Inwoners van Jerusalem ná die terugkoms uit die Babiloniese ballingskap.
1 EN die hele Israel is in geslagsregisters opgeneem, en kyk, hulle is opgeskrywe in die boek van die konings van Israel. En die mense van Juda is in ballingskap na Babel weggevoer vanweë hulle ontrou.
2 En die wat vroeër in hulle besitting, in hulle stede gaan woon het, was: Israeliete, die priesters, die Leviete en die tempelbediendes.
3 En in Jerusalem het gewoon van die seuns van Juda en van die seuns van Benjamin en van die seuns van Efraim en Manasse:
4 Útai, die seun van Ammíhud, die seun van Omri, die seun van Imri, die seun van Bani, van die seuns van Peres, die seun van Juda;
5 en van die Siloniete: Asája, die eersgeborene, en sy seuns;
6 en van die seuns van Serag: Jehúel en hulle broers, seshonderd-en-negentig;
7 en van die seuns van Benjamin: Sallu, die seun van Mesúllam, die seun van Hodáwja, die seun van Hassenúa,
8 en Jíbneja, die seun van Jeróham, en Ela, die seun van Ussi, die seun van Migri, en Mesúllam, die seun van Sefátja, die seun van Réhuel, die seun van Jíbneja;
9 en hulle broers volgens hulle afstamming, negehonderd-ses-en-vyftig; al hierdie manne was familiehoofde van hulle families;
10 en van die priesters: Jedája en Jójarib en Jagin,
11 en Asárja, die seun van Hilkía, die seun van Mesúllam, die seun van Sadok, die seun van Mérajot, die seun van Ahítub, die vors oor die huis van God;
12 en Adája, die seun van Jeróham, die seun van Pasgur, die seun van Malkía, en Máesai, die seun van Ádiël, die seun van Jagséra, die seun van Mesúllam, die seun van Mesíllemit, die seun van Immer;
13 en hulle broers, hoofde van hulle families, sewentienhonderd-en-sestig, dapper manne in die dienswerk van die huis van God;
14 en van die Leviete: Semája, die seun van Hassub, die seun van Asríkam, die seun van Hasábja, van die seuns van Merári;
15 en Bákbakkar, Heres en Galal en Mattánja, die seun van Miga, die seun van Sigri, die seun van Asaf;
16 en Obádja, die seun van Semája, die seun van Galal, die seun van Jedútun; en Berégja, die seun van Asa, die seun van Élkana wat in die dorpe van die Netofatiete gewoon het.
17 En die poortwagters was: Sallum en Akkub en Talmon en Ahíman en hulle broers; Sallum was die hoof,
18 en tot nou toe is hy in die koningspoort teen die ooste; hulle was die poortwagters van die laers van die seuns van Levi.
19 En Sallum, die seun van Korē, die seun van Ébjasaf, die seun van Korag, en sy broers uit sy familie, die Koragiete, was oor die dienswerk, as drumpelwagters van die tent, omdat hulle vaders by die laer van die Here die ingang bewaak het.
20 En Pínehas, die seun van Eleásar, was vroeër bevelhebber oor hulle. Mag die Here met hom wees!
21 Sagaría, die seun van Meselémja, was poortwagter by die ingang van die tent van samekoms.
22 Hulle almal wat as drumpelwagters uitgesoek was, was tweehonderd-en-twaalf; hulle is in hul dorpe in die geslagsregister opgeneem. Dawid en die siener Samuel het hulle in hul ampsplig bevestig.
23 En hulle met hul seuns was aangestel oor die poorte van die huis van die Here, van die tenthuis, om wag te hou.
24 Die poortwagters moes aan die vier windstreke wees, na die ooste, weste, noorde en suide toe.
25 En hulle broers, in hulle dorpe, moes van tyd tot tyd vir sewe dae saam met hulle inkom.
26 Want in die ampsplig het hulle, die vier owerstes van die deurwagters, gestaan. Van die Leviete was oor die kamers en oor die skatte van die huis van God.
27 En hulle moes in die nag rondom die huis van God bly, want hulle het die wag gehad en moes elke môre oopsluit.
28 En sommige van hulle was aangestel oor die gereedskap van die diens; want hulle moes dit voltallig inbring en voltallig uitbring.
29 En sommige van hulle was aangestel oor die gereedskappe en oor al die heilige voorwerpe en oor die fynmeel en die wyn en die olie en die wierook en die speserye.
30 En van die seuns van die priesters was daar mengers van salf uit speserye.
31 En Mattítja, uit die Leviete, wat die eersgeborene van die Koragiet Sallum was, het amptelik die toesig oor die bakwerk gehad.
32 En van die kinders van die Kehatiete, van hulle broers, moes sorg vir die toonbrode om dit elke sabbat klaar te maak.
33 En dit was die sangers, hoofde van families van die Leviete, in die kamers, vry van ander diens; want hulle was dag en nag in hul dienswerk besig.
34 Dit was die hoofde van families van die Leviete, hoofde volgens hulle afstamming; hulle het in Jerusalem gewoon.
35 En in Gíbeon het die vader van Gíbeon, Jeï-el, gewoon; en die naam van sy vrou was Máäga.
36 En Abdon was sy eersgebore seun, dan Sur en Kis en Baäl en Ner en Nadab
37 en Gedor en Agjo en Sagaría en Miklot.
38 En Miklot was die vader van Símeam; en hulle het ook teenoor hulle broers in Jerusalem saam met hulle broers gewoon.
39 En Ner was die vader van Kis, en Kis van Saul, en Saul van Jónatan en Malkisúa en Abinádab en Esbáäl.
40 En die seun van Jónatan was Merib-baäl, en Merib-baäl was die vader van Miga.
41 En die seuns van Miga was: Piton en Meleg en Tagréa.
42 En Agas was die vader van Jaëra, en Jaëra van Alémet en Asmáwet en Simri; en Simri was die vader van Mosa;
43 en Mosa was die vader van Bínea; en sý seun was Refája, sý seun Eleása, sý seun Asel.
44 En Asel het ses seuns gehad, en dít is hulle name: Asríkam, Bogru en Ismael en Seárja en Obádja en Hanan; dit was die seuns van Asel.
1 So all Israel were reckoned by genealogies; and, behold, they are written in the book of the kings of Israel. And Judah was carried away captive to Babylon for their transgression. 2 Now the first inhabitants that dwelt in their possessions in their cities were Israel, the priests, the Levites, and the Nethinim. 3 And in Jerusalem dwelt of the children of Judah, and of the children of Benjamin, and of the children of Ephraim and Manasseh: 4 Uthai the son of Ammihud, the son of Omri, the son of Imri, the son of Bani, of the children of Perez the son of Judah. 5 And of the Shilonites: Asaiah the first-born, and his sons. 6 And of the sons of Zerah: Jeuel, and their brethren, six hundred and ninety. 7 And of the sons of Benjamin: Sallu the son of Meshullam, the son of Hodaviah, the son of Hassenuah, 8 and Ibneiah the son of Jeroham, and Elah the son of Uzzi, the son of Michri, and Meshullam the son of Shephatiah, the son of Reuel, the son of Ibnijah; 9 and their brethren, according to their generations, nine hundred and fifty and six. All these men were heads of fathers’ houses by their fathers’ houses.
10 And of the priests: Jedaiah, and Jehoiarib, Jachin, 11 and Azariah the son of Hilkiah, the son of Meshullam, the son of Zadok, the son of Meraioth, the son of Ahitub, the ruler of the house of God; 12 and Adaiah the son of Jeroham, the son of Pashhur, the son of Malchijah, and Maasai the son of Adiel, the son of Jahzerah, the son of Meshullam, the son of Meshillemith, the son of Immer; 13 and their brethren, heads of their fathers’ houses, a thousand and seven hundred and threescore; very able men for the work of the service of the house of God.
14 And of the Levites: Shemaiah the son of Hasshub, the son of Azrikam, the son of Hashabiah, of the sons of Merari; 15 and Bakbakkar, Heresh, and Galal, and Mattaniah the son of Mica, the son of Zichri, the son of Asaph, 16 and Obadiah the son of Shemaiah, the son of Galal, the son of Jeduthun, and Berechiah the son of Asa, the son of Elkanah, that dwelt in the villages of the Netophathites.
17 And the porters: Shallum, and Akkub, and Talmon, and Ahiman, and their brethren (Shallum was the chief), 18 who hitherto waited in the king’s gate eastward: they were the porters for the camp of the children of Levi. 19 And Shallum the son of Kore, the son of Ebiasaph, the son of Korah, and his brethren, of his father’s house, the Korahites, were over the work of the service, keepers of the thresholds of the tent: and their fathers had been over the camp of Jehovah, keepers of the entry. 20 And Phinehas the son of Eleazar was ruler over them in time past, and Jehovah was with him. 21 Zechariah the son of Meshelemiah was porter of the door of the tent of meeting. 22 All these that were chosen to be porters in the thresholds were two hundred and twelve. These were reckoned by genealogy in their villages, whom David and Samuel the seer did ordain in their office of trust. 23 So they and their children had the oversight of the gates of the house of Jehovah, even the house of the tent, by wards. 24 On the four sides were the porters, toward the east, west, north, and south. 25 And their brethren, in their villages, were to come in every seven days from time to time to be with them: 26 for the four chief porters, who were Levites, were in an office of trust, and were over the chambers and over the treasuries in the house of God. 27 And they lodged round about the house of God, because the charge thereof was upon them; and to them pertained the opening thereof morning by morning.
28 And certain of them had charge of the vessels of service; for by count were these brought in and by count were these taken out. 29 Some of them also were appointed over the furniture, and over all the vessels of the sanctuary, and over the fine flour, and the wine, and the oil, and the frankincense, and the spices. 30 And some of the sons of the priests prepared the confection of the spices. 31 And Mattithiah, one of the Levites, who was the first-born of Shallum the Korahite, had the office of trust over the things that were baked in pans. 32 And some of their brethren, of the sons of the Kohathites, were over the showbread, to prepare it every sabbath.
33 And these are the singers, heads of fathers’ houses of the Levites, who dwelt in the chambers and were free from other service; for they were employed in their work day and night. 34 These were heads of fathers’ houses of the Levites, throughout their generations, chief men: these dwelt at Jerusalem.
35 And in Gibeon there dwelt the father of Gibeon, Jeiel, whose wife’s name was Maacah; 36 and his first-born son Abdon, and Zur, and Kish, and Baal, and Ner, and Nadab, 37 and Gedor, and Ahio, and Zechariah, and Mikloth. 38 And Mikloth begat Shimeam. And they also dwelt with their brethren in Jerusalem, over against their brethren. 39 And Ner begat Kish; and Kish begat Saul; and Saul begat Jonathan, and Malchishua, and Abinadab, and Eshbaal. 40 And the son of Jonathan was Merib-baal; and Merib-baal begat Micah. 41 And the sons of Micah: Pithon, and Melech, and Tahrea, and Ahaz. 42 And Ahaz begat Jarah; and Jarah begat Alemeth, and Azmaveth, and Zimri; and Zimri begat Moza; 43 and Moza begat Binea; and Rephaiah his son, Eleasah his son, Azel his son. 44 And Azel had six sons, whose names are these: Azrikam, Bocheru, and Ishmael, and Sheariah, and Obadiah, and Hanan: these were the sons of Azel.
Domínio Público. Esta tradução bíblica de domínio público é trazida a você por cortesia de eBible.org.