1 En Na„man, die leërowerste van die koning van Aram, was 'n groot man voor sy heer en hoog in aansien; want deur hom het die HERE aan die Arameërs 'n oorwinning gegee; en die man was 'n dapper held, maar melaats.2 En die Arameërs het in bendes uitgetrek en uit die land van Israel 'n klein dogtertjie as gevangene weggevoer wat in diens van Na„man se vrou gekom het.3 En sy het vir haar meesteres gesê: Ag, was my heer maar net by die profeet wat in Samar¡a is, dan sou hy sy melaatsheid wegneem.4 Toe gaan hy in en gee dit aan sy heer te kenne en sê: So en so het die dogtertjie gespreek wat uit die land van Israel kom.5 En die koning van Aram sê: Gaan dan, ek wil 'n brief aan die koning van Israel stuur. En hy het gegaan en tien talente silwer en ses duisend sikkels goud en tien stel klere saam met hom geneem,6 en aan die koning van Israel die brief gebring van die volgende inhoud: Saam met hierdie brief aan u stuur ek dan nou my dienaar Na„man na u toe, dat u sy melaatsheid kan wegneem.7 Sodra die koning van Israel die brief gelees het, skeur hy sy klere en sê: Is ek dan God, om dood en lewend te maak, dat hierdie man na my stuur om van 'n man sy melaatsheid weg te neem? Erken en sien tog net hoedat hy 'n geleentheid teen my soek.8 Maar toe El¡sa, die man van God, hoor dat die koning van Israel sy klere geskeur het, laat hy die koning weet: Waarom skeur u u klere? Laat hom maar na my kom; dan sal hy weet dat daar 'n profeet in Israel is.9 So het Na„man dan gekom met sy perde en met sy waens en voor die deur van El¡sa se huis stilgehou.10 Toe stuur El¡sa 'n boodskapper na hom om te sê: Gaan heen, was jou sewe maal in die Jordaan; dan sal jou vlees terugkeer, en jy sal rein wees.11 Maar Na„man het baie kwaad geword en weggegaan en gesê: Kyk, ek het gedink: Hy sal sekerlik na my uitkom en staan en die Naam van die HERE sy God aanroep en sy hand oor die plek heen en weer beweeg en die melaatsheid wegneem.12 Is Ab na en Farpar, die riviere van Damaskus, nie beter as al die waters van Israel nie? Kon ek my nie daarin was en rein word nie? En hy het omgedraai en vererg weggery.13 Toe kom sy dienaars nader en spreek met hom en sê: My vader, as die profeet u 'n groot saak beveel het, sou u dit nie doen nie? Hoeveel te meer nou dat hy u gesê het: Was jou, en jy sal rein word?14 Daarop het hy afgeklim en sewe maal in die Jordaan ondergeduik volgens die woord van die man van God, en sy vlees het teruggekeer soos die vlees van 'n jong seun, en hy het rein geword.15 Toe draai hy om na die man van God, hy en sy hele gevolg, en hy het ingekom en voor hom gaan staan en gesê: Kyk, nou weet ek dat daar geen God op die hele aarde is nie, behalwe in Israel. Neem dan nou tog 'n geskenk aan van u dienaar.16 Maar hy sê: So waar as die HERE leef voor wie se aangesig ek staan, ek sal dit nie aanneem nie! En hy het by hom aangehou om dit aan te neem, maar hy het geweier.17 En Na„man het gesê: So nie, laat dan tog aan u dienaar 'n vrag grond gegee word, soveel as 'n paar muile kan dra; want u dienaar sal nie meer brandoffer of slagoffer aan ander gode bring nie as net aan die HERE.18 Mag die HERE in hierdie saak u dienaar vergewe: as my heer in die huis van Rimmon ingaan om hom daar neer te buig, terwyl hy op my hand leun, sodat ek my ook in die huis van Rimmon neerbuig -- as ek my neerbuig in die huis van Rimmon, mag die HERE dan tog in hierdie saak u dienaar vergewe.19 En hy sê vir hom: Gaan in vrede! Nadat hy 'n ent pad van hom weggetrek het,20 sê Geh si, die dienaar van El¡sa, die man van God: Kyk, my heer het hierdie Arameër Na„man verskoon deur nie uit sy hand aan te neem wat hy gebring het nie. So waar as die HERE leef, sekerlik sal ek agter hom aan loop en iets van hom aanneem.21 So het Geh si dan Na„man haastig gevolg. En toe Na„man een agter hom aan sien hardloop, het hy van die wa afgespring hom tegemoet en gesê: Gaan dit goed?22 En hy antwoord: Dit gaan goed; my heer stuur my om te sê: Kyk, daar het nou net twee jongmanne, profete-seuns, van die gebergte van Efraim af, na my gekom. Gee aan hulle tog 'n talent silwer en twee stel klere.23 En Na„man sê: Neem asseblief twee talente! En hy het by hom aangehou en twee talente silwer in twee geldsakke toegebind en dit saam met twee stel klere aan twee van sy dienaars gegee, wat dit voor hom uit gedra het.24 En toe hy by die heuwel aankom, het hy dit uit hulle hand geneem en in die huis in bewaring gegee en die manne laat gaan; en hulle het weggegaan.25 Toe hy dan inkom en by sy heer staan, sê El¡sa vir hom: Vanwaar, Geh si? En hy antwoord: U dienaar het nêrens heengegaan nie.26 Maar hy sê vir hom: Het my hart nie saamgegaan toe 'n man van sy wa af omgedraai het jou tegemoet nie? Is dit tyd om die silwer te neem en om klere te neem en olyfbome en wingerde en kleinvee en beeste en slawe en slavinne?27 Daarom sal die melaatsheid van Na„man jou en jou nageslag vir ewig aanklewe. En hy het van hom uitgegaan melaats, soos sneeu.
1 Sirijos karaliaus kariuomenės vadas Naamanas buvo didis žmogus pas savo valdovą ir gerbiamas, nes Viešpats per jį suteikė išlaisvinimą Sirijai. Jis buvo narsus karys, tačiau sirgo raupsais.2 Sirai, kartą išėję būriais, parsivedė iš Izraelio į nelaisvę jauną mergaitę; ji tarnavo Naamano žmonai.3 Kartą ji tarė savo šeimininkei: "Jei mano valdovas būtų Samarijoje, tai pranašas pagydytų jį nuo raupsų".4 Atėjęs pas savo valdovą, Naamanas pasakė, ką mergaitė iš Izraelio kalbėjo jo žmonai.5 Sirijos karalius jam tarė: "Gerai, eik! O aš pasiųsiu Izraelio karaliui laišką". Jis pasiėmė dešimtį talentų sidabro, šešis tūkstančius šekelių aukso, dešimt išeiginių drabužių ir išėjo.6 Jis nunešė Izraelio karaliui laišką, kuriame buvo parašyta: "Kartu su šituo laišku siunčiu pas tave savo tarną Naamaną, kad jį pagydytum nuo raupsų".7 Izraelio karalius, perskaitęs laišką, perplėšė savo drabužius ir tarė: "Argi aš Dievas, kad gyvybė ir mirtis būtų mano rankose? Jis siunčia pas mane, kad pagydyčiau vyrą nuo raupsų! Pagalvokite ir matykite, kaip jis ieško priekabių prie manęs".8 Dievo vyras Eliziejus, išgirdęs, kad Izraelio karalius perplėšė savo drabužius, siuntė pas karalių, sakydamas: "Kodėl perplėšei savo drabužius? Tegul jis ateina pas mane ir jis sužinos, kad Izraelyje yra pranašas".9 Naamanas atvyko su žirgais bei vežimais ir sustojo prie Eliziejaus namų durų.10 Eliziejus siuntė pas Naamaną savo tarną, sakydamas: "Eik ir apsiplauk septynis kartus Jordane, tavo kūnas atsinaujins ir bus švarus".11 Naamanas supyko ir nuėjo, sakydamas: "Aš galvojau, kad jis išeis, atsistos, šauksis Viešpaties, savo Dievo, vardo, uždės ranką ant raupsuotų vietų ir taip pagydys nuo raupsų.12 Argi Damasko upių Abanos ir Parparo vanduo ne geresnis už visus Izraelio vandenis? Argi negalėčiau juose apsiplauti ir tapti švarus?" Jis apsigręžė ir nuėjo labai supykęs.13 Bet jo tarnai priartėję jam kalbėjo: "Jei pranašas tau būtų įsakęs atlikti kokį didelį dalyką, argi nebūtum daręs? Tuo labiau, kai jis sakė: ‘Apsiplauk ir būsi švarus’ ".14 Jis nuėjo prie Jordano ir pasinėrė jame septynis kartus, kaip Dievo vyras buvo liepęs. Jo kūnas pasidarė kaip mažo vaiko, ir jis tapo švarus.15 Jis ir visi jo palydovai sugrįžo pas Dievo vyrą. Atsistojęs prieš pranašą, jis tarė: "Dabar tikrai žinau, kad niekur kitur žemėje nėra Dievo, tik Izraelyje. Prašau, priimk dovaną iš savo tarno".16 Eliziejus atsakė: "Kaip gyvas Viešpats, kuriam aš tarnauju, nieko neimsiu". Nors Naamanas jį įkalbinėjo paimti, tačiau jis atsisakė.17 Tuomet Naamanas prašė: "Jeigu ne, tai, prašau, duok savo tarnui tiek žemės, kiek gali panešti pora mulų, nes tavo tarnas daugiau nebeaukos deginamųjų ir kitų aukų jokiam dievui, tik Viešpačiui.18 Tik norėčiau, kad Viešpats man atleistų nusikaltimą, kai aš vesiu savo valdovą į Rimono namus pagarbinti ir kartu su juo nusilenksiu Rimonui".19 Eliziejus jam tarė: "Eik ramybėje". Jam paėjus nuo jo gerą kelio galą,20 Dievo vyro Eliziejaus tarnas Gehazis pagalvojo: "Mano viešpats pasigailėjo siro Naamano ir nepriėmė iš jo to, ką jis atnešė. Kaip gyvas Viešpats, aš bėgsiu paskui jį ir paimsiu iš jo ką nors".21 Gehazis nusivijo Naamaną. Naamanas, pamatęs atbėgantį vyrą jam iš paskos, nušoko nuo vežimo ir klausė: "Ar viskas gerai?"22 Tas atsakė: "Viskas gerai! Mano viešpats pasiuntė mane, sakydamas: ‘Ką tik atėjo du pranašų sūnūs iš Efraimo kalnų. Prašau, duok jiems talentą sidabro ir du išeiginius drabužius’ ".23 Naamanas atsakė: "Paimk du talentus". Jis įkalbinėjo, įrišo du talentus sidabro į du maišus, taip pat du išeiginius drabužius ir padavė dviem tarnams, kurie nunešė pirma jo.24 Atėjęs prie kalvos, Gehazis paėmė iš jų maišus ir padėjo juos savo namuose. Po to jis paleido vyrus, ir jie grįžo.25 Gehazis atėjo pas Eliziejų, kuris paklausė: "Iš kur ateini, Gehazi?" Tas atsakė: "Tavo tarnas niekur nebuvo išėjęs".26 Bet jis jam atsakė: "Argi mano širdis nebuvo su tavimi, kai vyras iššoko iš vežimo tavęs pasitikti? Ar dabar metas paimti pinigus ir drabužius, alyvų sodus ir vynuogynus, avis ir galvijus, tarnus ir tarnaites?27 Todėl ir Naamano raupsai prilips tau ir tavo palikuonims per amžius". Jis išėjo nuo jo raupsuotas kaip sniegas.