Telling van die Israeliete wat geskik was vir oorlog.
1 EN ná die plaag het die Here met Moses en met Eleásar, die seun van die priester Aäron, gespreek en gesê:
2 Neem julle die volle getal van die hele vergadering van die kinders van Israel op, van twintig jaar oud en daarbo, volgens hulle families, almal wat op kommando moet uittrek in Israel.
3 En Moses en die priester Eleásar het hulle toegespreek in die vlaktes van Moab, by die Jordaan van Jérigo, en gesê:
4 Laat hulle opneem van twintig jaar oud en daarbo, soos die Here Moses beveel het. En die kinders van Israel wat uit Egipteland uitgetrek het, was:
5 Ruben, die eersgeborene van Israel; die seuns van Ruben was: van Henog die geslag van die Henogiete; van Pallu die geslag van die Palluïete;
6 van Hesron die geslag van die Hesroniete; van Karmi die geslag van die Karmiete.
7 Dit is die geslagte van die Rubeniete; en hulle geteldes was drie-en-veertigduisend-sewehonderd-en-dertig.
8 En die seuns van Pallu was: Elíab;
9 en die seuns van Elíab was: Némuel en Datan en Abíram. Dit is Datan en Abíram wat na die vergadering opgeroep was, wat getwis het teen Moses en Aäron in die bende van Korag toe daar teen die Here getwis is.
10 En die aarde het sy mond oopgemaak en hulle verslind, saam met Korag, toe die bende gesterf het deurdat die vuur die tweehonderd-en-vyftig man verteer het; en hulle het tot 'n teken geword.
11 Maar die seuns van Korag het nie gesterf nie.
12 Die seuns van Símeon volgens hulle geslagte: van Némuel die geslag van die Nemueliete; van Jamin die geslag van die Jaminiete; van Jagin die geslag van die Jaginiete;
13 van Serag die geslag van die Sargiete; van Saul die geslag van die Sauliete.
14 Dit is die geslagte van die Simeoniete, twee-en-twintigduisend-tweehonderd.
15 Die seuns van Gad volgens hulle geslagte: van Sefon die geslag van die Sefoniete; van Haggi die geslag van die Haggiete; van Suni die geslag van die Suniete;
16 van Osni die geslag van die Osniete; van Eri die geslag van die Eriete;
17 van Arod die geslag van die Arodiete; van Areëli die geslag van die Areëliete.
18 Dit is die geslagte van die seuns van Gad volgens hulle geteldes, veertigduisend-vyfhonderd.
19 Die seuns van Juda was: Er en Onan; maar Er en Onan het gesterwe in die land Kanaän.
20 En die seuns van Juda volgens hulle geslagte: van Sela die geslag van die Selaniete; van Peres die geslag van die Parsiete; van Serag die geslag van die Sargiete.
21 En die seuns van Peres: van Hesron die geslag van die Hesroniete; van Hamul die geslag van die Hamuliete.
22 Dit is die geslagte van Juda volgens hulle geteldes, ses-en-sewentigduisend-vyfhonderd.
23 Die seuns van Íssaskar volgens hulle geslagte: van Tola die geslag van die Tolaïete; van Puwa die geslag van die Puniete;
24 van Jasub die geslag van die Jasubiete; van Simron die geslag van die Simroniete.
25 Dit is die geslagte van Íssaskar volgens hulle geteldes, vier-en-sestigduisend-driehonderd.
26 Die seuns van Sébulon volgens hulle geslagte: van Sered die geslag van die Sardiete; van Elon die geslag van die Eloniete; van Jágleël die geslag van die Jagleëliete.
27 Dit is die geslagte van die Sebuloniete volgens hulle geteldes, sestigduisend-vyfhonderd.
28 Die seuns van Josef volgens hulle geslagte was: Manasse en Efraim.
29 Die seuns van Manasse: van Magir die geslag van die Magiriete. En Magir was die vader van Gílead; van Gílead die geslag van die Gileadiete.
30 Dit is die seuns van Gílead: van Jeser die geslag van die Jesriete; van Helek die geslag van die Helkiete;
31 en van Ásriël die geslag van die Asriëliete; en van Segem die geslag van die Sigmiete;
32 en van Semída die geslag van die Semidaïete; en van Hefer die geslag van die Hefriete.
33 Maar Selófhad, die seun van Hefer, het geen seuns gehad nie, maar net dogters. En die name van die dogters van Selófhad was: Magla en Noa, Hogla, Milka en Tirsa.
34 Dit is die geslagte van Manasse; en hulle geteldes was twee-en-vyftigduisend-sewehonderd.
35 Dit is die seuns van Efraim volgens hulle geslagte: van Sutélag die geslag van die Sutalgiete; van Beger die geslag van die Bagriete; van Tahan die geslag van die Tahaniete.
36 En dit is die seuns van Sutélag: van Eran die geslag van die Eraniete.
37 Dit is die geslagte van die seuns van Efraim volgens hulle geteldes, twee-en-dertigduisend-vyfhonderd. Dit is die seuns van Josef volgens hulle geslagte.
38 Die seuns van Benjamin volgens hulle geslagte: van Bela die geslag van die Baliete; van Asbel die geslag van die Asbeliete; van Ahíram die geslag van die Ahiramiete;
39 van Sefúfam die geslag van die Sufamiete; van Hufam die geslag van die Hufamiete.
40 En die seuns van Bela was: Ard en Naäman; van Ard die geslag van die Ardiete; van Naäman die geslag van die Naämiete.
41 Dit is die seuns van Benjamin volgens hulle geslagte; en hulle geteldes was vyf-en-veertigduisend-seshonderd.
42 Dit is die seuns van Dan volgens hulle geslagte: van Suham die geslag van die Suhamiete. Dit is die geslagte van Dan volgens hulle geslagte.
43 Al die geslagte van die Suhamiete volgens hulle geteldes was vier-en-sestigduisend-vierhonderd.
44 Die seuns van Aser volgens hulle geslagte: van Jimna die geslag van die Jimnaïete; van Jiswi die geslag van die Jiswiete; van Bería die geslag van die Beriïete;
45 van die seuns van Bería: van Heber die geslag van die Hebriete; van Málkiël die geslag van die Malkiëliete.
46 En die naam van die dogter van Aser was Serag.
47 Dit is die geslagte van die seuns van Aser volgens hulle geteldes, drie-en-vyftigduisend-vierhonderd.
48 Die seuns van Náftali volgens hulle geslagte: van Jágseël die geslag van die Jagseëliete; van Guni die geslag van die Guniete;
49 van Jeser die geslag van die Jisriete; van Sillem die geslag van die Sillemiete.
50 Dit is die geslagte van Náftali volgens hulle geslagte; en hulle geteldes was vyf-en-veertigduisend-vierhonderd.
51 Dit is die geteldes van die kinders van Israel: seshonderd-en-eenduisend-sewehonderd-en-dertig.
52 En die Here het met Moses gespreek en gesê:
53 Vir hierdie mense moet die land as erfenis verdeel word volgens die getal name.
54 Vir die wat baie is, moet jy hulle erfdeel groot maak; en vir die wat min is, moet jy hulle erfdeel klein maak; aan elke stam moet sy erfdeel volgens sy geteldes gegee word.
55 Nogtans moet die land deur die lot verdeel word; volgens die name van hulle voorvaderlike stamme moet hulle erwe.
56 Volgens die lot moet hulle erfenis verdeel word tussen die wat baie en die wat min is.
57 En dit is die geteldes van Levi volgens hulle geslagte: van Gerson die geslag van die Gersoniete; van Kehat die geslag van die Kehatiete; van Merári die geslag van die Merariete.
58 Dit is die geslagte van Levi: die geslag van die Libniete, die geslag van die Hebroniete, die geslag van die Magliete, die geslag van die Musiete, die geslag van die Koragiete. En Kehat was die vader van Amram.
59 En die naam van Amram se vrou was Jogébed, die dogter van Levi wat vir Levi in Egipte gebore is; en vir Amram het sy gebaar: Aäron en Moses en Mirjam, hulle suster.
60 En vir Aäron is gebore: Nadab en Abíhu, Eleásar en Ítamar.
61 En Nadab en Abíhu het gesterwe toe hulle vreemde vuur voor die aangesig van die Here gebring het.
62 En hulle geteldes was drie-en-twintigduisend, almal wat manlik was van 'n maand oud en daarbo. Want hulle is nie getel onder die kinders van Israel nie, omdat aan hulle geen erfdeel onder die kinders van Israel gegee is nie.
63 Dit is hulle wat deur Moses en die priester Eleásar getel is, wat die kinders van Israel in die vlaktes van Moab getel het, by die Jordaan van Jérigo.
64 En onder hulle was daar niemand van die wat deur Moses en die priester Aäron getel is nie, toe hulle die kinders van Israel in die woestyn Sinai getel het.
65 Want die Here het van hulle gesê: Sterwe sal hulle in die woestyn! En van hulle het niemand oorgebly nie buiten Kaleb, die seun van Jefúnne, en Josua, die seun van Nun.
1 После сего поражения сказал Господь Моисею и Елеазару, сыну Аарона, священнику, говоря: 2 Глава 26. [2]Чис 1:2. исчислите все общество сынов Израилевых от двадцати лет и выше, по семействам их, всех годных для войны у Израиля. 3 [3]Чис 33:50. И сказал им Моисей и Елеазар священник на равнинах Моавитских у Иордана, против Иерихона, говоря: 4 исчислите всех от двадцати лет и выше, как повелел Господь Моисею и сынам Израилевым, которые вышли из земли Египетской: 5 [5]Быт 46:8. Рувим, первенец Израиля. Сыны Рувима: от Ханоха поколение Ханохово, от Фаллу поколение Фаллуево, 6 от Хецрона поколение Хецроново, от Харми поколение Хармиево; 7 вот поколения Рувимовы; и исчислено их сорок три тысячи семьсот тридцать. 8 И сыны Фаллуя: Елиав. 9 [9]Чис 16:1. Сыны Елиава: Немуил, Дафан и Авирон. Это те Дафан и Авирон, призываемые в собрание, которые произвели возмущение против Моисея и Аарона вместе с сообщниками Корея, когда сии произвели возмущение против Господа; 10 [10]Чис 16:31. и разверзла земля уста свои, и поглотила их и Корея; вместе с ними умерли и сообщники их, когда огонь пожрал двести пятьдесят человек, и стали они в знамение; 11 [11]Чис 16:32. но сыны Кореевы не умерли. 12 [12]Быт 46:10. Сыны Симеона по поколениям их: от Немуила поколение Немуилово, от Ямина поколение Яминово, от Яхина поколение Яхиново, 13 от Зары поколение Зарино, от Саула поколение Саулово; 14 вот поколения Симеоновы [при исчислении их]: двадцать две тысячи двести. 15 Сыны Гада по поколениям их: от Цефона поколение Цефоново, от Хаггия поколение Хаггиево, от Шуния поколение Шуниево, 16 от Озния поколение Озниево, от Ерия поколение Ериево, 17 от Арода поколение Ародово, от Арелия поколение Арелиево; 18 вот поколения сынов Гадовых, по исчислению их: сорок тысяч пятьсот. 19 [19]Быт 38:3–4. Сыны Иуды: Ир и Онан, [Шела, Фарес и Зара]; но Ир и Онан умерли в земле Ханаанской; 20 [20]Быт 38:5. и были сыны Иуды по поколениям их: от Шелы поколение Шелино, от Фареса поколение Фаресово, от Зары поколение Зарино; 21 [21]Быт 46:12.1 Пар 2:5. и были сыны Фаресовы: от Есрома поколение Есромово, от Хамула поколение Хамулово; 22 вот поколения Иудины, по исчислению их: семьдесят шесть тысяч пятьсот. 23 [23]Быт 46:13. Сыны Иссахаровы по поколениям их: от Фолы поколение Фолино, от Фувы поколение Фувино, 24 от Иашува поколение Иашувово, от Шимрона поколение Шимроново; 25 вот поколения Иссахаровы, по исчислению их: шестьдесят четыре тысячи триста. 26 [26]Быт 46:14. Сыны Завулона по поколениям их: от Середа поколение Середово, от Елона поколение Елоново, от Иахлеила поколение Иахлеилово; 27 вот поколения Завулоновы, по исчислению их: шестьдесят тысяч пятьсот. 28 Сыны Иосифа по поколениям их: Манассия и Ефрем. 29 [29]Нав 17:1. Сыны Манассии: от Махира поколение Махирово; от Махира родился Галаад, от Галаада поколение Галаадово. 30 Вот сыны Галаадовы: от Иезера поколение Иезерово, от Хелека поколение Хелеково, 31 от Асриила поколение Асриилово, от Шехема поколение Шехемово, 32 от Шемиды поколение Шемидино, от Хефера поколение Хеферово. 33 [33]Нав 17:3. У Салпаада, сына Хеферова, не было сыновей, а только дочери; имя дочерей Салпаадовых: Махла, Ноа, Хогла, Милка и Фирца. 34 Вот поколения Манассиины; а исчислено их пятьдесят две тысячи семьсот. 35 Вот сыны Ефремовы по поколениям их: от Шутелы поколение Шутелино, от Бехера поколение Бехерово, от Тахана поколение Таханово; 36 и вот сыны Шутелы: от Арана поколение Араново; 37 вот поколения сынов Ефремовых, по исчислению их: тридцать две тысячи пятьсот. Вот сыны Иосифовы по поколениям их. 38 Сыны Вениамина по поколениям их: от Белы поколение Белино, от Ашбела поколение Ашбелово, от Ахирама поколение Ахирамово, 39 от Шефуфама поколение Шефуфамово, от Хуфама поколение Хуфамово; 40 и были сыны Белы: Ард и Нааман; [от Арда] поколение Ардово, от Наамана поколение Нааманово; 41 вот сыны Вениамина по поколениям их; а исчислено их сорок пять тысяч шестьсот. 42 Вот сыны Дановы по поколениям их: от Шухама поколение Шухамово; вот семейства Дановы по поколениям их. 43 И всех поколений Шухама, по исчислению их: шестьдесят четыре тысячи четыреста. 44 Сыны Асировы по поколениям их: от Имны поколение Имнино, от Ишвы поколение Ишвино, от Верии поколение Вериино; 45 от сынов Верии, от Хевера поколение Хеверово, от Малхиила поколение Малхиилово; 46 имя дочери Асировой Сара; 47 вот поколения сынов Асировых, по исчислению их: пятьдесят три тысячи четыреста. 48 Сыны Неффалима по поколениям их: от Иахцеила поколение Иахцеилово, от Гуния поколение Гуниево, 49 от Иецера поколение Иецерово, от Шиллема поколение Шиллемово; 50 вот поколения Неффалимовы по поколениям их; исчислено же их сорок пять тысяч четыреста. 51 Вот число вошедших в исчисление сынов Израилевых: шестьсот одна тысяча семьсот тридцать.
52 И сказал Господь Моисею, говоря: 53 сим в удел должно разделить землю по числу имен; 54 кто многочисленнее, тем дай удел более; а кто малочисленнее, тем дай удел менее: каждому должно дать удел соразмерно с числом вошедших в исчисление; 55 по жребию должно разделить землю, по именам колен отцов их должны они получить уделы; 56 по жребию должно разделить им уделы их, как многочисленным, так и малочисленным.
57 [57]Быт 46:11.Исх 6:16.Чис 3:17.1 Пар 6:1;23:6. Сии суть вошедшие в исчисление левиты по поколениям их: от Гирсона поколение Гирсоново, от Каафа поколение Каафово, от Мерари поколение Мерарино. 58 Вот поколения Левиины: поколение Ливниево, поколение Хевроново, поколение Махлиево, поколение Мушиево, поколение Кореево. От Каафа родился Амрам. 59 [59]Исх 2:2;6:20.1 Пар 23:13. Имя жены Амрамовой Иохаведа, дочь Левиина, которую родила жена Левиина в Египте, а она Амраму родила Аарона, Моисея и Мариам, сестру их. 60 И родились у Аарона Надав и Авиуд, Елеазар и Ифамар; 61 [61]Лев 10:1.Чис 3:4.1 Пар 24:2. но Надав и Авиуд умерли, когда принесли чуждый огонь пред Господа [в пустыне Синайской]. 62 И было исчислено двадцать три тысячи всех мужеского пола, от одного месяца и выше; ибо они не были исчислены вместе с сынами Израилевыми, потому что не дано им удела среди сынов Израилевых.
63 Вот исчисленные Моисеем и Елеазаром священником, которые исчисляли сынов Израилевых на равнинах Моавитских у Иордана, против Иерихона; 64 в числе их не было ни одного человека из исчисленных Моисеем и Аароном священником, которые исчисляли сынов Израилевых в пустыне Синайской; 65 [65]Чис 14:28;32:10.Втор 1:35.Пс 105:26.1 Кор 10:5. ибо Господь сказал им, что умрут они в пустыне, — и не осталось из них никого, кроме Халева, сына Иефонниина, и Иисуса, сына Навина.