1 Maar Job het geantwoord en gesê:
2 Waarlik, ja, julle is die regte mense, en saam met julle sterf die wysheid uit!
3 Ook ek het verstand soos julle; ek staan nie vir julle terug nie; en wie weet sulke dinge nie?
4 Ek moet 'n belagging wees vir my vriend, ek wat God aangeroep en verhoring gevind het -- 'n belagging is die regverdige, die opregte!
5 Vir die ongeluk is daar veragting volgens die gedagte van hom wat lekker lewe; dit staan klaar vir hulle wie se voet wankel.
6 Rustig staan die tente van die verwoesters, en sekerheid is die deel van hulle wat God vertoorn, van hom wat sy god in sy hand dra.
7 Maar vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voëls van die hemel, dat hulle jou te kenne gee;
8 of spreek die aarde aan, dat dit jou leer, en laat die visse van die see jou vertel.
9 Wie weet nie deur al hierdie dinge dat die hand van die HERE dit gemaak het nie?
10 In wie se hand die siel is van alles wat leef, en die gees van alle menslike vlees.
11 Moet die oor nie woorde toets soos die verhemelte spys proe nie?
12 By die grysaards is wysheid, en in lengte van dae is verstand.
13 By Hom is wysheid en mag; Hy het raad en verstand.
14 Kyk, Hy breek af, en daar word nie opgebou nie; Hy sluit 'n man as gevangene op, en daar word nie oopgemaak nie.
15 Kyk, Hy hou die waters terug, en hulle verdroog; ook laat Hy hulle los, en hulle keer die aarde om.
16 By Hom is krag en beleid; syne is die verdwaalde en hy wat laat dwaal.
17 Hy voer raadsmanne uitgeplunder weg, en regters maak Hy tot dwase.
18 Hy maak die band los waar konings mee bind, en bind 'n lyfdoek om hulle heupe.
19 Hy voer priesters uitgeplunder weg en bring wie vasstaan, tot 'n val.
20 Hy neem die spraak van die betroubare mense weg en beroof die ou mense van hul oordeel.
21 Hy stort veragting uit oor die edeles en maak die gordel van die magtiges slap.
22 Hy openbaar dieptes uit die duisternis uit, en doodskaduwee bring Hy uit in die lig.
23 Hy maak nasies groot en laat hulle omkom; Hy brei nasies uit en voer hulle weg.
24 Hy neem die verstand weg van die volkshoofde van die land en laat hulle ronddwaal in 'n wildernis, sonder pad.
25 Hulle tas in die duisternis, sonder lig; en Hy laat hulle ronddwaal soos 'n dronk man.
1 Und Hiob antwortete und sprach:
2 Wahrlich, ihr seit Leute, und mit euch wird die Weisheit aussterben!
3 Auch ich habe Verstand wie ihr und bin nicht weniger als ihr, und wer wüßte solches nicht!
4 Zum Gespött bin ich meinem Freunde, der ich zu Gott rief und von ihm erhört wurde; der unschuldige Gerechte wird zum Gespött.
5 Dem Unglück Verachtung! das ist die Ansicht des Sicheren; sie ist bereit für die, deren Fuß ins Wanken kommt.
6 Den Räubern werden die Zelte in Ruhe gelassen; sie reizen Gott, und es geht ihnen wohl; sie führen ihren Gott in ihrer Faust.
7 Aber frage doch das Vieh, es wird dich belehren, und die Vögel des Himmels tun dir's kund.
8 Das Kraut des Feldes lehrt dich, und die Fische im Meer erzählen es.
9 Wer unter allen diesen wüßte nicht, daß die Hand des HERRN solches gemacht hat,
10 daß in seiner Hand die Seele alles Lebendigen und der Geist jedes menschlichen Fleisches ist?
11 Prüft nicht das Ohr die Rede, wie der Gaumen die Speise schmeckt?
12 Wohnt bei den Greisen die Weisheit und bei den Betagten der Verstand?
13 Bei Ihm ist Weisheit und Stärke, Sein ist Rat und Verstand!
14 Siehe, was er niederreißt, wird nicht aufgebaut; wen er einsperrt, der wird nicht frei.
15 Stellt er die Gewässer ab, so vertrocknen sie; läßt er sie los, so verwüsten sie das Land.
16 Bei ihm ist Macht und Verstand; sein ist, der irrt und der irreführt.
17 Er führt die Räte beraubt hinweg und macht die Richter zu Narren.
18 Die Herrschaft der Könige löst er auf und schlingt eine Fessel um ihre Lenden.
19 Er führt die Priester beraubt hinweg und stürzt die Festgegründeten um.
20 Er nimmt den Wohlbewährten die Sprache weg und raubt den Alten den Verstand.
21 Er schüttet Verachtung über die Edeln und löst den Gürtel der Starken auf.
22 Er enthüllt, was im Finstern verborgen liegt, und zieht den Todesschatten ans Licht.
23 Er vermehrt Völker, und er vernichtet sie; er breitet sie aus, und er führt sie weg.
24 Den Häuptern des Volkes im Lande nimmt er den Verstand und läßt sie irren in pfadloser Wüste;
25 sie tappen in Finsternis ohne Licht, er macht sie schwanken wie Trunkene.