Pular para o conteúdo
Publicidade

Jeremias 29

SYNOD

Brief van Jeremia aan die Jode wat saam met Jegónja as ballinge na Babel weggevoer was.

1 EN dit is die woorde van die brief wat die profeet Jeremia uit Jerusalem gestuur het na die nog lewende oudstes van die ballinge en na die priesters en die profete en na die hele volk wat Nebukadnésar uit Jerusalem in ballingskap weggevoer het na Babel toe

2 die uittog van die koning Jegónja en die gebiedster en die hofdienaars, die vorste van Juda en Jerusalem, en die smede en die slotmakers, uit Jerusalem

3 deur bemiddeling van Eleása, die seun van Safan, en Gemárja, die seun van Hilkía, wat Sedekía, die koning van Juda, na Nebukadnésar, die koning van Babel, na Babel gestuur het, naamlik:

4 So die Here van die leërskare, die God van Israel, aan al die ballinge wat Ek uit Jerusalem na Babel in ballingskap weggevoer het:

5 Bou huise en woon, en plant tuine aan en eet die vrugte daarvan;

6 neem vroue en verwek seuns en dogters, en neem vroue vir julle seuns en gee julle dogters aan mans, dat hulle seuns en dogters baar; en vermenigvuldig daar, en moenie verminder nie;

7 en soek die vrede van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het, en bid daarvoor tot die Here; want in die vrede daarvan sal julle vrede .

8 Want so spreek die Here van die leërskare, die God van Israel: Laat julle profete en julle waarsêers wat onder julle is, julle nie bedrieg nie, en luister nie na julle dromers vir wie julle laat droom nie.

9 Want hulle profeteer vir julle vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur nie, spreek die Here.

10 Want so die Here: As eers sewentig jaar vir Babel verby is, sal Ek op julle ag gee en aan julle my goeie woord vervul om julle na hierdie plek terug te bring.

11 Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee.

12 Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister.

13 En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.

14 En Ek sal My deur julle laat vind, spreek die Here, en julle lot verander en julle versamel uit al die nasies en uit al die plekke waarheen Ek julle verdryf het, spreek die Here; en Ek sal julle terugbring na die plek vanwaar Ek julle in ballingskap weggevoer het.

15 As julle : Die Here het vir ons profete verwek in Babel

16 nee, so die Here aangaande die koning wat op die troon van Dawid sit, en aangaande die hele volk wat in hierdie stad woon, julle broers wat nie saam met julle in ballingskap uitgetrek het nie,

17 so die Here van die leërskare: Kyk, Ek stuur die swaard, die hongersnood en die pes onder hulle, en Ek sal hulle maak soos bedorwe vye wat te sleg is om te eet.

18 En Ek sal hulle agtervolg met die swaard, die hongersnood en die pes; en Ek sal hulle 'n skrikbeeld maak vir al die koninkryke van die aarde: 'n voorwerp van vervloeking, van verbasing, van bespotting en van smaad onder al die volke waarheen Ek hulle verdryf het;

19 omdat hulle na my woorde nie geluister het nie, spreek die Here, waarmee Ek my knegte, die profete, na hulle gestuur het, vroeg en laat, sonder dat julle geluister het, spreek die Here.

20 Luister dan na die woord van die Here, al julle ballinge wat Ek uit Jerusalem na Babel weggestuur het!

21 So die Here van die leërskare, die God van Israel, aangaande Agab, die seun van Kolája, en aangaande Sedekía, die seun van Maäséja, wat vir julle in my Naam leuens profeteer: Kyk, Ek gee hulle in die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel, en hy sal hulle voor julle verslaan.

22 En aan hulle sal 'n vloek ontleen word by al die ballinge van Juda wat in Babel is, deurdat gesê word: Mag die Here jou maak soos Sedekía en soos Agab, wat die koning van Babel in die vuur gebraai het!

23 omdat hulle 'n skanddaad in Israel begaan het en owerspel met die vroue van hulle naaste bedryf het en 'n leuenwoord in my Naam gespreek het, wat Ek hulle nie beveel het nie; en Ek is die Een wat weet en getuie is, spreek die Here.

24 En aan Semája, die Nehelamiet, moet jy dít :

25 So spreek die Here van die leërskare, die God van Israel: Omdat 'n brief in jou naam gestuur het na die hele volk wat in Jerusalem is, en na Sefánja, die seun van Maäséja, die priester, en na al die priesters, met die woorde:

26 Die Here het jou as priester aangestel in die plek van die priester Jójada, dat daar opsigters kan wees in die huis van die Here oor elkeen wat kranksinnig is en as profeet optree, dat jy hom in die blok en in die nekyster kan sit

27 waarom het jy dan nou Jeremia, die Anatotiet, nie gekeer nie, wat by julle as 'n profeet optree;

28 aangesien hy ons in Babel laat weet het: Dit sal lank duur; bou huise en woon, en plant tuine aan en eet die vrugte daarvan?

29 En Sefánja, die priester, het hierdie brief voor die ore van die profeet Jeremia gelees.

30 Toe het die woord van die Here tot Jeremia gekom en gesê:

31 Laat al die ballinge weet: So die Here aangaande Semája, die Nehelamiet: Omdat Semája vir julle geprofeteer het sonder dat hy deur My gestuur is, en hy julle op leuens laat vertrou het,

32 daarom, so die Here: Kyk, Ek doen besoeking oor Semája, die Nehelamiet, en oor sy geslag; hy sal niemand wat onder hierdie volk woon nie, en hy sal die goeie nie sien wat Ek aan my volk sal doen nie, spreek die Here; want hy het teen die Here afval verkondig.

1 И вот слова письма, которое пророк Иеремия послал из Иерусалима к остатку старейшин между переселенцами и к священникам, и к пророкам, и ко всему народу, которых Навуходоносор вывел из Иерусалима в Вавилон, 2 Глава 29. [2]4 Цар 24:12. после того, как вышли из Иерусалима царь Иехония и царица и евнухи, князья Иудеи и Иерусалима, и плотники и кузнецы, 3 через Елеасу, сына Сафанова, и Гемарию, сына Хелкиина, которых Седекия, царь Иудейский, посылал в Вавилон к Навуходоносору, царю Вавилонскому: 4 так говорит Господь Саваоф, Бог Израилев, всем пленникам, которых Я переселил из Иерусалима в Вавилон: 5 стройте домы и живите в них, и разводите сады и ешьте плоды их; 6 берите жен и рождайте сыновей и дочерей; и сыновьям своим берите жен и дочерей своих отдавайте в замужество, чтобы они рождали сыновей и дочерей, и размножайтесь там, а не умаляйтесь; 7 [7]Вар 1:11. и заботьтесь о благосостоянии города, в который Я переселил вас, и молитесь за него Господу; ибо при благосостоянии его и вам будет мир. 8 [8]Иер 14:14;23:21;27:15. Ибо так говорит Господь Саваоф, Бог Израилев: да не обольщают вас пророки ваши, которые среди вас, и гадатели ваши; и не слушайте снов ваших, которые вам снятся; 9 [9]Иер 23:16.Мф 24:5. ложно пророчествуют они вам именем Моим; Я не посылал их, говорит Господь. 10 [10]Иер 25:12. Ибо так говорит Господь: когда исполнится вам в Вавилоне семьдесят лет, тогда Я посещу вас и исполню доброе слово Мое о вас, чтобы возвратить вас на место сие. 11 Ибо только Я знаю намерения, какие имею о вас, говорит Господь, намерения во благо, а не на зло, чтобы дать вам будущность и надежду. 12 [12]Ис 58:9. И воззовете ко Мне, и пойдете и помолитесь Мне, и Я услышу вас; 13 [13]Мф 7:7. и взыщете Меня и найдете, если взыщете Меня всем сердцем вашим. 14 [14]Втор 30:3. И буду Я найден вами, говорит Господь, и возвращу вас из плена и соберу вас из всех народов и из всех мест, куда Я изгнал вас, говорит Господь, и возвращу вас в то место, откуда переселил вас. 15 Вы говорите: «Господь воздвиг нам пророков и в Вавилоне».

16 Так говорит Господь о царе, сидящем на престоле Давидовом, и о всем народе, живущем в городе сем, о братьях ваших, которые не отведены с вами в плен, 17 [17]Иер 24:8. так говорит о них Господь Саваоф: вот, Я пошлю на них меч, голод и моровую язву, и сделаю их такими, как негодные смоквы, которых нельзя есть по негодности их; 18 [18]Иер 15:4. и буду преследовать их мечом, голодом и моровою язвою, и предам их на озлобление всем царствам земли, на проклятие и ужас, на посмеяние и поругание между всеми народами, куда Я изгоню их, 19 [19]Иер 25:4. за то, что они не слушали слов Моих, говорит Господь, с которыми Я посылал к ним рабов Моих, пророков, посылал с раннего утра, но они не слушали, говорит Господь.

20 А вы, все переселенцы, которых Я послал из Иерусалима в Вавилон, слушайте слово Господне: 21 [21]Иез 13:8. так говорит Господь Саваоф, Бог Израилев, об Ахаве, сыне Колии, и о Седекии, сыне Маасеи, которые пророчествуют вам именем Моим ложь: вот, Я предам их в руки Навуходоносора, царя Вавилонского, и он умертвит их пред вашими глазами. 22 [22]Ис 65:15.Иер 44:12. И принято будет от них всеми переселенцами Иудейскими, которые в Вавилоне, проклинать так: «да соделает тебе Господь то же, что Седекии и Ахаву», которых царь Вавилонский изжарил на огне 23 за то, что они делали гнусное в Израиле: прелюбодействовали с женами ближних своих и именем Моим говорили ложь, чего Я не повелевал им; Я знаю это, и Я свидетель, говорит Господь. 24 И Шемаии Нехеламитянину скажи: 25 так говорит Господь Саваоф, Бог Израилев: за то, что ты посылал письма от имени своего ко всему народу, который в Иерусалиме, и к священнику Софонии, сыну Маасеи, и ко всем священникам, и писал: 26 «Господь поставил тебя священником вместо священника Иодая, чтобы ты был между блюстителями в доме Господнем за всяким человеком, неистовствующим и пророчествующим, и чтобы ты сажал такого в темницу и в колоду: 27 почему же ты не запретишь Иеремии Анафофскому пророчествовать у вас? 28 [28]Иез 11:3. Ибо он и к нам в Вавилон прислал сказать: плен будет продолжителен: стройте домы и живите в них; разводите сады и ешьте плоды их». 29 Когда Софония священник прочитал это письмо вслух пророка Иеремии, 30 тогда было слово Господне к Иеремии: 31 [31]Иер 28:15. пошли ко всем переселенцам сказать: так говорит Господь о Шемаии Нехеламитянине: за то, что Шемаия у вас пророчествует, а Я не посылал его, и обнадеживает вас ложно, 32 [32]Иер 28:16. за то, так говорит Господь: вот, Я накажу Шемаию Нехеламитянина и племя его; не будет от него человека, живущего среди народа сего, и не увидит он того добра, которое Я сделаю народу Моему, говорит Господь; ибо он говорил вопреки Господу.

Veja também