Abía koning van Juda.
1 EN in die agttiende jaar van koning Jeróbeam, die seun van Nebat, het Abía oor Juda koning geword.
2 Hy het drie jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Máäga, die dogter van Abísalom.
3 En hy het gewandel in al die sondes van sy vader wat hy voor hom gedoen het; en sy hart was nie volkome met die Here sy God soos die hart van sy vader Dawid nie.
4 Maar ter wille van Dawid het die Here sy God vir hom 'n lamp in Jerusalem gegee deur sy seun ná hom te verwek en Jerusalem in stand te hou,
5 omdat Dawid gedoen het wat reg was in die oë van die Here, sonder om af te wyk van alles wat Hy hom beveel het, al die dae van sy lewe, behalwe in die saak van Uría, die Hetiet.
6 En daar was oorlog tussen Rehábeam en Jeróbeam, al die dae van sy lewe.
7 En die verdere geskiedenis van Abía en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie? Daar was ook oorlog tussen Abía en Jeróbeam.
8 En Abía het ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in die stad van Dawid; en sy seun Asa het in sy plek koning geword.
Asa koning van Juda.
9 IN die twintigste jaar dan van Jeróbeam, die koning van Israel, het Asa koning van Juda geword.
10 En hy het een-en-veertig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Máäga, 'n dogter van Abísalom.
11 En Asa het gedoen wat reg was in die oë van die Here net soos sy vader Dawid:
12 hy het die skandseuns uit die land laat wegtrek en al die drekgode verwyder wat sy vaders gemaak het.
13 Ja, selfs sy moeder Máäga het hy as gebiedster afgesit, omdat sy 'n afgryslike voorwerp vir Asjéra gemaak het; en Asa het die afgryslike voorwerp omgekap en in die dal Kidron verbrand.
14 Die hoogtes is wel nie afgeskaf nie, maar Asa se hart was volkome met die Here al sy dae.
15 En hy het die heilige gawes van sy vader en sy heilige gawes in die huis van die Here gebring: silwer en goud en allerhande voorwerpe.
16 En daar was oorlog tussen Asa en Baésa, die koning van Israel, al hulle dae.
17 En Baésa, die koning van Israel, het teen Juda opgetrek en Rama gebou om niemand van Asa, die koning van Juda, te laat uit- of ingaan nie.
18 Toe neem Asa al die silwer en die goud wat oorgebly het in die skatkamers van die huis van die Here en die skatte van die huis van die koning, en gee dit in die hand van sy dienaars; en koning Asa het hulle gestuur na Bénhadad, die seun van Tabrímmon, die seun van Hésjon, die koning van Aram wat in Damaskus gewoon het, om te sê:
19 Daar is 'n verbond tussen my en u, tussen my vader en u vader; kyk, ek stuur 'n geskenk van silwer en goud; gaan verbreek u verbond met Baésa, die koning van Israel, dat hy kan optrek, weg van my af.
20 En Bénhadad het geluister na koning Asa en die owerstes van sy leërmagte teen die stede van Israel gestuur, en Ijon en Dan en Abel-Bet-Máäga en die hele Kínnerot met die hele land Náftali verwoes.
21 En net toe Baésa dit hoor, het hy opgehou om Rama te bou en in Tirsa gebly.
22 Toe roep koning Asa die hele Juda op — niemand was vry nie — en hulle het die klippe en balke van Rama, waarmee Baésa gebou het, weggedra; en daarmee het koning Asa Geba in Benjamin en Mispa gebou.
23 En die res van die verdere geskiedenis van Asa en al sy magtige dade en alles wat hy gedoen het, en die stede wat hy gebou het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie? Maar in die tyd van sy ouderdom het hy aan sy voete gely.
24 En Asa het ontslaap met sy vaders en is by sy vaders begrawe in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Jósafat het in sy plek koning geword.
Baésa roei die huis van Jeróbeam uit en regeer oor Israel.
25 EN Nadab, die seun van Jeróbeam, het koning geword oor Israel in die tweede jaar van Asa, die koning van Juda, en hy het twee jaar oor Israel geregeer.
26 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here, en gewandel in die weg van sy vader en in sy sonde waarmee hy Israel laat sondig het.
27 Maar Baésa, die seun van Ahía, van die huis van Íssaskar, het 'n sameswering teen hom gesmee, en Baésa het hom verslaan by Gíbbeton wat aan die Filistyne behoort, terwyl Nadab en die hele Israel besig was om Gíbbeton te beleër.
28 So het Baésa hom dan gedood in die derde jaar van Asa, die koning van Juda, en koning geword in sy plek.
29 En sodra hy koning was, het hy die hele huis van Jeróbeam omgebring; hy het van Jeróbeam niks laat oorbly wat asemhaal nie, totdat hy hom verdelg het, volgens die woord van die Here wat Hy gespreek het deur die diens van sy kneg Ahía, die Siloniet —
30 vanweë die sondes van Jeróbeam wat hy gedoen en waarmee hy Israel laat sondig het, deur sy geterg waarmee hy die Here, die God van Israel, geterg het.
31 En die verdere geskiedenis van Nadab en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?
32 En daar was oorlog tussen Asa en Baésa, die koning van Israel, al hulle dae.
33 In die derde jaar van Asa, die koning van Juda, het Baésa, die seun van Ahía, oor die hele Israel koning geword in Tirsa, vier-en-twintig jaar lank.
34 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here en gewandel in die weg van Jeróbeam en in sy sonde waarmee hy Israel laat sondig het.
1 Глава 15. [1]2 Пар 13:1. В восемнадцатый год царствования Иеровоама, сына Наватова, Авия воцарился над Иудеями. 2 [2]2 Пар 11:20. Три года он царствовал в Иерусалиме; имя матери его Мааха, дочь Авессалома. 3 [3]2 Пар 12:14.3 Цар 14:8. Он ходил во всех грехах отца своего, которые тот делал прежде него, и сердце его не было предано Господу Богу его, как сердце Давида, отца его. 4 [4]3 Цар 11:36.4 Цар 8:19. Но ради Давида Господь Бог его дал ему светильник в Иерусалиме, восставив по нем сына его и утвердив Иерусалим, 5 [5]2 Цар 11:4,17;12:9. потому что Давид делал угодное пред очами Господа и не отступал от всего того, что Он заповедал ему, во все дни жизни своей, кроме поступка с Уриею Хеттеянином. 6 И война была между Ровоамом и Иеровоамом во все дни жизни их.
7 [7]2 Пар 13:3. Прочие дела Авии, всё, что он сделал, описано в летописи царей Иудейских. И была война между Авиею и Иеровоамом. 8 [8]2 Пар 14:1. И почил Авия с отцами своими, и похоронили его в городе Давидовом. И воцарился Аса, сын его, вместо него.
9 В двадцатый год царствования Иеровоама, царя Израильского, воцарился Аса над Иудеями 10 [10]2 Пар 13:2. и сорок один год царствовал в Иерусалиме; имя матери его Ана́, дочь Авессалома. 11 Аса делал угодное пред очами Господа, как Давид, отец его. 12 [12]Втор 23:17.3 Цар 14:24. Он изгнал блудников из земли и отверг всех идолов, которых сделали отцы его, 13 [13]2 Пар 15:16. и даже мать свою Ану́ лишил звания царицы за то, что она сделала истукан Астарты; и изрубил Аса истукан ее и сжег у потока Кедрона. 14 [14]Лев 26:30.3 Цар 22:43.2 Пар 15:17. Высоты же не были уничтожены. Но сердце Асы было предано Господу во все дни его. 15 И внес он в дом Господень вещи, посвященные отцом его, и вещи, посвященные им: серебро и золото и сосуды. 16 [16]3 Цар 14:30.2 Пар 16:9. И война была между Асою и Ваасою, царем Израильским, во все дни их. 17 [17]2 Пар 16:1. И вышел Вааса, царь Израильский, против Иудеи и начал строить Раму, чтобы никто не выходил и не уходил к Асе, царю Иудейскому. 18 [18]4 Цар 12:18;16:8.2 Пар 16:2. И взял Аса все серебро и золото, остававшееся в сокровищницах дома Господня и в сокровищницах дома царского, и дал его в руки слуг своих, и послал их царь Аса к Венададу, сыну Тавримона, сына Хезионова, царю Сирийскому, жившему в Дамаске, и сказал: 19 союз да будет между мною и между тобою, как был между отцом моим и между отцом твоим; вот, я посылаю тебе в дар серебро и золото; расторгни союз твой с Ваасою, царем Израильским, чтобы он отошел от меня. 20 [20]2 Пар 16:4.Быт 14:14. И послушался Венадад царя Асы, и послал военачальников своих против городов Израильских, и поразил Аин и Дан и Авел-Беф-Мааху и весь Киннероф, по всей земле Неффалима. 21 [21]2 Пар 16:5. Услышав о сем, Вааса перестал строить Раму и возвратился в Фирцу. 22 [22]Нав 18:24. Царь же Аса созвал всех Иудеев, никого не исключая, и вынесли они из Рамы камни и дерева, которые Вааса употреблял для строения. И выстроил из них царь Аса Гиву Вениаминову и Мицпу.
23 [23]2 Пар 14:2;16:11–12. Все прочие дела Асы и все подвиги его, и всё, что он сделал, и города, которые он построил, описаны в летописи царей Иудейских, кроме того, что в старости своей он был болен ногами. 24 [24]2 Пар 16:13;17:1. И почил Аса с отцами своими и погребен с отцами своими в городе Давида, отца своего. И воцарился Иосафат, сын его, вместо него.
25 Нават же, сын Иеровоамов, воцарился над Израилем во второй год Асы, царя Иудейского, и царствовал над Израилем два года. 26 [26]3 Цар 12:33;16:19,26;22:52. И делал он неугодное пред очами Господа, ходил путем отца своего и во грехах его, которыми тот ввел Израиля в грех. 27 [27]3 Цар 14:14;16:9.Нав 19:44. И сделал против него заговор Вааса, сын Ахии, из дома Иссахарова, и убил его Вааса при Гавафоне Филистимском, когда Нават и все Израильтяне осаждали Гавафон: 28 [28]3 Цар 16:7. и умертвил его Вааса в третий год Асы, царя Иудейского, и воцарился вместо него. 29 [29]3 Цар 14:10;16:3;21:22.4 Цар 9:9. Когда он воцарился, то избил весь дом Иеровоамов, не оставил ни души у Иеровоама, доколе не истребил его, по слову Господа, которое Он изрек чрез раба Своего Ахию Силомлянина, 30 [30]Сир 47:29. за грехи Иеровоама, которые он сам делал и которыми ввел в грех Израиля, за оскорбление, которым он прогневал Господа Бога Израилева.
31 [31]3 Цар 16:5. Прочие дела Навата, всё, что он сделал, описано в летописи царей Израильских. 32 [32]3 Цар 15:16.2 Пар 16:9. И война была между Асою и Ваасою, царем Израильским, во все дни их.
33 В третий год Асы, царя Иудейского, воцарился Вааса, сын Ахии, над всеми Израильтянами в Фирце и царствовал двадцать четыре года. 34 [34]3 Цар 15:26;16:19,25;22:52. И делал неугодное пред очами Господними и ходил путем Иеровоама и во грехах его, которыми тот ввел в грех Израиля.