Pular para o conteúdo
Publicidade

Jeremias 41

SYNOD

Ismael vermoor Gedálja en ander Jode en Chaldeërs.

1 MAAR in die sewende maand het Ismael, die seun van Netánja, die seun van Elisáma, uit die koninklike geslag en uit die owerstes van die koning, en tien man saam met hom by Gedálja, die seun van Ahíkam, gekom in Mispa; en hulle het daar saam brood geëet, in Mispa.

2 Toe het Ismael, die seun van Netánja, opgestaan en die tien manne wat by hom was, en hulle het Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, met die swaard verslaan. So het hy hom dan gedood wat die koning van Babel oor die land aangestel het.

3 Ook het Ismael al die Jode verslaan wat by hom, by Gedálja, in Mispa was, en die Chaldeërs, die krygsmanne, wat daar te vinde was.

4 En op die tweede dag, nadat hy Gedálja gedood het, sonder dat dit nog bekend was,

5 kom daar manne van Sigem, van Silo en van Samaría, tagtig man, met afgeskeerde baard en geskeurde klere, wat hulleself stukkend gekerwe het; en spysoffer en wierook was in hulle hand om dit na die huis van die Here te bring.

6 Daarop gaan Ismael, die seun van Netánja, hulle tegemoet uit Mispa, terwyl hy aldeur loop en huil; en toe hy hulle teëkom, hy vir hulle: Kom na Gedálja, die seun van Ahíkam!

7 Maar toe hulle binne-in die stad kom, het Ismael, die seun van Netánja, hulle gedood en in die put gegooi, hy en die manne wat by hom was.

8 Maar onder hulle was daar tien man wat vir Ismael gesê het: Maak ons nie dood nie, want ons het verborge voorrade in die veld: koring en gars en olie en heuning. Toe het hy daarvan afgesien en hulle nie saam met hulle broers gedood nie.

9 En die put waar Ismael al die lyke van die manne wat deur hom verslaan is, langs Gedálja ingegooi het, was dié wat koning Asa gemaak het tot verdediging teen Baésa, die koning van Israel dié het Ismael, die seun van Netánja, vol gemaak met die wat verslaan was.

10 En Ismael het die hele oorblyfsel van die volk wat in Mispa was, as gevangenes weggevoer; die dogters van die koning en die hele volk wat in Mispa oorgebly het, wat Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, aan Gedálja, die seun van Ahíkam, toevertrou het Ismael, die seun van Netánja, het hulle as gevangenes weggevoer en hy het weggetrek om oor te gaan na die kinders van Ammon.

11 Toe Jóhanan, die seun van Karéag, en al die owerstes van die leërs wat by hom was, hoor al die onheil wat Ismael, die seun van Netánja, aangerig het,

12 het hulle al die manne geneem en weggetrek om teen Ismael, die seun van Netánja, te veg; en hulle het hom aangetref by die groot water wat by Gíbeon is.

13 En toe die hele volk wat by Ismael was, Jóhanan, die seun van Karéag, sien en al die owerstes van die leërs saam met hom, was hulle bly;

14 en die hele volk wat Ismael uit Mispa as gevangenes weggevoer het, het omgedraai en weer oorgeloop na Jóhanan, die seun van Karéag.

15 Maar Ismael, die seun van Netánja, het van Jóhanan ontsnap saam met agt man en weggetrek na die kinders van Ammon.

16 Toe het Jóhanan, die seun van Karéag, en al die owerstes van die leërs wat by hom was, die hele oorblyfsel van die volk geneem wat Ismael, die seun van Netánja, uit Mispa as gevangenes weggevoer het, nadat hy Gedálja, die seun van Ahíkam, verslaan het naamlik manne, krygsmanne, en vroue en kinders en hofdienaars, wat hy van Gíbeon teruggebring het.

17 En hulle het weggetrek en vertoef in Gerut-Kimham wat naby Betlehem , om verder na Egipte te trek,

18 vanweë die Chaldeërs; want hulle was vir hulle bevrees, omdat Ismael, die seun van Netánja, Gedálja, die seun van Ahíkam, verslaan het, wat deur die koning van Babel oor die land aangestel was.

1 И было в седьмой месяц, Исмаил, сын Нафании, сына Елисама из племени царского, и вельможи царя и десять человек с ним пришли к Годолии, сыну Ахикама, в Массифу, и там они ели вместе хлеб в Массифе. 2 Глава 41. [2]4 Цар 25:25. И встал Исмаил, сын Нафании, и десять человек, которые были с ним, и поразили Годолию, сына Ахикама, сына Сафанова, мечом и умертвили того, которого царь Вавилонский поставил начальником над страною. 3 Также убил Исмаил и всех Иудеев, которые были с ним, с Годолиею, в Массифе, и находившихся там Халдеев, людей военных. 4 На другой день по убиении Годолии, когда никто не знал об этом, 5 [5]Лев 19:27.Втор 14:1. пришли из Сихема, Силома и Самарии восемьдесят человек с обритыми бородами и в разодранных одеждах, и изранив себя, с дарами и ливаном в руках для принесения их в дом Господень. 6 Исмаил, сын Нафании, вышел из Массифы навстречу им, идя и плача, и, встретившись с ними, сказал им: идите к Годолии, сыну Ахикама. 7 [7]4 Цар 25:25. И как только они вошли в средину города, Исмаил, сын Нафании, убил их и бросил в ров, он и бывшие с ним люди. 8 Но нашлись между ними десять человек, которые сказали Исмаилу: не умерщвляй нас, ибо у нас есть в поле скрытые кладовые с пшеницею и ячменем, и маслом и медом. И он удержался и не умертвил их с другими братьями их. 9 [9]3 Цар 15:22. Ров же, куда бросил Исмаил все трупы людей, которых он убил из-за Годолии, был тот самый, который сделал царь Аса, боясь Ваасы, царя Израильского; его наполнил Исмаил, сын Нафании, убитыми. 10 И захватил Исмаил весь остаток народа, бывшего в Массифе, дочерей царя и весь остававшийся в Массифе народ, который Навузардан, начальник телохранителей, поручил Годолии, сыну Ахикама, и захватил их Исмаил, сын Нафании, и отправился к сыновьям Аммоновым. 11 Но когда Иоанан, сын Карея, и все бывшие с ним военные начальники услышали о всех злодеяниях, какие совершил Исмаил, сын Нафании, 12 взяли всех людей и пошли сразиться с Исмаилом, сыном Нафании, и настигли его у больших вод, в Гаваоне. 13 И когда весь народ, бывший у Исмаила, увидел Иоанана, сына Карея, и всех бывших с ним военных начальников, обрадовался; 14 и отворотился весь народ, который Исмаил увел в плен из Массифы, и обратился и пошел к Иоанану, сыну Карея; 15 а Исмаил, сын Нафании, убежал от Иоанана с восемью человеками и ушел к сыновьям Аммоновым. 16 Тогда Иоанан, сын Карея, и все бывшие с ним военные начальники взяли из Массифы весь оставшийся народ, который он освободил от Исмаила, сына Нафании, после того как тот убил Годолию, сына Ахикама, мужчин, военных людей, и жен, и детей, и евнухов, которых он вывел из Гаваона; 17 [17]4 Цар 25:26. и пошли, и остановились в селении Химам, близ Вифлеема, чтобы уйти в Египет 18 от Халдеев, ибо они боялись их, потому что Исмаил, сын Нафании, убил Годолию, сына Ахикама, которого царь Вавилонский поставил начальником над страною.

Veja também