Pligte van ouderlinge en jongmense. Vermaning om nederig en waaksaam te wees.
1 EK vermaan die ouderlinge onder julle, ek wat 'n mede-ouderling en getuie van die lyde van Christus is, wat ook 'n deelgenoot is van die heerlikheid wat geopenbaar sal word:
2 Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewilliglik; nie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid;
3 ook nie as heersers oor die erfdeel nie, maar as voorbeelde vir die kudde.
4 En wanneer die Opperherder verskyn, sal julle die onverwelklike kroon van heerlikheid ontvang.
5 Net so moet julle, jongeres, aan die oueres onderdanig wees; en wees almal met ootmoed bekleed in onderdanigheid aan mekaar, want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.
6 Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.
7 Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.
8 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.
9 Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.
Wense en groete.
10 EN mag die God van alle genade self, wat ons geroep het tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus, nadat ons 'n kort tyd gely het, julle volmaak, bevestig, versterk en grondves!
11 Aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.
12 Deur Silvánus, die getroue broeder, soos ek meen, het ek kortliks aan julle geskrywe om julle te vermaan en om te betuig dat dit die ware genade van God is waarin julle staan.
13 Die mede-uitverkorene in Babilon en Markus, my seun, groet julle.
14 Groet mekaar met 'n kus van liefde. Vrede vir julle almal wat in Christus Jesus is! Amen.
1 Глава 5. [1]Деян 1:8.Рим 8:17. Пастырей ваших умоляю я, сопастырь и свидетель страданий Христовых и соучастник в славе, которая должна открыться: 2 [2]Деян 20:28. пасите Божие стадо, какое у вас, надзирая за ним не принужденно, но охотно и богоугодно, не для гнусной корысти, но из усердия, 3 [3]Мк 10:44. и не господствуя над наследием Божиим, но подавая пример стаду; 4 [4]1 Пет 2:25.1 Кор 9:25. и когда явится Пастыреначальник, вы получите неувядающий венец славы. 5 [5]Иак 4:6.Еф 5:21.Флп 2:3. Также и младшие, повинуйтесь пастырям; все же, подчиняясь друг другу, облекитесь смиренномудрием, потому что Бог гордым противится, а смиренным дает благодать.
6 [6]Иак 4:10. Итак смиритесь под крепкую руку Божию, да вознесет вас в свое время. 7 [7]Пс 54:23.Прем 12:13.Мф 6:32.Лк 12:30. Все заботы ваши возложи́те на Него, ибо Он печется о вас. 8 [8]Иов 1:7;2:2.Лк 22:31. Трезвитесь, бодрствуйте, потому что противник ваш диавол ходит, как рыкающий лев, ища, кого поглотить. 9 [9]Деян 14:22. Противостойте ему твердою верою, зная, что такие же страдания случаются и с братьями вашими в мире. 10 [10]2 Кор 4:17. Бог же всякой благодати, призвавший нас в вечную славу Свою во Христе Иисусе, Сам, по кратковременном страдании вашем, да совершит вас, да утвердит, да укрепит, да соделает непоколебимыми. 11 Ему слава и держава во веки веков. Аминь.
12 Сие кратко написал я вам чрез Силуана, верного, как думаю, вашего брата, чтобы уверить вас, утешая и свидетельствуя, что это истинная благодать Божия, в которой вы стоите.
13 Приветствует вас избранная, подобно вам, церковь в Вавилоне и Марк, сын мой. 14 [14]Рим 16:16.1 Кор 16:20.2 Кор 13:12. Приветствуйте друг друга лобзанием любви. Мир вам всем во Христе Иисусе. Аминь.