Pular para o conteúdo
Publicidade

1 Reis 14

SYNOD

Ahía voorspel die ondergang van Jeróbeam.

1 IN dieselfde tyd het Abía, die seun van Jeróbeam, siek geword.

2 En Jeróbeam het vir sy vrou gesê: Maak jou tog gereed en trek ander klere aan, sodat hulle nie kan merk dat jy die vrou van Jeróbeam is nie, en gaan na Silo; kyk, daar is die profeet Ahía wat van my gesê het dat ek koning oor hierdie volk sou word.

3 En neem met jou saam tien brode en koeke en 'n kruik met heuning, en gaan na hom toe; hy sal jou te kenne gee wat met die seun sal gebeur.

4 En die vrou van Jeróbeam het so gedoen haar gereedgemaak en na Silo gegaan en in die huis van Ahía gekom; en Ahía kon nie sien nie, want sy was styf vanweë sy ouderdom.

5 Maar die Here het vir Ahía gesê: Kyk, die vrou van Jeróbeam kom om jou te raadpleeg oor haar seun, want hy is siek; so en so moet jy vir haar . En toe sy inkom, terwyl sy haar as 'n vreemde aanstel,

6 en Ahía die geluid van haar voete hoor toe sy by die deur inkom, hy: Kom in, vrou van Jeróbeam! Waarom stel jy jou so vreemd aan? Aan my is 'n harde boodskap aan jou toevertrou.

7 Gaan vir Jeróbeam: So spreek die Here, die God van Israel: Omdat Ek jou onder die volk uit verhef het en jou as 'n vors oor my volk Israel aangestel het

8 en die koningskap van die huis van Dawid afgeskeur en dit aan jou gegee het, maar jy nie soos my kneg Dawid was wat my gebooie gehou en My met sy hele hart nagevolg het om net te doen wat reg is in my nie,

9 maar jy meer kwaad gedoen het as al jou voorgangers en vir jou ander gode en gegote beelde gaan maak het om My te terg en My agter jou rug gewerp het

10 kyk, daarom bring Ek onheil oor die huis van Jeróbeam en sal van Jeróbeam uitroei al wat manlik is in Israel, sonder uitsondering; en Ek sal die huis van Jeróbeam skoon wegvee soos 'n mens drek wegvee totdat daar niks van oor is nie.

11 Die een wat van Jeróbeam in die stad sterwe, hom sal die honde eet; en wat in die veld sterwe, sal die voëls van die hemel eet, want die Here het dit gespreek.

12 Maak jou dan klaar, gaan na jou huis; as jou voete die stad inkom, sal die kind sterwe.

13 En die hele Israel sal hom beklaag en hom begrawe, want hy alleen van Jeróbeam sal in 'n graf kom, omdat in hom iets goeds voor die Here, die God van Israel, te vinde was in die huis van Jeróbeam.

14 Maar die Here sal vir Hom 'n koning oor Israel verwek wat die huis van Jeróbeam dié dag sal uitroei; ja, wat ek? Nou al.

15 En die Here sal Israel slaan, soos 'n riet in die water heen en weer beweeg, en sal Israel uitruk uit hierdie goeie land wat Hy aan hulle vaders gegee het, en hulle anderkant die Eufraat verstrooi, omdat hulle hul heilige boomstamme gemaak en die Here geterg het.

16 En Hy sal Israel oorgee vanweë die sondes van Jeróbeam wat hy gedoen het en waarmee hy Israel laat sondig het.

17 Toe het die vrou van Jeróbeam haar klaargemaak en weggegaan en in Tirsa aangekom. Net toe sy op die drumpel van die huis kom, het die seun gesterwe.

18 En hulle het hom begrawe, en die hele Israel het hom beklaag volgens die woord van die Here wat Hy gespreek het deur die diens van sy kneg, die profeet Ahía.

19 En die verdere geskiedenis van Jeróbeam, hoe hy oorlog gevoer en hoe hy geregeer het, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.

20 En die dae wat Jeróbeam geregeer het, was twee-en-twintig jaar; en hy het ontslaap met sy vaders, en sy seun Nadab het in sy plek koning geword.

Afgodery en verdorwenheid van Juda onder Rehábeam.

21 EN Rehábeam, die seun van Salomo, was koning in Juda; een-en-veertig jaar was Rehábeam oud toe hy koning geword het, en sewentien jaar het hy geregeer in Jerusalem, die stad wat die Here verkies het uit al die stamme van Israel om sy Naam daar te vestig. En die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese.

22 En Juda het gedoen wat verkeerd was in die van die Here en sy ywer opgewek, meer as al die dade van hulle vaders, deur hul sondes wat hulle gedoen het.

23 En hulle het ook vir hulle hoogtes gebou en klippilare en heilige boomstamme op elke hoë heuwel en onder elke groen boom.

24 En daar was ook skandseuns in die land; hulle het gehandel volgens al die gruwels van die nasies wat die Here voor die kinders van Israel uit verdrywe het.

25 In die vyfde jaar van koning Rehábeam trek Sisak, die koning van Egipte, toe teen Jerusalem op,

26 en hy neem die skatte van die huis van die Here en die skatte van die huis van die koning weg; ja, hy het alles weggeneem; ook al die goue skilde wat Salomo gemaak het, het hy weggeneem.

27 Daarop maak koning Rehábeam in die plek daarvan koperskilde, en hy het dit aan die owerstes van die hardlopers toevertrou wat die deur van die koning se huis bewaak het.

28 So dikwels as die koning in die huis van die Here ingaan, dra die hardlopers dit en bring dit weer terug in die wagkamer van die hardlopers.

29 En die verdere geskiedenis van Rehábeam en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

30 En daar was gedurigdeur oorlog tussen Rehábeam en Jeróbeam.

31 En Rehábeam het ontslaap met sy vaders en is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid; en die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese; en sy seun Abía het in sy plek koning geword.

1 В то время заболел Авия, сын Иеровоамов. 2 Глава 14. [2]3 Цар 11:31. И сказал Иеровоам жене своей: встань и переоденься, чтобы не узнали, что ты жена Иеровоамова, и пойди в Силом. Там есть пророк Ахия; он предсказал мне, что я буду царем сего народа. 3 [3]1 Цар 9:7. И возьми с собою [для человека Божия] десять хлебов, и лепешек, и кувшин меду, и пойди к нему: он скажет тебе, что будет с отроком. 4 Жена Иеровоама так и сделала: встала, пошла в Силом и пришла в дом Ахии. Ахия уже не мог видеть, ибо глаза его сделались неподвижны от старости. 5 И сказал Господь Ахии: вот, идет жена Иеровоамова спросить тебя о сыне своем, ибо он болен; так и так говори ей; она придет переодетая. 6 Ахия, услышав шорох от ног ее, когда она вошла в дверь, сказал: войди, жена Иеровоамова; для чего было тебе переодеваться? Я грозный посланник к тебе. 7 [7]3 Цар 1:35;11:29;16:2. Пойди, скажи Иеровоаму: так говорит Господь Бог Израилев: Я возвысил тебя из среды простого народа и поставил вождем народа Моего Израиля, 8 [8]3 Цар 11:31. и отторг царство от дома Давидова и дал его тебе; а ты не таков, как раб Мой Давид, который соблюдал заповеди Мои и который последовал Мне всем сердцем своим, делая только угодное пред очами Моими; 9 [9]Неем 9:26. ты поступал хуже всех, которые были прежде тебя, и пошел, и сделал себе иных богов и истуканов, чтобы раздражить Меня, Меня же отбросил назад; 10 [10]3 Цар 15:29. за это Я наведу беды на дом Иеровоамов и истреблю у Иеровоама до мочащегося к стене, заключенного и оставшегося в Израиле, и вымету дом Иеровоамов, как выметают сор, дочиста; 11 кто умрет у Иеровоама в городе, того съедят псы, а кто умрет на поле, того склюют птицы небесные; так Господь сказал. 12 Встань и иди в дом твой; и как скоро нога твоя ступит в город, умрет дитя; 13 [13]3 Цар 13:22;14:18.Прем 4:14. и оплачут его все Израильтяне и похоронят его, ибо он один у Иеровоама войдет в гробницу, так как в нем, из дома Иеровоамова, нашлось нечто доброе пред Господом Богом Израилевым. 14 [14]3 Цар 15:29. И восставит Себе Господь над Израилем царя, который истребит дом Иеровоамов в тот день; и что? даже теперь. 15 [15]2 Пар 13:17.4 Цар 17:6. И поразит Господь Израиля, и будет он, как тростник, колеблемый в воде, и извергнет Израильтян из этой доброй земли, которую дал отцам их, и развеет их за реку, за то, что они сделали у себя идолов, раздражая Господа; 16 [16]3 Цар 12:28. и предаст [Господь] Израиля за грехи Иеровоама, которые он сам сделал и которыми ввел в грех Израиля. 17 [17]3 Цар 11:26;16:8. И встала жена Иеровоамова, и пошла, и пришла в Фирцу; и лишь только переступила чрез порог дома, дитя умерло. 18 [18]3 Цар 14:13.2 Пар 10:15. И похоронили его, и оплакали его все Израильтяне, по слову Господа, которое Он изрек чрез раба Своего Ахию пророка.

19 [19]2 Пар 10:15;13:2. Прочие дела Иеровоама, как он воевал и как царствовал, описаны в летописи царей Израильских. 20 Времени царствования Иеровоамова было двадцать два года; и почил он с отцами своими, и воцарился Нават, сын его, вместо него.

21 [21]2 Пар 12:13. Ровоам, сын Соломонов, царствовал в Иудее. Сорок один год было Ровоаму, когда он воцарился, и семнадцать лет царствовал в Иерусалиме, в городе, который избрал Господь из всех колен Израилевых, чтобы пребывало там имя Его. Имя матери его Наама Аммонитянка. 22 [22]2 Пар 12:1. И делал Иуда неугодное пред очами Господа, и раздражали Его более всего того, что сделали отцы их своими грехами, какими они грешили. 23 [23]Исх 20:4.Втор 12:2.4 Цар 16:4. И устроили они у себя высоты и статуи и капища на всяком высоком холме и под всяким тенистым деревом. 24 [24]Втор 18:9.4 Цар 21:11.2 Пар 33:2. И блудники были также в этой земле и делали все мерзости тех народов, которых Господь прогнал от лица сынов Израилевых. 25 [25]2 Пар 12:2. На пятом году царствования Ровоамова, Сусаким, царь Египетский, вышел против Иерусалима 26 [26]3 Цар 10:16. и взял сокровища дома Господня и сокровища дома царского [и золотые щиты, которые взял Давид от рабов Адраазара, царя Сувского, и внес в Иерусалим]. Всё взял; взял и все золотые щиты, которые сделал Соломон. 27 [27]2 Пар 12:10. И сделал царь Ровоам вместо них медные щиты и отдал их на руки начальникам телохранителей, которые охраняли вход в дом царя. 28 Когда царь выходил в дом Господень, телохранители несли их, и потом опять относили их в палату телохранителей. 29 [29]2 Пар 12:15. Прочее о Ровоаме и обо всем, что он делал, описано в летописи царей Иудейских. 30 [30]3 Цар 15:6,16. Между Ровоамом и Иеровоамом была война во все дни жизни их. 31 [31]Втор 31:16.2 Пар 12:16. И почил Ровоам с отцами своими и погребен с отцами своими в городе Давидовом. Имя матери его Наама Аммонитянка. И воцарился Авия, сын его, вместо него.

Veja também