Pular para o conteúdo
Publicidade

Números 34

SYNOD

Beskrywing van die grense van Kanaän deur God.

1 VERDER het die Here met Moses gespreek en gesê:

2 Gee bevel aan die kinders van Israel en vir hulle: As julle in die land Kanaän kom, sal dit die land wees wat aan julle as erfdeel sal val; die land Kanaän volgens sy grense.

3 Julle suidekant dan moet van die woestyn Sin af langs Edom wees; en julle suidelike grens moet aan die oostekant van die einde van die Soutsee af wees;

4 en julle grens moet suid van Skerpioennek swaai en oorloop na Sin toe, totdat dit doodloop suid van Kades-Barnéa; dan moet dit aanloop na Hasar-Addar en oor na Asmon toe.

5 Verder moet die grens swaai van Asmon af na die spruit van Egipte toe, sodat dit by die see doodloop.

6 Aangaande die westelike grens, dit moet vir julle die Groot See saam met sy gebied wees; dit moet julle westelike grens wees.

7 En dit moet julle noordelike grens wees: van die Groot See af moet julle jul grenslyn trek na die berg Hor.

8 Van die berg Hor af moet julle die grenslyn trek tot by die ingang na Hamat; en die grens moet doodloop by Sedad.

9 Dan moet die grens aanloop na Sifron toe, en dit moet doodloop by Hasar-Enan. Dit moet julle noordelike grens wees.

10 Verder moet julle as jul oostelike grens die lyn trek van Hasar-Enan af na Sefam toe.

11 En die grens moet afloop van Sefam af na Haribla toe, oos van Ajin; dan moet die grens afloop en skrams oor die hange van die meer Kinnéret gaan, aan die oostekant.

12 Verder moet die grens afloop na die Jordaan totdat dit doodloop by die Soutsee. Dit moet vir julle die land wees volgens sy grense rondom.

13 En Moses het aan die kinders van Israel bevel gegee en gesê: Dit is die land wat julle deur die lot as erfdeel sal verwerwe, wat die Here beveel het om aan die nege stamme en aan die halwe stam te gee.

14 Want die stam van die kinders van die Rubeniete volgens hulle families en die stam van die kinders van die Gadiete volgens hulle families en die halwe stam van Manasse het al ontvang hulle het hul erfdeel ontvang.

15 Die twee stamme en die halwe stam het hulle erfdeel aan die oostekant van die Jordaan van Jérigo, teen sonop, ontvang.

16 Verder het die Here met Moses gespreek en gesê:

17 Dit is die name van die manne wat vir julle die land as erfenis moet verdeel: die priester Eleásar en Josua, die seun van Nun.

18 Daarby moet julle uit elke stam een owerste neem om die land as erfenis te verdeel.

19 En dit is die name van die manne: van die stam van Juda Kaleb, die seun van Jefúnne;

20 en van die stam van Símeon se kinders Sémuel, die seun van Ámmihud;

21 van die stam van Benjamin Elídad, die seun van Kislon;

22 en van die stam van Dan se kinders as owerste Bukki, die seun van Jogli;

23 van die kinders van Josef: van die stam van Manasse se kinders as owerste Hánniël, die seun van Efod;

24 en van die stam van Efraim se kinders as owerste Kémuel, die seun van Siftan;

25 en van die stam van Sébulon se kinders as owerste Elísafan, die seun van Parnag;

26 en van die stam van Íssaskar se kinders as owerste Páltiël, die seun van Assan;

27 en van die stam van Aser se kinders as owerste Ahíhud, die seun van Selómi;

28 en van die stam van Náftali se kinders as owerste Pedáel, die seun van Ámmihud.

29 Dit is hulle aan wie die Here bevel gegee het om die erfenis vir die kinders van Israel in die land Kanaän te verdeel.

1 И сказал Господь Моисею, говоря: 2 Глава 34. [2]Быт 15:18. дай повеление сынам Израилевым и скажи им: когда войдете в землю Ханаанскую, то вот земля, которая достанется вам в удел, земля Ханаанская с ее границами: 3 [3]Нав 15:1. южная сторона будет у вас от пустыни Син, подле Едома, и пойдет у вас южная граница от конца Соленого моря с востока, 4 [4]Нав 15:3. и направится граница на юг к возвышенности Акравима и пойдет чрез Син, и будут выступы ее на юг к Кадес-Варни, оттуда пойдет к Гацар-Аддару и пройдет чрез Ацмон; 5 [5]Быт 15:18.Нав 15:4. от Ацмона направится граница к потоку Египетскому, и будут выступы ее к морю; 6 [6]Нав 15:47. а границею западною будет у вас великое море: это будет у вас граница к западу; 7 к северу же будет у вас граница: от великого моря проведите ее к горе Ор, 8 от горы Ор проведите к Емафу, и будут выступы границы к Цедаду; 9 оттуда пойдет граница к Цифрону, и выступы ее будут к Гацар-Енану: это будет у вас граница северная; 10 [10]1 Цар 30:28. границу восточную проведите себе от Гацар-Енана к Шефаму, 11 [11]Втор 3:17.Лк 5:1. от Шефама пойдет граница к Рибле, с восточной стороны Аина, потом пойдет граница и коснется берегов моря Киннереф с восточной стороны; 12 [12]Чис 32:33. и пойдет граница к Иордану, и будут выступы ее к Соленому морю. Это будет земля ваша по границам ее со всех сторон. 13 [13]Нав 14:2.Деян 13:19. И дал повеление Моисей сынам Израилевым и сказал: вот земля, которую вы разделите на уделы по жребию, которую повелел Господь дать девяти коленам и половине колена [Манассиина]; 14 ибо колено сынов Рувимовых по семействам их, и колено сынов Гадовых по семействам их, и половина колена Манассиина получили удел свой: 15 два колена и половина колена получили удел свой за Иорданом против Иерихона к востоку.

16 И сказал Господь Моисею, говоря: 17 [17]Нав 14:1;21:1. вот имена мужей, которые будут делить вам землю: Елеазар священник и Иисус, сын Навин; 18 и по одному князю от колена возьмите для раздела земли. 19 И вот имена сих мужей: для колена Иудина Халев, сын Иефонниин; 20 для колена сынов Симеоновых Самуил, сын Аммиуда; 21 для колена Вениаминова Елидад, сын Кислона; 22 для колена сынов Дановых князь Буккий, сын Иоглии; 23 для сынов Иосифовых, для колена сынов Манассииных князь Ханниил, сын Ефода; 24 для колена сынов Ефремовых князь Кемуил, сын Шифтана; 25 для колена сынов Завулоновых князь Елицафан, сын Фарнака; 26 для колена сынов Иссахаровых князь Фалтиил, сын Аззана; 27 для колена сынов Асировых князь Ахиуд, сын Шеломия; 28 для колена сынов Неффалимовых князь Педаил, сын Аммиуда; 29 вот те, которым повелел Господь разделить уделы сынам Израилевым в земле Ханаанской.

Veja também