18 Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het.

19 As almal een lid was, waar sou die liggaam wees?

20 Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam.

21 En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie.

22 Maar veel eerder is die lede van die liggaam noodsaaklik wat die swakste lyk;

23 en die lede van die liggaam wat vir ons minder eerbaar lyk, beklee ons met oorvloediger eer, en so het ons onsierlike lede oorvloediger sierlikheid,