahas oud toe hy koning geword het, en drie maande het hy in Jerusalem geregeer.3 En die koning van Egipte het hom in Jerusalem afgesit en die land 'n boete opgelê van honderd talente silwer en 'n talent goud.4 Daarop het die koning van Egipte sy broer Âljakim koning gemaak oor Juda en Jerusalem en sy naam verander in Jojakim; maar Nego het sy broer Joahas saamgeneem en hom na Egipte gebring.5 Vyf en twintig jaar was Jojakim oud toe hy koning geword het, en elf jaar het hy in Jerusalem geregeer; en hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE sy God.6 Nebukadn,sar, die koning van Babel, het teen hom opgetrek en hom met koperkettings geboei om hom na Babel te vervoer.7 Ook van die voorwerpe van die huis van die HERE het Nebukadn,sar na Babel gebring en dit in sy tempel in Babel gesit.8 Die verdere geskiedenis van Jojakim en sy gruwels wat hy bedryf het, en wat verder by hom gevind is, kyk, dit is beskrywe in die Boek van die konings van Israel en Juda; en sy seun Jojagin het in sy plek koning geword.9 Agttien jaar was Jojagin oud toe hy koning geword het, en drie maande en tien dae het hy in Jerusalem geregeer; en hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE.10 By die wisseling van die jaar het koning Nebukadn,sar gestuur en hom na Babel laat bring, saam met die kosbare voorwerpe van die huis van die HERE, en sy broer Sedek¡a koning oor Juda en Jerusalem gemaak.11 Een en twintig jaar was Sedek¡a oud toe hy koning geword het, en elf jaar het hy in Jerusalem geregeer.12 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE sy God; hy het hom nie verootmoedig nie voor Jerem¡a, die profeet, wat gespreek het uit die mond van die HERE.13 En hy het ook gerebelleer teen koning Nebukadn,sar wat hom by God laat sweer het; maar hy was hardnekkig en het sy hart verhard, sodat hy hom nie tot die HERE, die God van Israel, bekeer het nie.14 Ook al die owerstes van die priesters en die volk het baie ontrou gehandel, volgens al die gruwels van die heidene, en die huis van die HERE wat Hy in Jerusalem geheilig het, verontreinig.15 En die HERE, die God van hulle vaders, het vroeg en laat na hulle gestuur deur die diens van sy boodskappers; want Hy het medelyde met sy volk en met sy woning gehad.16 Maar hulle het die boodskappers van God uitgelag en sy woorde verag en met sy profete gespot, totdat die grimmigheid van die HERE teen sy volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.17 So het Hy dan die koning van die Chaldeërs teen hulle laat optrek, en die het hulle jongmanne met die swaard in die huis van hulle heiligdom gedood en geen jongman of jongmeisie, oue of gryse, verskoon nie: Hy het alles in sy hand gegee.18 En al die voorwerpe van die huis van God, groot en klein, en die skatte van die huis van die HERE en die skatte van die koning en van sy vorste, alles het hy na Babel gebring.19 En hulle het die huis van God verbrand en die muur van Jerusalem omgegooi en al die paleise daarvan met vuur verbrand, sodat al die kosbare voorwerpe daarvan vernietig is.20 En die wat van die swaard oorgebly het, het hy na Babel in ballingskap weggevoer, en hulle het vir hom en sy seuns slawe geword, totdat die koninkryk van Persië tot heerskappy gekom het,21 sodat die woord van die HERE deur die mond van Jerem¡a vervul sou word: totdat die land vir sy sabbatte vergoeding gekry het; al die dae van die verwoesting het dit gerus om sewentig jaar vol te maak.22 En in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië, het die HERE -- sodat die woord van die HERE deur die mond van Jerem¡a in vervulling sou gaan -- die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek, dat hy 'n oproep deur sy hele koninkryk laat gaan het, selfs ook skriftelik, om te sê:23 So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het die HERE, die God van die hemel, aan my gegee, en Hy het my opgedra om vir Hom 'n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is. Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort -- mag die HERE sy God met hom wees, en laat hom optrek!
1 Tada krašto žmonės paskelbė karaliumi Jozijo sūnų Jehoachazą jo tėvo vieton Jeruzalėje.2 Jehoachazas, pradėdamas karaliauti, buvo dvidešimt trejų metų ir tris mėnesius karaliavo Jeruzalėje.3 Egipto karalius pašalino jį nuo sosto Jeruzalėje ir uždėjo kraštui piniginę duoklę: šimtą talentų sidabro ir talentą aukso.4 Egipto karalius padarė Jehoachazo brolį Eliakimą Judo karaliumi Jeruzalėje ir pakeitė jo vardą į Jehojakimą. Jo brolį Jehoachazą Nekojas nusivedė į Egiptą.5 Jehojakimas, pradėdamas karaliauti, buvo dvidešimt penkerių metų ir vienuolika metų karaliavo Jeruzalėje. Jis darė pikta Viešpaties, savo Dievo, akyse.6 Prieš jį atėjo Babilono karalius Nebukadnecaras, sukaustė jį grandinėmis ir nusivedė į Babiloną.7 Nebukadnecaras parsigabeno į Babiloną ir Viešpaties namų indus ir padėjo juos savo šventykloje.8 Visi kiti Jehojakimo darbai ir jo nusikaltimai yra surašyti Izraelio ir Judo karalių knygoje. Jo sūnus Joachinas karaliavo jo vietoje.9 Jehojachinas, pradėdamas karaliauti, buvo aštuoniolikos metų ir karaliavo Jeruzalėje tris mėnesius ir dešimt dienų. Jis darė pikta Viešpaties akyse.10 Pavasarį karalius Nebukadnecaras atsiuntė ir išvedė jį į Babiloną kartu su brangiausiais Viešpaties namų indais. Jo brolį Zedekiją paskyrė Judo karaliumi.11 Zedekijas pradėjo karaliauti, būdamas dvidešimt vienerių metų, ir karaliavo Jeruzalėje vienuolika metų.12 Jis darė pikta Viešpaties, savo Dievo, akyse ir nenusižemino prieš pranašą Jeremiją, kuris kalbėjo Viešpaties žodžius.13 Be to, jis dar sukilo prieš karalių Nebukadnecarą, kuris jį buvo prisaikdinęs Dievo vardu. Jis tapo kietasprandis ir kietaširdis ir nesigręžė į Viešpatį, Izraelio Dievą.14 Visi vyresnieji kunigai ir tauta labai nusikalto. Jie mėgdžiojo pagonių bjaurystes ir suteršė Viešpaties namus, kuriuos Jis buvo pašventinęs Jeruzalėje.15 Viešpats, jų tėvų Dievas, nuo ankstaus ryto siuntė pas juos savo pasiuntinius, nes Jis gailėjosi savo tautos ir savo buveinės.16 Bet jie tyčiojosi iš Dievo ir Jo pasiuntinių, niekino Jo pranašus ir Jo žodžius, kol pagaliau Viešpaties rūstybė išsiliejo tautai ir nebebuvo išsigelbėjimo.17 Jis atvedė prieš juos chaldėjų karalių, kuris išžudė Judo jaunuolius šventyklos namuose ir nepagailėjo nei jaunuolio, nei mergaitės, nei seno; visus Jis atidavė į jo rankas.18 Taip pat visus Dievo namų reikmenis, didelius ir mažus, ir Viešpaties namų, karaliaus bei jo vyresniųjų turtus jis išgabeno į Babiloną.19 Po to jie sudegino Dievo namus, sugriovė Jeruzalės sienas, sudegino visus rūmus, o brangius daiktus sunaikino.20 Išlikusius gyvus išsivedė į Babiloną; jie tapo jo ir jo sūnų vergais iki persų karalystės įsigalėjimo,21 kad įvyktų Viešpaties žodis, paskelbtas Jeremijo. Visą tą laiką žemė buvo negyvenama ir ilsėjosi septyniasdešimt metų.22 Kad įvyktų Viešpaties žodis, paskelbtas Jeremijo, pirmaisiais persų karaliaus Kyro metais Viešpats paragino persų karalių Kyrą, kad jis visoje savo karalystėje paskelbtų žodžiu ir raštu:23 "Taip sako persų karalius Kyras: ‘Visas žemės karalystes man atidavė Viešpats, dangaus Dievas; Jis man pavedė atstatyti Jo namus Jeruzalėje, kuri yra Jude. Kas iš jūsų yra iš Jo tautos, Viešpats, jo Dievas, tebūna su juo ir jis teeina’ ".