Pular para o conteúdo
Publicidade

1 Pedro 2

SYNOD

1 dan af alle boosheid en alle bedrog en geveinsdheid en afguns en alle kwaadpratery;

2 en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei,

3 as julle ten minste gesmaak het dat die Here goedertieren is.

4 Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is;

5 en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot 'n geestelike huis, 'n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.

6 Daarom staan dit ook in die Skrif: Kyk, Ek in Sion 'n uitverkore en kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie.

7 Vir julle dan wat glo, is Hy kosbaar; maar vir die ongelowiges geld die woord: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword; en: 'n Steen van aanstoot en 'n rots van struikeling

8 vir dié wat hulle daarteen stamp, omdat hulle aan die woord ongehoorsaam is, waarvoor hulle ook bestem is.

9 Maar julle is 'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige volk, 'n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,

10 julle wat vroeër geen volk was nie, maar nou die volk van God is; aan wie toe geen barmhartigheid bewys is nie, maar nou bewys is.

Die eerbare lewenswandel onder die heidene. Onderwerping aan die owerheid.

11 GELIEFDES, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel;

12 en hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, sodat as hulle van julle kwaad spreek soos van kwaaddoeners, hulle op grond van die goeie werke wat hulle aanskou, God kan verheerlik in die dag van besoeking.

13 Wees dan onderdanig aan elke menslike verordening ter wille van die Here of dit die koning is as opperheer,

14 of die goewerneurs as sy gesante, om wel kwaaddoeners te straf, maar die wat goed doen, te prys.

15 Want so is dit die wil van God dat julle deur goed te doen die onkunde van die dwase mense tot swye sal bring,

16 as vrymense en nie asof julle die vryheid het as 'n dekmantel vir die boosheid nie, maar as diensknegte van God.

17 Julle moet almal eer, die broederskap liefhê, God vrees, die koning eer.

Pligte van Christelike diensknegte.

18 DIENSKNEGTE, wees julle here onderdanig met alle vrees, nie alleen aan die wat goed en vriendelik is nie, maar ook aan die wat verkeerd is.

19 Want dit is genade as iemand, ter wille van die gewete voor God, leed verdra deur onregverdig te ly.

20 Want watter roem is daar as julle verdra wanneer julle sonde doen en geslaan word? Maar as julle verdra wanneer julle goed doen en ly dit is genade by God.

21 Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle 'n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg;

22 Hy wat geen sonde gedoen het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie;

23 wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel;

24 wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.

25 Want julle was soos dwalende skape, maar nou het julle teruggekeer na die Herder en Opsiener van julle siele.

1 Глава 2. [1]Кол 3:8.Евр 12:1. Итак, отложив всякую злобу и всякое коварство, и лицемерие, и зависть, и всякое злословие, 2 [2]Мф 18:3.Мк 10:14. как новорожденные младенцы, возлюби́те чистое словесное молоко, дабы от него возрасти вам во спасение; 3 [3]Пс 33:9. ибо вы вкусили, что благ Господь. 4 [4]Мф 16:18;21:42. Приступая к Нему, камню живому, человеками отверженному, но Богом избранному, драгоценному, 5 [5]Мал 1:11.Откр 1:6. и сами, как живые камни, устрояйте из себя дом духовный, священство святое, чтобы приносить духовные жертвы, благоприятные Богу Иисусом Христом. 6 [6]Ис 28:16.Рим 9:33. Ибо сказано в Писании: вот, Я полагаю в Сионе камень краеугольный, избранный, драгоценный; и верующий в Него не постыдится. 7 [7]Пс 117:22.Ис 8:14.Мф 21:42. Итак Он для вас, верующих, драгоценность, а для неверующих камень, который отвергли строители, но который сделался главою угла, камень претыкания и камень соблазна, 8 о который они претыкаются, не покоряясь слову, на что они и оставлены. 9 [9]Исх 19:6.Ис 61:6.Деян 26:18. Но вы род избранный, царственное священство, народ святой, люди, взятые в удел, дабы возвещать совершенства Призвавшего вас из тьмы в чудный Свой свет; 10 [10]Ос 2:23;1:10.Рим 9:25. некогда не народ, а ныне народ Божий; некогда непомилованные, а ныне помилованы. 11 [11]Пс 38:13.Рим 13:13.Гал 5:16. Возлюбленные! прошу вас, как пришельцев и странников, удаляться от плотских похотей, восстающих на душу, 12 [12]Мф 5:16. и провождать добродетельную жизнь между язычниками, дабы они за то, за что злословят вас, как злодеев, увидя добрые дела ваши, прославили Бога в день посещения. 13 [13]Рим 13:1.Тит 3:1. Итак будьте покорны всякому человеческому начальству, для Господа: царю ли, как верховной власти, 14 правителям ли, как от него посылаемым для наказания преступников и для поощрения делающих добро, 15 ибо такова есть воля Божия, чтобы мы, делая добро, заграждали уста невежеству безумных людей, 16 [16]Гал 5:13. как свободные, не как употребляющие свободу для прикрытия зла, но как рабы Божии. 17 [17]1 Пет 1:22.Рим 12:10. Всех почитайте, братство любите, Бога бойтесь, царя чтите.

18 Слуги, со всяким страхом повинуйтесь господам, не только добрым и кротким, но и суровым. 19 [19]Мф 5:10. Ибо то угодно Богу, если кто, помышляя о Боге, переносит скорби, страдая несправедливо. 20 [20]1 Пет 3:14;4:14. Ибо что за похвала, если вы терпите, когда вас бьют за проступки? Но если, делая добро и страдая, терпите, это угодно Богу. 21 [21]Мф 16:24.Флп 2:5. Ибо вы к тому призваны, || потому что и Христос пострадал за нас, оставив нам пример, дабы мы шли по следам Его. 22 [22]Ис 53:9.1 Ин 3:5. Он не сделал никакого греха, и не было лести в устах Его. 23 [23]Ис 50:6;53:7. Будучи злословим, Он не злословил взаимно; страдая, не угрожал, но предавал то Судии Праведному. 24 [24]Мф 8:17.Рим 6:2. Он грехи наши Сам вознес телом Своим на древо, дабы мы, избавившись от грехов, жили для правды: ранами Его вы исцелились. 25 [25]Ис 53:4–6.Иез 34:5,23.Ин 10:11. Ибо вы были, как овцы блуждающие (не имея пастыря), но возвратились ныне к Пастырю и Блюстителю душ ваших.

Veja também

1 Pedro
Ver todos os capítulos de 1 Pedro