Pular para o conteúdo
Publicidade

1 Reis 22

SYNOD

Agab sluit 'n verbond met Jósafat, die koning van Juda. Hy verwerp die raad van Miga en kom om in die oorlog.

1 HULLE het toe drie jaar lank stil gesit, dat daar geen oorlog was tussen Aram en Israel nie.

2 Maar in die derde jaar het Jósafat, die koning van Juda, afgekom na die koning van Israel.

3 En die koning van Israel vra sy dienaars: Weet julle dat Ramot in Gílead aan ons behoort? En ons sit stil sonder om dit uit die hand van die koning van Aram te neem!

4 Daarna hy vir Jósafat: Sal u saam met my in die oorlog trek na Ramot in Gílead? En Jósafat antwoord die koning van Israel: Ek is soos u, my volk soos u volk, my perde soos u perde.

5 Verder het Jósafat aan die koning van Israel gesê: Raadpleeg tog eers die woord van die Here.

6 Toe laat die koning van Israel die profete bymekaarkom, omtrent vierhonderd man, en hy aan hulle: Sal ek teen Ramot in Gílead trek om te veg of dit laat staan? En hulle antwoord: Trek op, en die Here sal dit in die hand van die koning gee.

7 Maar Jósafat : Is hier nie nog 'n profeet van die Here, dat ons deur hom kan raadpleeg nie?

8 En die koning van Israel antwoord Jósafat: Daar is nog een man om deur hom die Here te raadpleeg; maar ék haat hom, omdat hy oor my niks goeds profeteer nie, maar onheil: Miga, die seun van Jimla. En Jósafat : Die koning moet nie so spreek nie!

9 Daarop roep die koning van Israel 'n hofdienaar en : Gaan haal Miga gou, die seun van Jimla.

10 Onderwyl die koning van Israel en Jósafat, die koning van Juda, elkeen op sy troon sit, bekleed met koninklike klere, op 'n dorsvloer by die ingang van die poort van Samaría, en al die profete voor hulle profeteer,

11 het Sedekía, die seun van Kenáäna, vir hom ysterhorings gemaak en gesê: So spreek die Here: Hiermee sal u die Arameërs stoot totdat hulle vernietig is.

12 En al die profete het so geprofeteer en gesê: Trek op na Ramot in Gílead en u sal voorspoedig wees, en die Here sal dit in die hand van die koning gee.

13 Toe die boodskapper wat gegaan het om Miga te roep, vir hom dít: Kyk tog, die woorde van die profete is uit een mond goed vir die koning: laat jou woord tog wees soos die woord van een van hulle, en spreek goeie dinge.

14 Maar Miga : So waar as die Here leef, voorwaar, wat die Here vir my , dit sal ek spreek!

15 Toe hy by die koning kom, die koning vir hom: Miga, sal ons na Ramot in Gílead trek om te veg, of sal ons dit laat staan? En hy antwoord hom: Trek op, en u sal voorspoedig wees, en die Here sal dit in die hand van die koning gee.

16 En die koning vir hom: Hoeveel maal moet ek jou besweer dat jy niks as die waarheid in die Naam van die Here tot my moet spreek nie?

17 Daarop antwoord hy: Ek het die hele Israel gesien, verstrooid op die berge soos skape wat geen wagter het nie. En die Here het gesê: Hulle het geen heer nie; laat hulle elkeen in vrede teruggaan na sy huis.

18 Toe die koning van Israel vir Jósafat: Het ek u nie gesê nie hy profeteer oor my niks goeds nie, maar onheil?

19 Verder hy: Daarom, hoor die woord van die Here: Ek het die Here sien sit op sy troon terwyl al die hemelse leërskare by Hom staan, aan sy regter- en aan sy linkerhand.

20 En die Here het gesê: Wie sal Agab oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in Gílead? En die een het so gesê, en die ander weer so.

21 Toe kom die gees vorentoe en gaan voor die aangesig van die Here staan en : Ek sal hom oorhaal. En die Here vra hom: Waarmee?

22 En hy : Ek sal uitgaan en 'n leuengees word in die mond van al sy profete. En Hy : Jy sal oorhaal, ja, jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so.

23 En nou, kyk, die Here het 'n leuengees in die mond van al hierdie profete van u gegee, en die Here het onheil oor u gespreek.

24 Daarop kom Sedekía, die seun van Kenáäna, nader en hy slaan Miga op die kakebeen en : Hoe dan het die Gees van die Here van my af weggegaan om met jou te spreek?

25 En Miga antwoord: Kyk, jy sal dit sien op dieselfde dag as jy van kamer tot kamer sal gaan om jou weg te steek.

26 Maar die koning van Israel : Neem Miga en bring hom terug by Amon, die owerste van die stad, en by Joas, die seun van die koning.

27 En jy moet : So spreek die koning: Sit hierdie man in die gevangenis en spysig hom met brood van verdrukking en water van verdrukking totdat ek behoue tuiskom.

28 Daarop Miga: As u ooit behoue tuiskom, dan het die Here nie deur my gespreek nie. Verder hy: Volke, luister almal saam!

29 En die koning van Israel en Jósafat, die koning van Juda, het opgetrek na Ramot in Gílead.

30 En die koning van Israel het vir Jósafat gesê: Ek sal my onkenbaar maak en in die geveg kom; trek ú maar u eie klere aan. So het die koning van Israel hom dan onkenbaar gemaak en in die geveg gegaan.

31 En die koning van Aram het aan die owerstes van sy twee-en-dertig strydwaens bevel gegee en gesê: Julle moet nie klein of groot beveg nie, net die koning van Israel alleen.

32 En sodra die owerstes van die waens Jósafat sien, hulle: Dit is sekerlik die koning van Israel! En hulle het weggeswaai om teen hom te veg; maar Jósafat het geskreeu.

33 En toe die owerstes van die waens sien dat dit nie die koning van Israel was nie, draai hulle agter hom weg.

34 Toe het 'n man in sy eenvoudigheid die boog gespan en die koning van Israel getref tussen die aanhegsels en die pantser. Daarop hy aan sy drywer: Ruk om en bring my uit die leër uit, want ek is gewond.

35 En die geveg het dié dag toegeneem, terwyl die koning hom staande hou in die strydwa teenoor die Arameërs; maar in die aand het hy gesterwe, en die bloed van die wond het in die wa se bak gevloei.

36 En teen sonsondergang gaan 'n geskreeu deur die leër: Elkeen na sy stad en elkeen na sy land toe!

37 En die koning het dood in Samaría aangekom, en die koning is in Samaría begrawe.

38 En toe hulle die wa uitspoel by die dam van Samaría, het die honde sy bloed gelek (terwyl die hoere hulle daarin was), volgens die woord van die Here wat Hy gespreek het.

39 En die verdere geskiedenis van Agab en alles wat hy gedoen het, en die ivoorhuis wat hy gebou het, en al die stede wat hy gebou het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel nie?

40 En Agab het ontslaap met sy vaders, en sy seun Ahásia het in sy plek koning geword.

Jósafat koning van Juda en Ahásia koning van Israel.

41 EN Jósafat, die seun van Asa, het koning geword oor Juda in die vierde jaar van Agab, die koning van Israel.

42 Jósafat was vyf-en-dertig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het vyf-en-twintig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Asúba, die dogter van Silhi.

43 En hy het geheel en al in die weg van sy vader Asa gewandel daarvan het hy nie afgewyk nie deur te doen wat reg was in die van die Here.

44 Net die hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan.

45 En Jósafat het vrede gesluit met die koning van Israel.

46 En die verdere geskiedenis van Jósafat en sy magtige dade wat hy gedoen het, en hoe hy oorlog gevoer het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

47 Ook die skandseuns wat uit die dae van sy vader Asa nog oor was, het hy uit die land uitgeroei.

48 Daar was toe nie 'n koning in Edom nie; 'n plaasvervanger was regeerder.

49 Jósafat het Tarsis-skepe gebou om in Ofir goud te gaan haal; maar hulle het nie gegaan nie, want die skepe het in Éseon-Geber skipbreuk gely.

50 Toe Ahásia, die seun van Agab, vir Jósafat: Laat my dienaars saam met u dienaars op die skepe gaan. Maar Jósafat wou nie.

51 En Jósafat het ontslaap met sy vaders en is by sy vaders begrawe in die stad van sy vader Dawid; en sy seun Joram het koning geword in sy plek.

52 Ahásia, die seun van Agab, het koning geword oor Israel in Samaría in die sewentiende jaar van Jósafat, die koning van Juda, en het twee jaar oor Israel geregeer.

53 En hy het gedoen wat verkeerd was in die van die Here hy het gewandel in die weg van sy vader en in die weg van sy moeder en in die weg van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het.

54 En hy het Baäl gedien en voor hom neergebuig en die Here, die God van Israel, geterg, net soos sy vader gedoen het.

1 Прожили три года, и не было войны между Сириею и Израилем. 2 Глава 22. [2]2 Пар 18:2. На третий год Иосафат, царь Иудейский, пошел к царю Израильскому. 3 [3]3 Цар 4:13;20:34. И сказал царь Израильский слугам своим: знаете ли, что Рамоф Галаадский наш? А мы так долго молчим, и не берем его из руки царя Сирийского. 4 [4]2 Пар 18:3.4 Цар 3:7. И сказал он Иосафату: пойдешь ли ты со мною на войну против Рамофа Галаадского? И сказал Иосафат царю Израильскому: как ты, так и я; как твой народ, так и мой народ; как твои кони, так и мои кони. 5 [5]2 Пар 18:4. И сказал Иосафат царю Израильскому: спроси сегодня, что скажет Господь. 6 [6]2 Пар 18:5. И собрал царь Израильский пророков, около четырехсот человек, и сказал им: идти ли мне войною на Рамоф Галаадский, или нет? Они сказали: иди, Господь предаст его в руки царя. 7 [7]2 Пар 18:6. И сказал Иосафат: нет ли здесь еще пророка Господня, чтобы нам вопросить чрез него Господа? 8 [8]3 Цар 20:13.2 Тим 4:3.Гал 4:16. И сказал царь Израильский Иосафату: есть еще один человек, чрез которого можно вопросить Господа, но я не люблю его, ибо он не пророчествует о мне доброго, а только худое, это Михей, сын Иемвлая. И сказал Иосафат: не говори, царь, так. 9 И позвал царь Израильский одного евнуха и сказал: сходи поскорее за Михеем, сыном Иемвлая. 10 Царь Израильский и Иосафат, царь Иудейский, сидели каждый на седалище своем, одетые в царские одежды, на площади у ворот Самарии, и все пророки пророчествовали пред ними. 11 [11]2 Пар 18:10.Иер 28:14. И сделал себе Седекия, сын Хенааны, железные рога, и сказал: так говорит Господь: сими избодешь Сириян до истребления их. 12 И все пророки пророчествовали то же, говоря: иди на Рамоф Галаадский, будет успех, Господь предаст его в руку царя. 13 [13]2 Пар 18:12. Посланный, который пошел позвать Михея, говорил ему: вот, речи пророков единогласно предвещают царю доброе; пусть бы и твое слово было согласно со словом каждого из них; изреки и ты доброе. 14 [14]Иер 23:28;42:4. И сказал Михей: жив Господь! я изреку то, что скажет мне Господь. 15 [15]2 Пар 18:14. И пришел он к царю. Царь сказал ему: Михей! идти ли нам войною на Рамоф Галаадский, или нет? И сказал тот ему: иди, будет успех, Господь предаст его в руку царя. 16 [16]2 Пар 18:15. И сказал ему царь: еще и еще заклинаю тебя, чтобы ты не говорил мне ничего, кроме истины во имя Господа. 17 [17]Чис 27:17.2 Пар 18:16. И сказал он: я вижу всех Израильтян, рассеянных по горам, как овец, у которых нет пастыря. И сказал Господь: нет у них начальника, пусть возвращаются с миром каждый в свой дом. 18 [18]2 Пар 18:17. И сказал царь Израильский Иосафату: не говорил ли я тебе, что он не пророчествует обо мне доброго, а только худое? 19 [19]Ис 6:1.Дан 4:14;7:9. И сказал [Михей]: [не так; не я, а] выслушай слово Господне: я видел Господа, сидящего на престоле Своем, и все воинство небесное стояло при Нем, по правую и по левую руку Его; 20 и сказал Господь: кто склонил бы Ахава, чтобы он пошел и пал в Рамофе Галаадском? И один говорил так, другой говорил иначе; 21 [21]2 Пар 18:20.Иов 1:6. и выступил один дух, стал пред лицем Господа и сказал: я склоню его. И сказал ему Господь: чем? 22 [22]2 Пар 18:21.Иез 14:9.Мф 6:13. Он сказал: я выйду и сделаюсь духом лживым в устах всех пророков его. Господь сказал: ты склонишь его и выполнишь это; пойди и сделай так. 23 [23]2 Фес 2:11. И вот, теперь попустил Господь духа лживого в уста всех сих пророков твоих; но Господь изрек о тебе недоброе. 24 [24]2 Пар 18:23.Иер 20:2. И подошел Седекия, сын Хенааны, и, ударив Михея по щеке, сказал: как, неужели от меня отошел Дух Господень, чтобы говорить в тебе? 25 [25]2 Пар 18:24. И сказал Михей: вот, ты увидишь это в тот день, когда будешь бегать из одной комнаты в другую, чтоб укрыться, 26 и сказал царь Израильский: возьмите Михея и отведите его к Амону градоначальнику и к Иоасу, сыну царя, 27 [27]3 Цар 20:11.Пс 79:6. и скажите: так говорит царь: посадите этого в темницу и кормите его скудно хлебом и скудно водою, доколе я не возвращусь в мире. 28 И сказал Михей: если возвратишься в мире, то не Господь говорил чрез меня. И сказал: слушай, весь народ!

29 [29]2 Пар 18:28. И пошел царь Израильский и Иосафат, царь Иудейский, к Рамофу Галаадскому. 30 [30]2 Пар 18:29. И сказал царь Израильский Иосафату: я переоденусь и вступлю в сражение, а ты надень твои царские одежды. И переоделся царь Израильский и вступил в сражение. 31 Сирийский царь повелел начальникам колесниц, которых у него было тридцать два, сказав: не сражайтесь ни с малым, ни с великим, а только с одним царем Израильским. 32 [32]2 Пар 18:31. Начальники колесниц, увидев Иосафата, подумали: «верно, это царь Израильский», и поворотили на него, чтобы сразиться с ним. И закричал Иосафат. 33 Начальники колесниц, видя, что это не Израильский царь, поворотили от него. 34 [34]2 Пар 18:33. А один человек случайно натянул лук и ранил царя Израильского сквозь швы лат. И сказал он своему вознице: повороти назад и вывези меня из войска, ибо я ранен. 35 [35]3 Цар 20:42.2 Пар 18:34. Но сражение в тот день усилилось, и царь стоял на колеснице против Сириян, и вечером умер, и кровь из раны лилась в колесницу. 36 И провозглашено было по всему стану при захождении солнца: каждый иди в свой город, каждый в свою землю! 37 И умер царь, и привезен был в Самарию, и похоронили царя в Самарии. 38 [38]3 Цар 21:19. И обмыли колесницу на пруде Самарийском, и псы лизали кровь его, и омывали блудницы, по слову Господа, которое Он изрек.

39 [39]Ам 3:15.2 Пар 18:2. Прочие дела Ахава, все, что он делал, и дом из слоновой кости, который он построил, и все города, которые он строил, описаны в летописи царей Израильских. 40 И почил Ахав с отцами своими, и воцарился Охозия, сын его, вместо него.

41 [41]2 Пар 17:1. Иосафат, сын Асы, воцарился над Иудеею в четвертый год Ахава, царя Израильского. 42 Тридцати пяти лет был Иосафат, когда воцарился, и двадцать пять лет царствовал в Иерусалиме. Имя матери его Азува, дочь Салаиля. 43 [43]3 Цар 15:14.2 Пар 15:17. Он ходил во всем путем отца своего Асы, не сходил с него, делая угодное пред очами Господними. Только высоты не были отменены; народ еще совершал жертвы и курения на высотах. 44 [44]2 Пар 19:2. Иосафат заключил мир с царем Израильским.

45 [45]2 Пар 18:1. Прочие дела Иосафата и подвиги его, какие он совершил, и как он воевал, описаны в летописи царей Иудейских. 46 [46]3 Цар 15:12. И остатки блудников, которые остались во дни отца его Асы, он истребил с земли. 47 [47]2 Цар 8:14.3 Цар 11:17. В Идумее тогда не было царя; был наместник царский. 48 [48]3 Цар 9:28.2 Пар 20:36. [Царь] Иосафат сделал корабли на море, чтобы ходить в Офир за золотом; но они не дошли, ибо разбились в Ецион-Гавере. 49 [49]2 Пар 19:2. Тогда сказал Охозия, сын Ахава, Иосафату: пусть мои слуги пойдут с твоими слугами на кораблях. Но Иосафат не согласился. 50 [50]2 Пар 21:1. И почил Иосафат с отцами своими и был погребен с отцами своими в городе Давида, отца своего. И воцарился Иорам, сын его, вместо него.

51 Охозия, сын Ахава, воцарился над Израилем в Самарии, в семнадцатый год Иосафата, царя Иудейского, и царствовал над Израилем [в Самарии] два года, 52 [52]3 Цар 15:26. и делал неугодное пред очами Господа, и ходил путем отца своего и путем матери своей и путем Иеровоама, сына Наватова, который ввел Израиля в грех: 53 [53]Суд 2:11. он служил Ваалу и поклонялся ему и прогневал Господа Бога Израилева, всем тем, что делал отец его.

Veja também