Die staf van Aäron.
1 DAARNA het die Here met Moses gespreek en gesê:
2 Spreek met die kinders van Israel en neem van hulle vir elke stam 'n staf, van al hulle owerstes volgens hulle stamme, twaalf stawwe; elkeen se naam moet jy skrywe op sy staf.
3 En Aäron se naam moet jy skrywe op die staf van Levi; want een staf moet daar wees vir hulle stamhoof.
4 En jy moet hulle wegsit in die tent van samekoms voor die Getuienis waar Ek met julle saamkom.
5 En die staf van die man wat Ek uitkies, sal bloei; en Ek sal die murmureringe van die kinders van Israel wat hulle teen julle murmureer, stilmaak teenoor My.
6 Daarop het Moses met die kinders van Israel gespreek; en al hulle owerstes het hom 'n staf gegee, vir elke owerste een volgens hulle stamme, twaalf stawwe. Aäron se staf was ook onder hulle stawwe.
7 En Moses het die stawwe voor die aangesig van die Here in die tent van die Getuienis neergesit.
8 En toe Moses die volgende dag in die tent van die Getuienis ingaan, kyk, daar het die staf van Aäron, vir die huis van Levi, gebloei: dit het bloeisels laat uitspruit en blomme laat oopgaan en amandels laat ryp word!
9 Toe bring Moses al die stawwe wat voor die aangesig van die Here was, na al die kinders van Israel toe uit; en hulle het dit gesien en elkeen sy staf geneem.
10 Daarop het die Here vir Moses gesê: Bring die staf van Aäron terug voor die Getuienis om dit te bewaar as teken vir die wederstrewiges, en bevry My eindelik van hulle murmureringe, dat hulle nie sterwe nie.
11 En Moses het dit gedoen; soos die Here hom beveel het, so het hy gedoen.
12 Toe het die kinders van Israel met Moses gespreek en gesê: Kyk, ons sterwe, ons vergaan, ons almal vergaan!
13 Elkeen wat enigsins nader kom na die tabernakel van die Here, sal sterwe. Is ons dan geheel en al daarvoor bestemd om weg te sterwe?
1 И сказал Господь Моисею, говоря: 2 скажи сынам Израилевым и возьми у них по жезлу от колена, от всех начальников их по коленам, двенадцать жезлов, и каждого имя напиши на жезле его; 3 имя Аарона напиши на жезле Левиином, ибо один жезл от начальника колена их [должны они дать]; 4 Глава 17. [4]Исх 25:22. и положи их в скинии собрания, пред ковчегом откровения, где являюсь Я вам; 5 и кого Я изберу, того жезл расцветет; и так Я успокою ропот сынов Израилевых, которым они ропщут на вас.
6 И сказал Моисей сынам Израилевым, и дали ему все начальники их, от каждого начальника по жезлу, по коленам их двенадцать жезлов, и жезл Ааронов был среди жезлов их. 7 И положил Моисей жезлы пред лицем Господа в скинии откровения. 8 [8]Евр 9:4.Ис 11:1. На другой день вошел Моисей [и Аарон] в скинию откровения, и вот, жезл Ааронов, от дома Левиина, расцвел, пустил почки, дал цвет и принес миндали. 9 И вынес Моисей все жезлы от лица Господня ко всем сынам Израилевым. И увидели они это и взяли каждый свой жезл.
10 [10]Евр 9:10. И сказал Господь Моисею: положи опять жезл Ааронов пред ковчегом откровения на сохранение, в знамение для непокорных, чтобы прекратился ропот их на Меня, и они не умирали. 11 Моисей сделал это; как повелел ему Господь, так он и сделал. 12 И сказали сыны Израилевы Моисею: вот, мы умираем, погибаем, все погибаем! 13 [13]Ис 64:12. всякий, приближающийся к скинии Господней, умирает: не придется ли всем нам умереть?