Die profeet Elía by die Krit en in Sarfat.
1 EN Elía, die Tisbiet, uit Tisbe in Gílead, het vir Agab gesê: So waar as die Here, die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen dou of reën in hierdie jare wees nie, behalwe op my woord!
2 Toe kom die woord van die Here tot hom en sê:
3 Gaan hiervandaan weg en draai jou na die ooste toe en steek jou weg by die spruit Krit wat oos van die Jordaan is;
4 en jy moet uit die spruit drink, en Ek het aan die kraaie bevel gegee om jou daar te onderhou.
5 En hy het gegaan en gehandel volgens die woord van die Here: hy het gaan bly by die spruit Krit wat oos van die Jordaan is.
6 En die kraaie het vir hom smôrens brood en vleis gebring, en saans brood en vleis, en hy het uit die spruit gedrink.
7 Maar ná verloop van tyd het die spruit opgedroog, want daar was geen reën in die land nie.
8 Toe kom die woord van die Here tot hom en sê:
9 Maak jou klaar, gaan na Sarfat wat by Sidon is, en bly daar; kyk, daar het Ek aan 'n weduwee bevel gegee om jou te onderhou.
10 Daarop het hy hom gereedgemaak en na Sarfat gegaan; en toe hy by die ingang van die stad kom, was 'n weduwee juis besig om daar houtjies bymekaar te maak. En hy roep haar en sê: Gaan haal tog vir my 'n bietjie water in die kan, dat ek kan drink.
11 Terwyl sy loop om dit te gaan haal, roep hy na haar en sê: Bring tog vir my 'n stukkie brood saam.
12 Maar sy antwoord: So waar as die Here u God leef, ek het nie 'n broodkoek nie, net maar 'n handvol meel in die pot en 'n bietjie olie in die kruik; en hier maak ek nou 'n paar houtjies bymekaar; dan gaan ek en maak dit vir my en my seun klaar, dat ons dit kan eet en sterwe.
13 En Elía sê vir haar: Wees nie bevrees nie, gaan heen, doen volgens jou woord; maar maak eers daarvan vir my 'n broodkoekie en bring dit uit vir my; daarna kan jy vir jóú en jou seun iets klaarmaak.
14 Want so sê die Here, die God van Israel: Die meel in die pot sal nie opraak en die olie in die kruik sal nie minder word nie, tot op die dag dat die Here reën op die aarde sal gee.
15 En sy het gegaan en gehandel volgens die woord van Elía; en sy het geëet — sy en hy en haar gesin dae lank:
16 die meel in die pot het nie opgeraak en die olie in die kruik nie minder geword nie, volgens die woord van die Here wat Hy deur die diens van Elía gespreek het.
17 Ná hierdie dinge het die seun van die vrou, die eienares van die huis, siek geword; en sy siekte was baie ernstig, totdat daar geen asem meer in hom oorgebly het nie.
18 Toe sê sy vir Elía: Wat het ek met u te doen, man van God! U het na my gekom om my ongeregtigheid in gedagtenis te bring en my seun dood te maak!
19 Maar hy antwoord haar: Gee jou seun vir my. En hy het hom van haar skoot af geneem en hom opgedra na die bo-kamer waar hy self gewoon het, en hom op sy bed neergelê;
20 en hy het die Here aangeroep en gesê: Here my God, het U selfs oor die weduwee by wie ek as vreemdeling vertoef, 'n onheil gebring deur haar seun te laat sterwe?
21 Daarop het hy hom drie maal uitgestrek oor die kind en die Here aangeroep en gesê: Here my God, laat die siel van hierdie kind tog in hom terugkeer.
22 En die Here het Elía verhoor; en die siel van die kind het in hom teruggekeer, sodat hy weer lewendig geword het.
23 Daarop neem Elía die kind en bring hom af uit die bo-kamer in die huis en gee hom aan sy moeder; en Elía sê: Kyk, jou seun lewe!
24 En die vrou sê vir Elía: Nou weet ek dit dat u 'n man van God is en dat die woord van die Here in u mond waarheid is.
1 Глава 17. [1]Сир 48:3.Иак 5:17. И сказал Илия [пророк], Фесвитянин, из жителей Галаадских, Ахаву: жив Господь Бог Израилев, пред Которым я стою! в сии годы не будет ни росы, ни дождя, разве только по моему слову. 2 И было к нему слово Господне: 3 пойди отсюда и обратись на восток и скройся у потока Хорафа, что против Иордана; 4 [4]Пс 146:9. из этого потока ты будешь пить, а во́ронам Я повелел кормить тебя там. 5 И пошел он и сделал по слову Господню; пошел и остался у потока Хорафа, что против Иордана. 6 И во́роны приносили ему хлеб и мясо поутру, и хлеб и мясо по вечеру, а из потока он пил. 7 По прошествии некоторого времени этот поток высох, ибо не было дождя на землю. 8 И было к нему слово Господне: 9 [9]Авд 1:20.Лк 21:2.Деян 28:2. встань и пойди в Сарепту Сидонскую, и оставайся там; Я повелел там женщине вдове кормить тебя. 10 [10]Лк 4:26. И встал он и пошел в Сарепту; и когда пришел к воротам города, вот, там женщина вдова собирает дрова. И подозвал он ее и сказал: дай мне немного воды в сосуде напиться. 11 И пошла она, чтобы взять; а он закричал вслед ей и сказал: возьми для меня и кусок хлеба в руки свои. 12 [12]3 Цар 18:10. Она сказала: жив Господь Бог твой! у меня ничего нет печеного, а только есть горсть муки в кадке и немного масла в кувшине; и вот, я наберу полена два дров, и пойду, и приготовлю это для себя и для сына моего; съедим это и умрем. 13 И сказал ей Илия: не бойся, пойди, сделай, что́ ты сказала; но прежде из этого сделай небольшой опреснок для меня и принеси мне; а для себя и для своего сына сделаешь после; 14 ибо так говорит Господь Бог Израилев: мука в кадке не истощится, и масло в кувшине не убудет до того дня, когда Господь даст дождь на землю. 15 И пошла она и сделала так, как сказал Илия; и кормилась она, и он, и дом ее несколько времени. 16 Мука в кадке не истощалась, и масло в кувшине не убывало, по слову Господа, которое Он изрек чрез Илию. 17 После этого заболел сын этой женщины, хозяйки дома, и болезнь его была так сильна, что не осталось в нем дыхания. 18 И сказала она Илии: что мне и тебе, человек Божий? ты пришел ко мне напомнить грехи мои и умертвить сына моего. 19 [19]4 Цар 4:32. И сказал он ей: дай мне сына твоего. И взял его с рук ее, и понес его в горницу, где он жил, и положил его на свою постель, 20 [20]Деян 28:8. и воззвал к Господу и сказал: Господи Боже мой! неужели Ты и вдове, у которой я пребываю, сделаешь зло, умертвив сына ее? 21 [21]3 Езд 7:39.Деян 20:10. И простершись над отроком трижды, он воззвал к Господу и сказал: Господи Боже мой! да возвратится душа отрока сего в него! 22 [22]Евр 11:35. И услышал Господь голос Илии, и возвратилась душа отрока сего в него, и он ожил. 23 [23]3 Цар 17:18. И взял Илия отрока, и свел его из горницы в дом, и отдал его матери его, и сказал Илия: смотри, сын твой жив. 24 И сказала та женщина Илии: теперь-то я узнала, что ты человек Божий, и что слово Господне в устах твоих истинно.