Dawid maak toebereidsels vir die tempelbou.
1 EN Dawid het gesê: Dit is die huis van die Here God, en dit is die brandofferaltaar vir Israel.
2 En Dawid het bevel gegee om die vreemdelinge wat in die land van Israel was, te versamel, en hy het klipkappers aangestel om gekapte klippe reg te slaan om die huis van God te bou.
3 En Dawid het yster in groot hoeveelheid byeengebring as spykers vir die poortdeure en as kramme, en koper in menigte, onweegbaar;
4 verder sederblokke, ontelbaar; want die Sidoniërs en die Tiriërs het vir Dawid sederblokke in menigte gebring.
5 Want Dawid het gesê: My seun Salomo is jonk en teer, en die huis wat vir die Here gebou moet word, moet buitengewoon groot wees, tot 'n roem en 'n sieraad van al die lande; laat my dan vir hom die bou voorberei. Daarom het Dawid voor sy dood groot toebereidsels gemaak.
6 Daarop het hy sy seun Salomo geroep en hom bevel gegee om 'n huis vir die Here, die God van Israel, te bou.
7 En Dawid het aan Salomo gesê: My seun, ek self het my voorgeneem om 'n huis te bou vir die Naam van die Here my God.
8 Maar die woord van die Here het tot my gekom en gesê: Jy het bloed in menigte vergiet en groot oorloë gevoer: jy mag nie vir my Naam 'n huis bou nie, omdat jy baie bloed op die aarde voor my aangesig vergiet het.
9 Kyk, 'n seun sal vir jou gebore word; hý sal 'n man van rus wees, en Ek sal hom rus verskaf van al sy vyande rondom; want Salomo sal sy naam wees, en vrede en rus sal Ek oor Israel in sy dae gee.
10 Hý sal vir my Naam 'n huis bou, en hý sal vir My 'n seun wees, en Ek vir hom 'n Vader; en Ek sal die troon van sy koningskap oor Israel bevestig tot in ewigheid.
11 Nou, my seun, mag die Here met jou wees, dat jy voorspoedig kan wees om die huis van die Here jou God te bou soos Hy oor jou gespreek het.
12 Mag die Here jou net insig en verstand gee en jou aanstel oor Israel; en dit om die wet van die Here jou God te onderhou.
13 Dan sal jy voorspoedig wees as jy sorgvuldig die insettinge en verordeninge onderhou wat die Here aan Moses oor Israel beveel het; wees sterk en vol moed, wees nie bevrees en wees nie verskrik nie.
14 En kyk, deur my moeitevolle arbeid het ek vir die huis van die Here honderdduisend talente goud en 'n miljoen talente silwer gereed gelê, en die koper en die yster is onweegbaar; want dit is daar in groot hoeveelheid; en hout en klippe het ek in gereedheid gebring; en jy kan daar nog meer byvoeg.
15 Verder is daar by jou werksmense in menigte: klipkappers en ambagsmanne in klip en hout, en allerhande kunstenaars in allerhande werk.
16 Wat die goud, die silwer en die koper en die yster betref, dit is ontelbaar. Maak jou klaar en gaan aan die werk, en mag die Here met jou wees!
17 En Dawid het al die vorste van Israel bevel gegee om sy seun Salomo te help, en gesê:
18 Was die Here julle God nie met julle en het Hy julle nie rondom rus gegee nie? Ja, Hy het die inwoners van die land in my hand gegee, en die land is voor die aangesig van die Here en voor sy volk onderwerp.
19 Rig nou julle hart en julle siel daarop om die Here julle God te soek, en maak julle gereed en bou die heiligdom van die Here God, dat julle die verbondsark van die Here en die heilige voorwerpe van God kan bring in die huis wat vir die Naam van die Here gebou sal word.
1 Then David said, This is the house of Jehovah God, and this is the altar of burnt-offering for Israel.
2 And David commanded to gather together the sojourners that were in the land of Israel; and he set masons to hew wrought stones to build the house of God. 3 And David prepared iron in abundance for the nails for the doors of the gates, and for the couplings; and brass in abundance without weight; 4 and cedar-trees without number: for the Sidonians and they of Tyre brought cedar-trees in abundance to David. 5 And David said, Solomon my son is young and tender, and the house that is to be builded for Jehovah must be exceeding magnificent, of fame and of glory throughout all countries: I will therefore make preparation for it. So David prepared abundantly before his death.
6 Then he called for Solomon his son, and charged him to build a house for Jehovah, the God of Israel. 7 And David said to Solomon his son, As for me, it was in my heart to build a house unto the name of Jehovah my God. 8 But the word of Jehovah came to me, saying, Thou hast shed blood abundantly, and hast made great wars: thou shalt not build a house unto my name, because thou hast shed much blood upon the earth in my sight. 9 Behold, a son shall be born to thee, who shall be a man of rest; and I will give him rest from all his enemies round about; for his name shall be Solomon, and I will give peace and quietness unto Israel in his days. 10 He shall build a house for my name; and he shall be my son, and I will be his father; and I will establish the throne of his kingdom over Israel for ever. 11 Now, my son, Jehovah be with thee; and prosper thou, and build the house of Jehovah thy God, as he hath spoken concerning thee. 12 Only Jehovah give thee discretion and understanding, and give thee charge concerning Israel; that so thou mayest keep the law of Jehovah thy God. 13 Then shalt thou prosper, if thou observe to do the statutes and the ordinances which Jehovah charged Moses with concerning Israel: be strong, and of good courage; fear not, neither be dismayed. 14 Now, behold, in my affliction I have prepared for the house of Jehovah a hundred thousand talents of gold, and a thousand thousand talents of silver, and of brass and iron without weight; for it is in abundance: timber also and stone have I prepared; and thou mayest add thereto. 15 Moreover there are workmen with thee in abundance, hewers and workers of stone and timber, and all men that are skilful in every manner of work: 16 of the gold, the silver, and the brass, and the iron, there is no number. Arise and be doing, and Jehovah be with thee.
17 David also commanded all the princes of Israel to help Solomon his son, saying, 18 Is not Jehovah your God with you? and hath he not given you rest on every side? for he hath delivered the inhabitants of the land into my hand; and the land is subdued before Jehovah, and before his people. 19 Now set your heart and your soul to seek after Jehovah your God; arise therefore, and build ye the sanctuary of Jehovah God, to bring the ark of the covenant of Jehovah, and the holy vessels of God, into the house that is to be built to the name of Jehovah.
Domínio Público. Esta tradução bíblica de domínio público é trazida a você por cortesia de eBible.org.