Die ouderdom van Dawid. Salomo word as sy opvolger aangestel.
1 TOE koning Dawid oud en ver op sy dae was, het hulle hom met komberse toegemaak, maar hy kon nie warm word nie.
2 En sy dienaars sê aan hom: Laat hulle vir my heer die koning 'n jongmeisie soek, dat sy voor die koning kan staan en vir hom 'n verpleegster wees en in u skoot lê; dan sal my heer die koning warm word.
3 Hulle het toe in die hele grondgebied van Israel 'n mooi meisie gesoek en Abísag, die Sunamitiese, gevind en haar by die koning gebring.
4 En die meisie was besonder mooi, en sy was vir die koning 'n verpleegster en het hom bedien; maar die koning het geen gemeenskap met haar gehad nie.
5 Intussen was Adónia, die seun van Haggit, so vermetel om te dink: Ek sal koning word! En hy het vir hom waens en perderuiters aangeskaf en vyftig man wat voor hom uit loop.
6 En sy vader het hom sy lewe lank nie gekrenk deur te sê nie: Waarom maak jy so? Bowendien was hy ook baie mooi van gestalte, en sy moeder het hom ná Absalom gebaar.
7 En hy het met Joab, die seun van Serúja, onderhandel en met Ábjatar, die priester, sodat hulle gehelp het as volgelinge van Adónia.
8 Maar Sadok, die priester, en Benája, die seun van Jójada, en Natan, die profeet, en Símeï en Reï en die helde van Dawid het nie met Adónia saamgegaan nie.
9 En Adónia het kleinvee en beeste en vetgemaakte vee geslag by die klip Sohélet wat langs die fontein Rogel staan, en al sy broers, die seuns van die koning, en al die manne van Juda, die dienaars van die koning, genooi;
10 maar Natan, die profeet, en Benája en die helde en sy broer Salomo het hy nie genooi nie.
11 Toe sê Natan vir Bátseba, die moeder van Salomo: Het u nie gehoor dat Adónia, die seun van Haggit, koning geword het sonder dat ons heer Dawid dit weet nie?
12 Kom dan nou, laat ek u tog 'n raad gee, dat u u lewe en die lewe van u seun Salomo kan red.
13 Gaan en tree binne by koning Dawid en sê vir hom: Het ú nie, my heer die koning, vir u dienares gesweer en gesê nie: U seun Salomo sal sekerlik koning word ná my, en hý sal op my troon sit? Waarom het Adónia dan koning geword?
14 Kyk, terwyl u daar nog met die koning spreek, sal ék agter u inkom en u woorde aanvul.
15 Daarop het Bátseba ingegaan na die koning in die kamer, terwyl die koning baie oud was en Abísag, die Sunamitiese, die koning bedien.
16 En Bátseba het gebuig en neergeval voor die koning. Toe sê die koning: Wat wil u hê?
17 En sy antwoord hom: My heer, ú het by die Here u God vir u dienares gesweer: U seun Salomo sal sekerlik ná my koning word, en hý sal op my troon sit.
18 Maar kyk, nou het Adónia koning geword sonder dat u, my heer die koning, dit weet.
19 Want hy het beeste en vetgemaakte vee en kleinvee in menigte geslag en al die seuns van die koning en Ábjatar, die priester, en Joab, die leërowerste, genooi; maar u dienaar Salomo het hy nie genooi nie.
20 Maar op ú, my heer die koning, is die oë van die hele Israel om hulle te kenne te gee wie op die troon van my heer die koning ná hom sal sit.
21 Anders sal dit gebeur, sodra my heer die koning met sy vaders ontslaap het, dat ek en my seun Salomo vir misdadigers gehou sal word.
22 En kyk, terwyl sy nog met die koning spreek, kom die profeet Natan in.
23 En hulle het dit die koning te kenne gegee en gesê: Daar is Natan, die profeet. Toe kom hy voor die koning en buig hom voor die koning met sy aangesig na die aarde toe.
24 En Natan sê: My heer die koning, het ú gesê: Adónia sal ná my koning word, en hý sal op my troon sit?
25 Want hy het vandag gegaan en beeste en vetgemaakte vee en kleinvee in menigte geslag en al die seuns van die koning en die leërowerstes en Ábjatar, die priester, genooi, en kyk, hulle eet en drink voor hom en sê: Mag koning Adónia lewe!
26 Maar mý, u dienaar, en Sadok, die priester, en Benája, die seun van Jójada, en Salomo, u dienaar, het hy nie genooi nie.
27 As hierdie saak van my heer die koning uitgegaan het, dan het u aan u dienaars nie bekend gemaak wie op die troon van my heer die koning ná hom sal sit nie.
28 Daarop antwoord koning Dawid en sê: Roep Bátseba vir my! En sy het ingekom voor die koning en voor die koning gaan staan.
29 Toe sweer die koning en sê: So waar as die Here leef wat my uit alle benoudheid verlos het,
30 sekerlik, soos ek u by die Here, die God van Israel, gesweer en gesê het dat u seun Salomo ná my koning moet word en hý op my troon moet sit in my plek, sekerlik so doen ek vandag nog.
31 En Bátseba het met die aangesig na die aarde gebuig en voor die koning neergeval en gesê: Mag my heer die koning Dawid vir ewig lewe!
32 Verder het koning Dawid gesê: Roep vir my Sadok, die priester, en Natan, die profeet, en Benája, die seun van Jójada. Toe kom hulle in voor die koning,
33 en die koning sê vir hulle: Neem die dienaars van julle heer met julle saam en laat my seun Salomo op my eie muil ry, en bring hom af na Gihon toe;
34 en laat Sadok, die priester, en Natan, die profeet, hom daar as koning oor Israel salf, en julle moet op die ramshoring blaas en sê: Mag koning Salomo lewe!
35 Dan moet julle agter hom optrek, dat hy kan inkom en op my troon sit; want hý moet koning wees in my plek, en ek het hom aangestel om 'n vors oor Israel en Juda te wees.
36 Toe antwoord Benája, die seun van Jójada, die koning en sê: Amen! Mag die Here, die God van my heer die koning, ook so sê.
37 Soos die Here met my heer die koning was, mag Hy so met Salomo wees; en mag Hy sy troon groter maak as die troon van my heer die koning Dawid.
38 Toe het Sadok, die priester, afgegaan saam met Natan, die profeet, en Benája, die seun van Jójada, en die Kreti en die Pleti, en hulle het Salomo laat ry op die muil van koning Dawid en hom na Gihon gebring.
39 En die priester Sadok het die horing met olie uit die tent geneem en Salomo gesalf, en hulle het op die ramshoring geblaas, en die hele volk het gesê: Mag koning Salomo lewe!
40 Toe gaan die hele volk op agter hom aan, terwyl die volk op fluite speel en hulle verheug met groot blydskap, sodat die aarde geskeur het van hulle geluid.
41 En Adónia het dit gehoor en al die genooides wat by hom was, toe hulle net klaar geëet het; Joab het ook die geluid van die ramshoring gehoor en gesê: Waarom is die geluid van die stad rumoerig?
42 Terwyl hy nog spreek, kom Jónatan, die seun van die priester Ábjatar, daar aan; en Adónia sê: Kom in, want jy is 'n wakker man en bring 'n goeie boodskap.
43 Maar Jónatan antwoord Adónia en sê: Ja, maar ons heer die koning Dawid het Salomo koning gemaak!
44 En die koning het Sadok, die priester, en Natan, die profeet, en Benája, die seun van Jójada, en die Kreti en die Pleti met hom saam gestuur, en hulle het hom op die koning se muil laat ry;
45 en Sadok, die priester, en Natan, die profeet, het hom in Gihon as koning gesalf, en daarvandaan het hulle met blydskap opgetrek, sodat die stad opgewonde geraak het; dit is die geluid wat julle gehoor het.
46 En ook het Salomo op die koninklike troon gaan sit.
47 Bowendien het die dienaars van die koning gekom om ons heer die koning Dawid geluk te wens met die woorde: Mag u God die naam van Salomo beter maak as u naam en sy troon groter maak as u troon. Toe het die koning op die bed aanbid;
48 en die koning het ook so gesê: Geseënd is die Here, die God van Israel, wat vandag gegee het dat een op my troon sit terwyl my oë dit sien.
49 Daarop het al die genooides wat by Adónia was, verskrik opgestaan en elkeen sy pad gegaan.
50 Maar Adónia was bevrees vir Salomo en het opgestaan en heengegaan en die horings van die altaar vasgehou.
51 Toe is daar aan Salomo meegedeel en gesê: Kyk, Adónia is bevrees vir koning Salomo; en kyk, hy hou die horings van die altaar vas en sê: Laat koning Salomo eers vir my sweer dat hy sy dienaar nie met die swaard sal ombring nie.
52 Daarop sê Salomo: As hy 'n betroubare man sal wees, sal geen haar van hom op die aarde val nie; maar as daar kwaad in hom gevind word, moet hy sterwe.
53 En koning Salomo het gestuur, en hulle het hom van die altaar afgebring, en hy het ingekom en hom voor koning Salomo neergebuig. En Salomo het vir hom gesê: Gaan na jou huis.
1 Когда царь Давид состарился, войдя в преклонные лета, то покрывали его одеждами, но не мог он согреться. 2 И сказали ему слуги его: пусть поищут для господина нашего царя молодую девицу, чтоб она предстояла царю и ходила за ним и лежала с ним, — и будет тепло господину нашему, царю. 3 Глава 1. [3]Нав 19:18.3 Цар 2:17.4 Цар 4:8. И искали красивой девицы во всех пределах Израильских, и нашли Ависагу Сунамитянку, и привели ее к царю. 4 Девица была очень красива, и ходила она за царем и прислуживала ему; но царь не познал ее.
5 [5]2 Цар 3:4.1 Пар 3:2. Адония, сын Аггифы, возгордившись, говорил: я буду царем. И завел себе колесницы и всадников и пятьдесят человек скороходов. 6 [6]2 Цар 3:4;14:25. Отец же никогда не стеснял его вопросом: для чего ты это делаешь? Он же был очень красив и родился ему после Авессалома. 7 [7]3 Цар 2:22. И советовался он с Иоавом, сыном Саруиным, и с Авиафаром священником, и они помогали Адонии. 8 [8]1 Пар 23:7. Но священник Садок и Ванея, сын Иодаев, и пророк Нафан, и Семей, и Рисий, и сильные Давидовы не были на стороне Адонии. 9 [9]Быт 31:54.Нав 15:7.2 Цар 17:17. И заколол Адония овец и волов и тельцов у камня Зохелет, что у источника Рогель, и пригласил всех братьев своих, сыновей царя, со всеми Иудеянами, служившими у царя. 10 Пророка же Нафана и Ванею, и тех сильных, и Соломона, брата своего, не пригласил. 11 [11]2 Пар 9:29. Тогда Нафан сказал Вирсавии, матери Соломона, говоря: слышала ли ты, что Адония, сын Аггифин, сделался царем, а господин наш Давид не знает о том? 12 Теперь, вот, я советую тебе: спасай жизнь твою и жизнь сына твоего Соломона. 13 [13]Исх 11:5. Иди и войди к царю Давиду и скажи ему: не клялся ли ты, господин мой царь рабе твоей, говоря: «сын твой Соломон будет царем после меня и он сядет на престоле моем»? Почему же воцарился Адония? 14 И вот, когда ты еще будешь говорить там с царем, войду и я вслед за тобою и дополню слова твои. 15 Вирсавия пошла к царю в спальню; царь был очень стар, и Ависага Сунамитянка прислуживала царю; 16 и наклонилась Вирсавия и поклонилась царю; и сказал царь: что тебе? 17 [17]2 Цар 12:24.1 Пар 28:5. Она сказала ему: господин мой, царь! ты клялся рабе твоей Господом Богом твоим: «сын твой Соломон будет царствовать после меня, и он сядет на престоле моем». 18 А теперь, вот, Адония воцарился, и ты, господин мой царь не знаешь о том. 19 И заколол он множество волов, тельцов и овец, и пригласил всех сыновей царских и священника Авиафара, и военачальника Иоава; Соломона же, раба твоего, не пригласил. 20 Но ты, господин мой, — царь, и глаза всех Израильтян устремлены на тебя, чтобы ты объявил им, кто сядет на престоле господина моего, царя, после него; 21 иначе, когда господин мой царь почиет с отцами своими, падет обвинение на меня и на сына моего Соломона. 22 Когда она еще говорила с царем, пришел и пророк Нафан. 23 [23]2 Цар 24:20. И сказали царю, говоря: вот Нафан пророк. И вошел он к царю и поклонился царю лицем до земли. 24 И сказал Нафан: господин мой царь! сказал ли ты: «Адония будет царствовать после меня и он сядет на престоле моем»? 25 [25]1 Цар 10:24. Потому что он ныне сошел и заколол множество волов, тельцов и овец, и пригласил всех сыновей царских и военачальников и священника Авиафара, и вот, они едят и пьют у него и говорят: да живет царь Адония! 26 А меня, раба твоего, и священника Садока, и Ванею, сына Иодаева, и Соломона, раба твоего, не пригласил. 27 Не сталось ли это по воле господина моего царя, и для чего ты не открыл рабу твоему, кто сядет на престоле господина моего царя после него? 28 И отвечал царь Давид и сказал: позовите ко мне Вирсавию. И вошла она и стала пред царем. 29 [29]2 Цар 4:9. И клялся царь и сказал: жив Господь, избавлявший душу мою от всякой беды! 30 [30]3 Цар 3:6;8:20. Как я клялся тебе Господом Богом Израилевым, говоря, что Соломон, сын твой, будет царствовать после меня и он сядет на престоле моем вместо меня, так я и сделаю это сегодня. 31 И наклонилась Вирсавия лицем до земли, и поклонилась царю, и сказала: да живет господин мой царь Давид вовеки!
32 И сказал царь Давид: позовите ко мне священника Садока и пророка Нафана и Ванею, сына Иодаева. И вошли они к царю. 33 [33]Быт 41:43.1 Пар 23:1.2 Пар 32:30. И сказал им царь: возьмите с собою слуг господина вашего и посадите Соломона, сына моего, на мула моего, и сведите его к Гиону, 34 [34]1 Цар 10:1;16:12.3 Цар 19:15. и да помажет его там Садок священник и Нафан пророк в царя над Израилем, и затрубите трубою и возгласите: да живет царь Соломон! 35 [35]1 Пар 23:1. Потом проводите его назад, и он придет и сядет на престоле моем; он будет царствовать вместо меня; ему завещал я быть вождем Израиля и Иуды. 36 [36]1 Пар 22:9. И отвечал Ванея, сын Иодаев, царю и сказал: аминь, — да скажет так Господь Бог господина моего царя! 37 Как был Господь Бог с господином моим царем, так да будет Он с Соломоном и да возвеличит престол его более престола господина моего царя Давида! 38 [38]2 Цар 8:18;15:18;20:7. И пошли Садок священник и Нафан пророк и Ванея, сын Иодая, и Хелефеи и Фелефеи, и посадили Соломона на мула царя Давида, и повели его к Гиону. 39 [39]Исх 30:25.4 Цар 11:12.Мф 21:9. И взял Садок священник рог с елеем из скинии и помазал Соломона. И затрубили трубою, и весь народ восклицал: да живет царь Соломон! 40 И весь народ провожал Соломона, и играл народ на свирелях, и весьма радовался, так что земля расседалась от криков его. 41 И услышал Адония и все приглашенные им, как только перестали есть; а Иоав, услышав звук трубы, сказал: отчего этот шум волнующегося города? 42 [42]2 Цар 15:27;18:31. Еще он говорил, как пришел Ионафан, сын священника Авиафара. И сказал Адония: войди; ты — честный человек и несешь добрую весть. 43 И отвечал Ионафан и сказал Адонии: да, господин наш царь Давид поставил Соломона царем; 44 [44]3 Цар 1:38. и послал царь с ним Садока священника и Нафана пророка, и Ванею, сына Иодая, и Хелефеев и Фелефеев, и они посадили его на мула царского; 45 и помазали его Садок священник и Нафан пророк в царя в Гионе, и оттуда отправились с радостью, и пришел в движение город. Вот отчего шум, который вы слышите. 46 И Соломон уже сел на царском престоле. 47 [47]Быт 47:31. И слуги царя приходили поздравить господина нашего царя Давида, говоря: Бог твой да прославит имя Соломона более твоего имени и да возвеличит престол его более твоего престола. И поклонился царь на ложе своем, 48 и сказал царь так: «благословен Господь Бог Израилев, Который сегодня дал [от семени моего] сидящего на престоле моем, и очи мои видят это!» 49 Тогда испугались и встали все приглашенные, которые были у Адонии, и пошли каждый своею дорогою. 50 [50]Исх 27:2. Адония же, боясь Соломона, встал и пошел и ухватился за роги жертвенника. 51 [51]3 Цар 2:28. И донесли Соломону, говоря: вот, Адония боится царя Соломона, и вот, он держится за роги жертвенника, говоря: пусть поклянется мне теперь царь Соломон, что он не умертвит раба своего мечом. 52 [52]1 Цар 14:45.Лк 12:7.Деян 27:34. И сказал Соломон: если он будет человеком честным, то ни один волос его не упадет на землю; если же найдется в нем лукавство, то умрет. 53 И послал царь Соломон, и привели его от жертвенника. И он пришел и поклонился царю Соломону; и сказал ему Соломон: иди в дом свой.