1 Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.

2 Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie.

3 En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou.

4 Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.

5 Want ons verwag deur die Gees uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop.

6 Want in Christus Jesus het n•g die besnydenis n•g die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk.