Die laerorde.
1 EN die Here het met Moses en Aäron gespreek en gesê:
2 Die kinders van Israel moet laer opslaan elkeen by sy vaandel by die veldtekens van hulle families; op 'n afstand rondom die tent van samekoms moet hulle laer opslaan.
3 En die wat aan die oostekant, teen sonop, laer opslaan, moet wees: die vaandel van die laer van Juda volgens hulle leërafdelings; en Nagson, die seun van Ammínadab, moet owerste oor die seuns van Juda wees.
4 En sy leër met hulle geteldes was vier-en-sewentigduisend-seshonderd.
5 En die wat langs hom laer opslaan, moet wees die stam van Íssaskar; en Netáneël, die seun van Suar, moet owerste oor die seuns van Íssaskar wees.
6 En sy leër met hulle geteldes was vier-en-vyftigduisend-vierhonderd.
7 Verder die stam van Sébulon; en Elíab, die seun van Helon, moet owerste oor die seuns van Sébulon wees.
8 En sy leër met sy geteldes was sewen-en-vyftigduisend-vierhonderd.
9 Al die geteldes in die laer van Juda was honderd-ses-en-tagtigduisend-vierhonderd volgens hulle leërafdelings. Hulle moet eerste opbreek.
10 Die vaandel van die laer van Ruben volgens hulle leërafdelings moet aan die suidekant wees; en Elísur, die seun van Sedéür, moet owerste oor die seuns van Ruben wees.
11 En sy leër met sy geteldes was ses-en-veertigduisend-vyfhonderd.
12 En die wat langs hom laer opslaan, moet wees die stam van Símeon; en Selúmiël, die seun van Surísaddai, moet owerste oor die seuns van Símeon wees.
13 En sy leër met hulle geteldes was negen-en-vyftigduisend-driehonderd.
14 Verder die stam van Gad; en Éljasaf, die seun van Réhuel, moet owerste oor die seuns van Gad wees.
15 En sy leër met hulle geteldes was vyf-en-veertigduisend-seshonderd-en-vyftig.
16 Al die geteldes in die laer van Ruben was honderd-een-en-vyftigduisend-vierhonderd-en-vyftig volgens hulle leërafdelings. En hulle moet tweede opbreek.
17 Daarna moet die tent van samekoms opbreek: die laer van die Leviete, tussen die ander laers in. Soos hulle laer opslaan, so moet hulle opbreek, elkeen op sy plek volgens hulle vaandels.
18 Die vaandel van die laer van Efraim volgens hulle leërafdelings moet aan die westekant wees; en Elisáma, die seun van Ammíhud, moet owerste oor die seuns van Efraim wees.
19 En sy leër met hulle geteldes was veertigduisend-vyfhonderd.
20 En langs hom die stam van Manasse; en Gámliël, die seun van Pedásur, moet owerste oor die seuns van Manasse wees.
21 En sy leër met hulle geteldes was twee-en-dertigduisend-tweehonderd.
22 Verder die stam van Benjamin; en Abídan, die seun van Gideóni, moet owerste oor die seuns van Benjamin wees.
23 En sy leër met hulle geteldes was vyf-en-dertigduisend-vierhonderd.
24 Al die geteldes in die laer van Efraim was honderd-en-agtduisend-eenhonderd volgens hulle leërafdelings. En hulle moet derde opbreek.
25 Die vaandel van die laer van Dan moet aan die noordekant wees volgens hulle leërafdelings: en Ahiëser, die seun van Ammísaddai, moet owerste oor die seuns van Dan wees.
26 En sy leër met hulle geteldes was twee-en-sestigduisend-sewehonderd.
27 En die wat langs hom laer opslaan, moet wees die stam van Aser; en Págiël, die seun van Ogran, moet owerste oor die seuns van Aser wees.
28 En sy leër met hulle geteldes was een-en-veertigduisend-vyfhonderd.
29 Verder die stam van Náftali; en Ahíra, die seun van Enan, moet owerste oor die seuns van Náftali wees.
30 En sy leër met hulle geteldes was drie-en-vyftigduisend-vierhonderd.
31 Al die geteldes in die laer van Dan was honderd-sewen-en-vyftigduisend-seshonderd. Hulle moet laaste opbreek volgens hulle vaandels.
32 Dit is die geteldes van die kinders van Israel volgens hulle families. Al die geteldes van die laers volgens hulle leërafdelings was seshonderd-en-drieduisend-vyfhonderd-en-vyftig.
33 Maar die Leviete is onder die kinders van Israel nie getel nie, soos die Here Moses beveel het.
34 En die kinders van Israel het gedoen net soos die Here Moses beveel het; so het hulle laer opgeslaan volgens hulle vaandels, en so het hulle opgebreek elkeen volgens sy geslagte, by sy families.
1 И сказал Господь Моисею и Аарону, говоря: 2 сыны Израилевы должны каждый ставить стан свой при знамени своем, при знаках семейств своих; пред скиниею собрания вокруг должны ставить стан свой. 3 Глава 2. [3]Чис 10:5. С передней стороны к востоку ставят стан: знамя стана Иудина по ополчениям их, и начальник сынов Иуды Наассон, сын Аминадава, 4 и воинства его, вошедших в исчисление его, семьдесят четыре тысячи шестьсот; 5 [5]Чис 10:15. после него ставит стан колено Иссахарово, и начальник сынов Иссахара Нафанаил, сын Цуара, 6 и воинства его, вошедших в исчисление его, пятьдесят четыре тысячи четыреста; 7 [7]Чис 10:16. [далее ставит стан] колено Завулона, и начальник сынов Завулона Елиав, сын Хелона, 8 и воинства его, вошедших в исчисление его, пятьдесят семь тысяч четыреста; 9 всех вошедших в исчисление к стану Иуды сто восемьдесят шесть тысяч четыреста, по ополчениям их; первыми они должны отправляться. 10 [10]Чис 10:6. Знамя стана Рувимова к югу, по ополчениям их, и начальник сынов Рувимовых Елицур, сын Шедеура, 11 и воинства его, вошедших в исчисление его, сорок шесть тысяч пятьсот; 12 [12]Чис 10:19. подле него ставит стан колено Симеоново, и начальник сынов Симеона Шелумиил, сын Цуришаддая, 13 и воинства его, вошедших в исчисление его, пятьдесят девять тысяч триста; 14 [14]Чис 10:20. потом колено Гада, и начальник сынов Гада Елиасаф, сын Регуила, 15 и воинства его, вошедших в исчисление его, сорок пять тысяч шестьсот пятьдесят; 16 всех вошедших в исчисление к стану Рувима сто пятьдесят одна тысяча четыреста пятьдесят, по ополчениям их; вторыми они должны отправляться. 17 [17]Пс 45:6. Когда пойдет скиния собрания, стан левитов будет в середине станов. Как стоят, так и должны идти, каждый на своем месте при знаменах своих. 18 [18]Пс 79:3.Чис 10:22. Знамя стана Ефремова по ополчениям их к западу, и начальник сынов Ефрема Елишама, сын Аммиуда, 19 и воинства его, вошедших в исчисление его, сорок тысяч пятьсот; 20 [20]Чис 1:10. подле него колено Манассиино, и начальник сынов Манассии Гамалиил, сын Педацура, 21 и воинства его, вошедших в исчисление его, тридцать две тысячи двести; 22 [22]Чис 1:11;7:60;10:24. потом колено Вениамина, и начальник сынов Вениамина Авидан, сын Гидеония, 23 и воинства его, вошедших в исчисление его, тридцать пять тысяч четыреста; 24 всех вошедших в исчисление к стану Ефрема сто восемь тысяч сто, по ополчениям их; третьими они должны отправляться. 25 Знамя стана Данова к северу, по ополчениям их, и начальник сынов Дана Ахиезер, сын Аммишаддая, 26 и воинства его, вошедших в исчисление его, шестьдесят две тысячи семьсот; 27 подле него ставит стан колено Асирово, и начальник сынов Асира Пагиил, сын Охрана, 28 и воинства его, вошедших в исчисление его, сорок одна тысяча пятьсот; 29 далее [ставит стан] колено Неффалима, и начальник сынов Неффалима Ахира, сын Енана, 30 и воинства его, вошедших в исчисление его, пятьдесят три тысячи четыреста; 31 всех вошедших в исчисление к стану Дана сто пятьдесят семь тысяч шестьсот; они должны идти последними при знаменах своих. 32 Вот вошедшие в исчисление сыны Израиля по семействам их. Всех вошедших в исчисление в станах, по ополчениям их, шестьсот три тысячи пятьсот пятьдесят. 33 А левиты не вошли в исчисление вместе с сынами Израиля, как повелел Господь Моисею. 34 [34]Исх 12:28.Лев 24:23. И сделали сыны Израилевы всё, что повелел Господь Моисею: так становились станами при знаменах своих, и так шли каждый по племенам своим, по семействам своим.