Publicidade

2 Reis 6

1 En die profete-seuns het vir El¡sa gesê: Kyk tog, die plek waar ons voor u woon, is vir ons te nou.2 Laat ons tog na die Jordaan gaan en elkeen daarvandaan 'n balk gaan haal, dat ons daar vir ons 'n plek kan maak om daar te woon. En hy het gesê: Gaan.3 Maar een sê: Gaan tog asseblief saam met u dienaars. En hy antwoord: Ek sal gaan.4 En hy het saam met hulle gegaan. En toe hulle by die Jordaan kom, het hulle bome omgekap.5 Maar terwyl een die balk kap, val die yster in die water; en hy roep uit en sê: Ag, my heer, dit is nogal geleen!6 En die man van God vra: Waar het dit geval? En toe hy hom die plek wys, het hy 'n stok afgesny en dit daarheen gegooi en die yster bo laat drywe.7 En hy sê: Haal dit nou maar uit! En hy het sy hand uitgesteek en dit geneem.8 Terwyl die koning van Aram besig was om oorlog te voer teen Israel, het hy met sy dienaars beraadslaag en gesê: Op die en die plek sal my laer staan.9 Maar die man van God het die koning van Israel laat weet: Pas op dat u nie deur daardie plek trek nie, want die Arameërs trek daarheen af.10 Daarom het die koning van Israel na die plek gestuur waarvan die man van God met hom gespreek en waarvoor hy hom gewaarsku het. En hy was daar op sy hoede, nie net een maal of twee maal nie.11 Toe word die hart van die koning van Aram hieroor onrustig, en hy roep sy dienaars en sê vir hulle: Kan julle my nie te kenne gee wie van ons mense vir die koning van Israel is nie?12 En een van sy dienaars antwoord: Nee, my heer die koning, maar El¡sa, die profeet wat in Israel is, kan die koning van Israel die woorde te kenne gee wat u in u slaapkamer spreek.13 En hy sê: Gaan kyk waar hy is, dat ek hom kan laat vang. En daar is aan hom te kenne gegee en gesê: Hy is daar in Dotan.14 So het hy dan daarheen perde en strydwaens en 'n swaar leër gestuur, en hulle het in die nag gekom en die stad omsingel.15 En toe die dienaar van die man van God vroeg opstaan en uitgaan, was daar 'n leër met perde en strydwaens rondom die stad. En sy dienaar sê vir hom: Ag, my heer, hoe sal ons maak?16 Maar hy antwoord: Vrees nie; want die wat by ons is, is meer as die wat by hulle is.17 En El¡sa het gebid en gesê: HERE, open tog sy oë, dat hy kan sien. En die HERE het die oë van sy dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol perde en waens van vuur rondom El¡sa.18 En toe hulle na hom afkom, het El¡sa tot die HERE gebid en gesê: Slaan tog hierdie mense met blindheid. En Hy het hulle op die woord van El¡sa met blindheid geslaan.19 Daarop sê El¡sa vir hulle: Dit is nie die weg, en dit is nie die stad nie; volg my, dan sal ek julle lei na die man wat julle soek; en hy het hulle na Samar¡a gelei.20 En by hulle aankoms in Samar¡a, sê El¡sa: HERE, open hulle oë, dat hulle kan sien. En die HERE het hulle oë geopen, dat hulle kon sien, en daar was hulle binne-in Samar¡a!21 En die koning van Israel sê vir El¡sa toe hy hulle sien: Moet ek verslaan, moet ek verslaan, my vader?22 Maar hy antwoord: U mag nie verslaan nie. Sou u dan verslaan die wat u met u swaard en u boog as gevangenes weggevoer het? Sit aan hulle brood en water voor, dat hulle kan eet en drink en na hulle heer kan trek.23 En hy het hulle 'n groot maaltyd berei; en nadat hulle geëet en gedrink het, laat hy hulle gaan; en hulle het na hul heer getrek. En die bendes van die Arameërs het verder nie meer in die land van Israel gekom nie.24 En daarna het B,nhadad, die koning van Aram, sy hele leër versamel en opgetrek en Samar¡a beleër.25 En daar was 'n groot hongersnood in Samar¡a, want hulle het dit beleër totdat 'n eselskop tagtig sikkels silwer en 'n kwart-kab duiwemis vyf sikkels silwer werd was.26 En terwyl die koning op die muur verbygaan, roep 'n vrou na hom en sê: Help, heer koning!27 Maar hy antwoord: As die HERE jou nie help nie, waarvandaan moet ek jou dan help? Van die dorsvloer of van die parskuip?28 Verder sê die koning vir haar: Wat is dit met jou? En sy antwoord: Hierdie vrou het vir my gesê: Gee jou seun, dat ons hom vandag eet; dan kan ons môre my seun eet.29 So het ons dan my seun gekook en hom geëet; maar toe ek die volgende dag vir haar sê: Gee jou seun, dat ons hom eet -- het sy haar seun weggesteek.30 En toe die koning die woorde van die vrou hoor, skeur hy sy klere, terwyl hy op die muur verder loop -- die mense het gesien hoe daar 'n roukleed onder op sy liggaam was --31 en hy sê: Mag God so aan my doen en so daaraan toedoen, as die hoof van El¡sa, die seun van Safat, vandag op hom sal bly staan.32 En terwyl El¡sa in sy huis sit en die oudstes by hom sit, het die koning 'n man voor hom uit gestuur; maar voordat die boodskapper by hom kom, sê hy aan die oudstes: Het julle gesien dat hierdie moordenaarskind stuur om my hoof af te slaan? Let op! Sodra die boodskapper kom, sluit dan die deur toe en druk hom met die deur weg. Is die geruis van sy heer se voetstappe nie agter hom nie?33 Terwyl hy nog met hulle spreek, kom die boodskapper juis af na hom toe. En die koning sê: Kyk, hierdie onheil kom van die HERE; wat sou ek langer op die HERE wag?

1 Pranašų sūnūs sakė Eliziejui: "Vieta, kurioje gyvename, kaip matai, mums per ankšta.2 Leisk mums eiti prie Jordano, pasikirsti ten medžių ir pasistatyti namus". Jis atsakė: "Eikite".3 Vienas jų prašė pranašą eiti su jais. Jis atsakė: "Gerai, aš eisiu".4 Jis išėjo su jais. Atėję prie Jordano, jie kirto medžius.5 Vienam kertant medį, kirvio geležis įkrito į vandenį. Jis sušuko: "Vargas, šeimininke! Jį buvau pasiskolinęs!"6 Dievo vyras paklausė: "Kur jis įkrito?" Kai tas parodė vietą, pranašas nusipjovė lazdą, įmetė ją į tą vietą, ir kirvis iškilo.7 Tada tarė jis: "Pasiimk jį". Vyras ištiesė ranką ir pasiėmė kirvį.8 Sirijos karalius kariavo su Izraeliu. Jis tarėsi su savo tarnais, sakydamas: "Tokioje ir tokioje vietoje bus mano stovykla".9 Dievo vyras pasiuntė pas Izraelio karalių, sakydamas: "Saugokis, neik pro tą vietą, nes ten sirai".10 Izraelio karalius pasiuntė į tą vietą, kurią jam nurodė Dievo vyras, ir saugojo ją. Taip jis saugojosi ne kartą ir ne du.11 Sirijos karalius dėl to labai nerimavo. Jis, pasišaukęs savo tarnus, tarė: "Sakykite, kas iš mūsų su Izraelio karaliumi?"12 Vienas iš jo tarnų tarė: "Nė vienas, mano valdove karaliau. Bet pranašas Eliziejus, kuris gyvena Izraelyje, praneša Izraelio karaliui tai, ką kalbi savo miegamajame".13 Jis įsakė savo vyrams: "Eikite ir sužinokite, kur jis yra, kad jį suimčiau". Jam buvo pranešta: "Jis Dotane".14 Jis pasiuntė raitelių, kovos vežimų ir didelę kariuomenę, kurie nakčia apsupo miestą.15 Dievo vyro tarnas, anksti atsikėlęs ir išėjęs, pamatė kariuomenę su raiteliais ir kovos vežimais, kurie buvo apsupę miestą. Tarnas sakė jam: "Vargas, mano šeimininke! Ką dabar darysime?"16 Eliziejus atsakė: "Nebijok, nes su mumis yra daugiau negu su jais".17 Eliziejus meldėsi: "Viešpatie, atverk jo akis, kad matytų". Viešpats atvėrė tarno akis, ir jis pamatė: štai kalnas buvo pilnas ugninių žirgų ir vežimų, supančių Eliziejų.18 Sirams artinantis prie jo, Eliziejus meldėsi: "Viešpatie, apakink juos". Ir Jis apakino juos pagal Eliziejaus žodį.19 Tada Eliziejus tarė jiems: "Čia ne tas kelias ir ne tas miestas. Sekite mane, ir aš jus nuvesiu pas tą vyrą, kurio ieškote". Jis juos nuvedė į Samariją.20 Jiems atėjus į Samariją, Eliziejus meldėsi: "Viešpatie, atverk jų akis, kad jie vėl matytų". Viešpats atvėrė jų akis, ir jie pamatė esą Samarijos viduryje.21 Izraelio karalius, juos pamatęs, klausė Eliziejų: "Mano tėve, ar juos užmušti?"22 Eliziejus atsakė: "Neužmušk. Argi tu žudai tuos, kuriuos paimi į nelaisvę savo kardu ir lanku? Duok jiems duonos ir vandens, kad pavalgytų ir atsigertų, o tada tegul eina pas savo valdovą".23 Jis jiems paruošė dideles vaišes, ir, jiems pavalgius bei atsigėrus, paleido juos grįžti pas savo valdovą. Nuo to laiko Sirijos būriai daugiau nebepuldinėjo Izraelio.24 Kartą Sirijos karalius Ben Hadadas, surinkęs visą savo kariuomenę, atėjo ir apgulė Samariją.25 Tada kilo didelis badas Samarijoje. Jie laikė ją apgulę, kol asilo galva kainavo aštuoniasdešimt šekelių sidabro ir ketvirtis kabo balandžių mėšlo penkis šekelius sidabro.26 Izraelio karaliui einant mūro siena, viena moteris sušuko: "Padėk, mano valdove karaliau!"27 Jis atsakė: "Jei Viešpats tau nepadeda, kaip aš tau padėsiu? Iš klojimo ar iš vyno spaustuvo?"28 Karalius jos paklausė: "Ko norėtum?" Ji atsakė: "Šita moteris man sakė: ‘Suvalgykime tavo sūnų šiandien, o mano sūnų rytoj suvalgysime’.29 Išvirėme mano sūnų ir jį suvalgėme. O kai kitą dieną jai pasakiau, kad duotų savo sūnų suvalgyti, tai ji paslėpė jį".30 Karalius, išgirdęs moters žodžius, persiplėšė drabužius. Jis ėjo per sieną, ir žmonės matė, kad jis po rūbais vilkėjo ašutinę ant kūno.31 Jis tarė: "Tegul Dievas padaro man tai ir dar daugiau, jei Šafato sūnaus Eliziejaus galva šiandien pasiliks ant jo pečių".32 Karalius pasiuntė vyrą pas Eliziejų, kuris tuo laiku sėdėjo savo namuose su vyresniaisiais. Eliziejus tarė vyresniesiems, prieš pasiuntiniui ateinant: "Ar matote, šitas žmogžudžio sūnus pasiuntė vyrą, kad nukirstų man galvą? Pamatę pasiuntinį ateinant, užrakinkite duris ir tvirtai laikykite, nes ir jo valdovą tuoj pamatysite".33 Jam kalbant su jais, atėjo pasiuntinys ir tarė: "Šita nelaimė yra iš Viešpaties! Tai ko man dar laukti iš Viešpaties?"

Veja também

Publicidade
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-