Pular para o conteúdo
Publicidade

1 Reis 5

SYNOD

Salomo sluit 'n verbond met Hiram, die koning van Tirus, en tref voorbereidsels vir die bou van die tempel.

1 EN Hiram, die koning van Tirus, het sy dienaars na Salomo gestuur, omdat hy gehoor het dat hulle hom in sy vader se plek as koning gesalf het, want Hiram was altyd 'n vriend van Dawid.

2 Daarop laat Salomo aan Hiram weet:

3 U weet self dat my vader Dawid geen huis vir die Naam van die Here sy God kon bou nie vanweë die oorlog waarmee hulle hom omring het, totdat die Here hulle onder sy voetsole gebring het.

4 Maar nou het die Here my God my rus gegee rondom; daar is geen teëstander en daar is geen onheil wat dreig nie.

5 En kyk, ek is van plan om vir die Naam van die Here my God 'n huis te bou soos die Here met my vader Dawid gespreek en gesê het: Jou seun wat Ek in jou plek op jou troon sal sit, hy sal die huis vir my Naam bou.

6 Gee dan nou bevel dat hulle vir my seders uit die Líbanon kap, en laat my dienaars saam met u dienaars wees, en die loon van u dienaars sal ek u gee net soos u ; want u weet self dat onder ons niemand is wat verstaan om bome te kap soos die Sidoniërs nie.

7 Net toe Hiram die woorde van Salomo hoor, was hy baie bly en : Geseënd is die Here vandag wat vir Dawid 'n wyse seun gegee het oor hierdie groot volk.

8 Daarop laat Hiram aan Salomo weet: Ek het gehoor wat u my laat weet het; ék sal doen alles wat u verlang insake die sederhout en die sipreshout.

9 My dienaars sal dit van die Líbanon na die see afbring, en ék sal daar vlotte van maak op die see, tot by die plek wat u my sal laat weet, en ek sal dit daar uitmekaar laat neem; dan kan ú dit laat wegneem; en ú moet doen wat ek verlang deur voedsel aan my huis te lewer.

10 So het Hiram dan aan Salomo sederhout en sipreshout gelewer, soveel as hy wou ,

11 terwyl Salomo aan Hiram gelewer het twintigduisend kor koring as voedsel vir sy huis en twintig kor uitgestampte olie; so het Salomo aan Hiram jaar vir jaar gelewer.

12 En die Here het aan Salomo wysheid gegee volgens sy belofte, en daar was vrede tussen Hiram en Salomo, en hulle twee het 'n verbond gesluit.

13 Verder het koning Salomo uit die hele Israel die dwangarbeiders laat opkom, sodat die dwangarbeiders dertigduisend man was.

14 En hy het hulle gestuur na die Líbanon, tienduisend elke maand by beurte; een maand was hulle op die Líbanon, twee maande tuis; en Adoníram was oor die dwangarbeid.

15 Salomo het ook sewentigduisend draers en tagtigduisend klipkappers op die gebergte gehad,

16 behalwe die hoofopsigters van Salomo wat oor die werk was, drieduisend-driehonderd wat bevel gevoer het oor die mense wat die werk doen.

17 En die koning het bevel gegee om groot klippe, kosbare klippe uit te breek om die fondament van die huis met gekapte klippe te .

18 En die bouers van Salomo en die bouers van Hiram en die Gibliete het dit gekap en die boomstamme en die klippe bewerk om die huis te bou.

1 И послал Хирам, царь Тирский, слуг своих к Соломону, когда услышал, что его помазали в царя на место отца его; ибо Хирам был другом Давида во всю жизнь. 2 Глава 5. [2]2 Пар 2:3. И послал также и Соломон к Хираму сказать: 3 [3]1 Пар 28:3. ты знаешь, что Давид, отец мой, не мог построить дом имени Господа Бога своего по причине войн с окрестными народами, доколе Господь не покорил их под стопы ног его; 4 [4]Сир 47:15. ныне же Господь Бог мой даровал мне покой отовсюду: нет противника, и нет более препон; 5 [5]2 Цар 7:13.3 Цар 6:12.1 Пар 22:10. и вот, я намерен построить дом имени Господа Бога моего, как сказал Господь отцу моему Давиду, говоря: «сын твой, которого Я посажу вместо тебя на престоле твоем, он построит дом имени Моему»; 6 [6]2 Пар 2:8. итак прикажи нарубить для меня кедров с Ливана; и вот, рабы мои будут вместе с твоими рабами, и я буду давать тебе плату за рабов твоих, какую ты назначишь; ибо ты знаешь, что у нас нет людей, которые умели бы рубить дерева так, как Сидоняне. 7 [7]3 Цар 10:9.2 Пар 2:12. Когда услышал Хирам слова Соломона, очень обрадовался и сказал: благословен ныне Господь, Который дал Давиду сына мудрого для управления этим многочисленным народом! 8 [8]2 Пар 2:8.2 Цар 5:11. И послал Хирам к Соломону сказать: я выслушал то, за чем ты посылал ко мне, и исполню все желание твое о деревах кедровых и деревах кипарисовых; 9 рабы мои свезут их с Ливана к морю, и я плотами доставлю их морем к месту, которое ты назначишь мне, и там сложу их, и ты возьмешь; но и ты исполни мое желание, чтобы доставлять хлеб для моего дома. 10 И давал Хирам Соломону дерева кедровые и дерева кипарисовые, вполне по его желанию. 11 [11]2 Пар 2:10. А Соломон давал Хираму двадцать тысяч ко́ров пшеницы для продовольствия дома его и двадцать ко́ров оливкового выбитого масла: столько давал Соломон Хираму каждый год.

12 [12]3 Цар 3:12. Господь дал мудрость Соломону, как обещал ему. И был мир между Хирамом и Соломоном, и они заключили между собою союз. 13 И обложил царь Соломон повинностью весь Израиль; повинность же состояла в тридцати тысячах человек. 14 [14]3 Цар 4:6;12:18. И посылал их на Ливан, по десяти тысяч на месяц, попеременно; месяц они были на Ливане, а два месяца в доме своем. Адонирам же начальствовал над ними. 15 [15]1 Пар 22:2.2 Пар 2:18. Еще у Соломона было семьдесят тысяч носящих тяжести и восемьдесят тысяч каменосеков в горах, 16 [16]2 Пар 2:18. кроме трех тысяч трехсот начальников, поставленных Соломоном над работою для надзора за народом, который производил работу. 17 [17]3 Цар 7:9. И повелел царь привозить камни большие, камни дорогие, для основания дома, камни обделанные. 18 [18]Нав 13:5.Пс 82:8.Иез 27:9. Обтесывали же их работники Соломоновы и работники Хирамовы и Гивлитяне, и приготовляли дерева и камни для строения дома [три года].

Veja também