Dood van Saul en sy drie seuns.
1 EN die Filistyne het teen Israel geveg, en die manne van Israel het vir die Filistyne weggevlug, en gesneuweldes het op die gebergte Gilbóa gelê.
2 En die Filistyne het Saul en sy seuns agternagesit, en die Filistyne het Jónatan en Abinádab en Malkisúa, die seuns van Saul, gedood.
3 En toe die geveg swaar word teen Saul en die boogskutters hom aantref, het hy gebewe van angs vir die skutters.
4 En Saul het aan sy wapendraer gesê: Trek jou swaard uit en deurboor my daarmee; anders kom hierdie onbesnedenes en dryf die spot met my. Maar sy wapendraer wou nie, omdat hy baie bevrees was. Daarop neem Saul die swaard en val daarin.
5 Toe sy wapendraer sien dat Saul dood was, val hy self ook in die swaard, sodat hy gesterf het.
6 So het Saul en sy drie seuns dan gesterwe; en sy hele huis, almal saam, het gesterwe.
7 Toe al die manne van Israel wat in die vlakte was, sien dat hulle gevlug het, en dat Saul en sy seuns dood was, het hulle hul stede verlaat en gevlug; en die Filistyne het gekom en daarin gaan woon.
8 En toe die Filistyne die volgende dag kom om die gesneuweldes te plunder, vind hulle Saul en sy seuns nog daar lê op die gebergte Gilbóa.
9 En hulle het hom uitgetrek en sy hoof en sy wapens saamgeneem en dit in die land van die Filistyne rondgestuur om die blye boodskap vir hulle afgode en vir die volk te bring.
10 Daarna het hulle sy wapens in die huis van hulle god neergelê en sy hoofskedel in die huis van Dagon vasgeslaan.
11 Toe die hele Jabes in Gílead hoor alles wat die Filistyne aan Saul gedoen het,
12 het al die dapper manne hulle gereedgemaak en die lyk van Saul en die lyke van sy seuns saamgeneem en dit na Jabes gebring en hulle bene begrawe onder die terpentynboom in Jabes, en sewe dae lank gevas.
13 En Saul het gesterwe weens ontrou wat hy teen die Here begaan het, weens die woord van die Here wat hy nie gehou het nie; en ook omdat hy die gees van 'n afgestorwene om inligting gevra het,
14 maar die Here nie geraadpleeg het nie. Daarom het Hy hom omgebring en die koningskap laat oorgaan op Dawid, die seun van Ísai.
1 Now the Philistines fought against Israel: and the men of Israel fled from before the Philistines, and fell down slain in mount Gilboa. 2 And the Philistines followed hard after Saul and after his sons; and the Philistines slew Jonathan, and Abinadab, and Malchi-shua, the sons of Saul. 3 And the battle went sore against Saul, and the archers overtook him; and he was distressed by reason of the archers. 4 Then said Saul unto his armor-bearer, Draw thy sword, and thrust me through therewith, lest these uncircumcised come and abuse me. But his armor-bearer would not; for he was sore afraid. Therefore Saul took his sword, and fell upon it. 5 And when his armor-bearer saw that Saul was dead, he likewise fell upon his sword, and died. 6 So Saul died, and his three sons; and all his house died together.
7 And when all the men of Israel that were in the valley saw that they fled, and that Saul and his sons were dead, they forsook their cities, and fled; and the Philistines came and dwelt in them. 8 And it came to pass on the morrow, when the Philistines came to strip the slain, that they found Saul and his sons fallen in mount Gilboa. 9 And they stripped him, and took his head, and his armor, and sent into the land of the Philistines round about, to carry the tidings unto their idols, and to the people. 10 And they put his armor in the house of their gods, and fastened his head in the house of Dagon. 11 And when all Jabesh-gilead heard all that the Philistines had done to Saul, 12 all the valiant men arose, and took away the body of Saul, and the bodies of his sons, and brought them to Jabesh, and buried their bones under the oak in Jabesh, and fasted seven days.
13 So Saul died for his trespass which he committed against Jehovah, because of the word of Jehovah, which he kept not; and also for that he asked counsel of one that had a familiar spirit, to inquire thereby, 14 and inquired not of Jehovah: therefore he slew him, and turned the kingdom unto David the son of Jesse.
Domínio Público. Esta tradução bíblica de domínio público é trazida a você por cortesia de eBible.org.